Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Ouderdom tel soms in jou guns
Versekeraars werk met risiko profiele. As jy ‘n jaar gelede jou lisensie gekry het, 19 jaar oud is en natuurlik vol testosteroon is, is die kanse mos baie beter dat jy dalk na ‘n paar brandewyne gaan nonsens aanjaag. Selfs al sit pappa so ‘n klong op sy versekering gaan daar waarskynlik ‘n R7000 minimum bybetaling wees vir enige eise.
As ek reg onthou val die bybetalings weg van 55 jarige ouderdom af, maar hier is lede wat dit uit ondervinding kan bevestig.
Dan beïnvloed die tipe voertuig ook die risiko. As jy in Gauteng bly is Hiluxe en Rangers se kanse om gesteel of gekaap te word baie goed. En ‘n ou tannie wat net Spar en kerk toe ry gaan nie met ‘n Raptor ry nie. Dis iemand wat waarskynlik hou daarvan om te jaag van verkeerslig na verkeerslig en moontlik naweke op 4x4 roetes gaan rondneuk. Die pensioenaris met sy 4x2 dubbelkajuit Hilux gaan nie dieselfde doen nie.
My makelaar vriend sê ook dat herstelkoste van voertuie vrek duur geraak het. Dis veral waar van Duitse handelsmerke, maar ook oor die algemeen. Hy sê die versekeringsmaatskappye raak al hoe strenger met eise, en die geel sambreel (waar ek ook al baie jare is) is omtrent die engiste wat nog geredelik eise uitbetaal. Hulle kliente het waarskynlik oor die algemeen ‘n laer risikoprofiel.
Nee man JaquesK
Moet nou nie 'n mens nuuskierig maak nie met dit wat jy op die hart het nie.![]()
Veralgemening
Jaques, verstaan asb dat my stellings hier bo veralgemenings is. Dis maar waarop die versekeraars ook werk. Ek onthou jy het genoem dat jy ‘n Raptor het, en dit verkies omdat die opgegradeerde vering ritte op slegte paaie gemakliker maak. Dit is ‘n bewys dat daar uitsonderings op die reël is, en iemand soos jy sal waarskynlik ‘n laer premie betaal as jy ‘n goeie eise rekord het.
Van die versekeraars gebruik ook opsporing stelsel data om te kyk hoe mens bestuur. As jy nie jaag (die spoedgrens oorskry) nie, nie vinnig versnel nie en nie te vinnig om draaie gaan nie kan jy dan afslag kry op jou premie. Santam gee my ook afslag omdat ek minder km per jaar aflê.
Soos ChrisB hierbo, is my versekering ook......
...by Santam. My huis se gebouversekering, huisinhoud, voertuie (Pathfinder, Mercedes, Honda en die Exclusive - toegegee, alles ouerige voertuie) is alles op een polis by Santam. Die Honda wat deur my seun bestuur is, was in 'n ongeluk betrokke en Santam het die eis voluit betaal, sonder 'n bybetaling en sonder om my premie te verhoog. My maandelikse premie beloop R2712 en ek gebruik Santam Direct, sonder 'n makelaar - ek onderhandel direk met Santam by hulle hoofkantoor in Bellville en is uiters beïndruk met 'n professionele, vinnige diens.
Santam direct
Ek wonder of ek ook die kanaal kan gebruik, vanaf Brits.
Ek is al donkiejare by SANTAM, tans is net my 2022 Hilux 2.4, die Kavango vir kR350, naaimasjien [kR100] en bietjie huisinhoud verseker. Premie beloop R2400/m.
Eiendomsversekering val onder die kompleks.
Hulle kan ook maar vol bollie wees. In 2008 steel hulle my Jetta by 'n swembad in JHB. ek moes die bybetaling betaal, want my seun het die kar gebruik. Die feit dat dit diefstal was, en niks met bestuurder se ouderdom te make het nie, het nie ter sprake gewees nie. 'n Maand later skryf 'n taxi die 2de Jetta af in Linden, en SANTAM betaal sonder kibbel dit ook uit.
Mazda BT50
Ek sien vanoggend dat die bakkie nie meer ingevoer gaan word nie. Mazda belowe egter dat die onderdele daarvoor nog vir 'n ruk beskikbaar sal wees.
Vreemd dat die bakkie netnie die mas kon opkom plaaslik nie.
Ongemaklik
Die Mazda se vering is blykbaar baie hard, en dit ry gevolglik baie ongemaklik. As jy ‘n LC79 ry weet jy jou alie gaan stamp, maar die ander dubbelkajuite moet darem effens gemakliker wees.
BT50
Ek was verbaas dat hulle nog so lank aangehou het met BT50 in SA.....
Total bakkie sales in South Africa for 2023
1. Toyota Hilux – 37 382 units (+16.1%)
2. Ford Ranger – 24 618 units (+42%)
3. Isuzu D-Max – 18 962 units (+11.1%)
4. Nissan NP200 – 12 721 units (-1.1%)
5. Mahindra Pik Up – 8 063 units (+0.2%)
6. Nissan Navara – 4 596 units (-24.2%)
7. GWM P-Series – 4 462 units (+6.7%)
8. Toyota Land Cruiser 79 – 3 975 units (+13%)
9. Volkswagen Amarok – 3 348 units (+76.6%)
10. GWM Steed – 1 142 units (-74.7%)
11. Mitsubishi Triton – 729 units (+8.3%)
12. Mahindra Bolero – 349 units (-57%)
13. Peugeot Landtrek – 343 units (-19.5%)
14. Jeep Gladiator – 208 units (+73.3%)
15. Mazda BT-50 – 69 units (-56.1%)
Die vorige model was so…
Die vorige model was so lelik soos die nag, maar die nuwe ene lyk heel skaflik, dink die skade aan hulle reputasie was egter gedoen. Laat mens wonder hoe die mense wat ook bakkies in SA wil vervaardig gaan doen? Die syfers wat dalk meer vertel is die % verandering in verkoopsyfers...Jeep Gladiator gegewe sy prys doen dan verbasend goed en Amorok tel ook kop op.
BT-50 se harde vering
Ek lees gister op Maroela dat Mazda vanwee die klein getalle wat hulle ingevoer het nie kon kies tussen die twee vering opsette waarmee die BT-50 vervaardig is nie. Hulle kon net die klipharde weergawe kry. Die joernalis reken volgens hom ry die BT-50 twee keer so hard soos ‘n LC79. Dit kan nie lekker wees nie.
BT-50 Geskiedenis
Ek is so agter die klip, en het min opgelees oor die Mazda voertuie. Ek was salig onder die indruk dat Mazda en Ford nog getroud is, en beide plaaslik vervaardig word.
Nou blyk dit dat Mazda kompleet [?] uit Thailand ingevoer is, waar dit toegerus was met dieselfde enjins en nogwat, van Isuzu.
Ek wonder soms hoe volbloed [raseg]is enige vervaardiger se produkte nog deesdae. Ek het opgemerk dat baie van die Japanese se trokkies dieselfde ratkaste en ewenaar spesifikasies het. Vir my beteken dit dat hulle die komponente deel.
Tweelinge
Is dit waar dat Ford en Amarok basies dieselfde voertuig is met net klein verskille? Een is top verkoper maar die ander een nie ?? Het erens gehoor die Navara het ook n tweeling?
Wonder wat die idee agter so- iets is. Soos Wessel noem van die Ford en Mazda bakkies wat op ń stadium identies was, behalwe die sticker agter op die bak.
Jy's reg Neef
Het erens gehoor die Navara het ook n tweeling?
MB se poging om die mark te betree was inderwaarheid eintlik maar 'n opge-"zoopte" Navara. En Peugeot se poging is ook maar eintlik 'n Navara (as ek reg het). Fiat se poging was weer op die Mitsubishi Triton geskoei (ook as ek reg het).
GVM Tank 500 SNV
Ek sien vandag die bekendstelling van die genoemde voertuig. Kyk, die Chinese weet hoe om 'n voertuig uit te rus om die mark aan te val.
Die Tank het die Prado en LC300 in die visier. Dit is net so groot as die LC300 en word aangedryf met 'n hibriede stelsel;
2l petrol turbo en elektriese motor, totale syders 255kW en 648Nm.
voor en agter ewenaarslotte.
Verwagte prys: ~kR950
Vergelyk dit met 2.8TD Prado se'
500Nm en 150kW
goedkoopste kR1200
Bekendstelling met video was in die Citizen koerant
Tank vir ryk mense
Daai Tank dink ek is vir ryk mense. Ek het nie daai geld om mee te speel om R900k te spandeer met die hoop dis beter waarde as Toyota of Ford nie. Haal liewer 250k meer uit en wees verseker van iets wat jy weet het reputasie wat hou....en waarde hou
Geert...
...my se kop seg ok sô !!!
Aan die ander kant, die Chinese voertuie is moontlik nie so gewild by die diefstal sindikate nie.
Ek het verneem dat die Isuzu 1.9TD nie 'n goeie woonwa-sleper is nie. Ek het gedink dat dit 'n plaasvervanger kan wees indien Grompie voete kry, sonder my.
GWM Tank 300
Ek ry verby die plaaslike Haval handelaar oppad werk toe. Toe ek vanoggend daar verby gaan, ry daar ‘n GWM Tank 300 voor my en draai toe regs. Dis nie ‘n lelike voertuig nie, alhoewel dalk bietjie klein vir ‘n gesin (ons gesin in elk geval - die Prado is die kleinste voertuig waarmee ons nog met vakansie was, en nou met die Ranger pak Salomien net nog meer goed in). Ek vermoed die Tank se kattebak is vlakker omdat daar ‘n battery onder die vloer sit.
3.2 Ranger vir sleep
Na aanleiding van Wessel se plasing oor die ou wat sy 3.2 mis noudat hy ‘n 2l dubbelturbo het. Ek het gister weer baie lekker gesleep met my 3.2. Ek het glad nie spoedbeheer gebruik nie, en net in Sport modus gebly en die Ranger se brein laat besluit watter rat om te gebruik. Dit sleep soos ‘n droom.
Voor ‘n steil bult (daar is baie op die roete tussen Worcester en Mosselbaai) druk ek die spoed net so bietjie Noord van 100 en dan val dit nie onder 96 teen die steilste bult nie. Dis alles GPS spoed. Verbruik was 7,46km/l. As ek bietjie rustiger sleep kom dit nader aan 8, maar ons wou gister 11:00 hier wees so ek moes maar sover moontlik naby 100kph bly. Ek sal nie weet hoe sleep die nuwe 10-spoed 2 liters nie, maar ek is doodtevrede met die 3.2. En dit grom lekker.





Is dit dan moontlik?
- Verwysende na die premies waarna Chris WH hierbo verwys.
My totale maandelikse premie by die geel sambreel beloop R3 332 p.m. Daarmee word my 2021 Hilux 2.8 D/K, Ralie se 2017 Honda Amaze, die Ou Lady (karavaan), my huisinhoud sowel as geboue-versekering gedek. En dan het ek geen bybetaling i.g.v. eise op my voertuie nie.
Dan byt ek maar vas met die voertuie wat ek het, sowel as my versekeraar.