Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -2 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Forum Borge

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

Goeiedag Forumlede

Soos julle weet is kampforum 'n nie-winsgewende gemeenskapsblad wat afhanklik is van privaat fondse om aan die gang te kan bly.  As daar enige lede is wat kan help met finasiële bydrae tot die blad se onderhoud / instandhouding sal dit BAIE waardeer word.

As jy 'n bydrae wil maak  tot Kampforum, gebruik asseblief die volgende bankbesonderhede:

Louw

Capitec banking (savings)

code: 470010

1682079226

kf

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/08/2024 - 09:52

Alhoewel ek my ookal 'n keer of wat "opgeruk" het vir dié forum, put ek tog wel iéts daaruit. Dalk is ek ook maar een van "Oom Paul se Willetuin" deelnemers (om Grootwind se woorde te gebruik). Maar ek was al, danksy die forum, bevoorreg om 'n paar wonderlike kampvriende te maak - ek dink aan Lapskag, Len Loader, Neef Herman en Wessel saam met wie ek al die Herfsblare-kamp in die Karoo meegemaak het. Lapskag en Nellie het al hier by ons in Kleinmond kom inloer, vir Len het ek al by Hartenbos en in die wildtuin raakgekamp en so ook vir Wessel (in Satara). Ek het al saam met Neef koffie gedrink in Oudtshoorn. Almal 'n klomp bakgat mense. Vir Maurits en Martie (alhoewel hulle net om die spreekwoordelike draai van my af woon) het ek die eerste keer by Eiland Spa ontmoet (toe ek kon help om sy DSTV in te stel) en ook weer in die wildtuin raakgekamp. Geert het my al meer kere van hulp gewees om plek te kry in Kgalagadi en die wildtuin. Ek waardeer al bogenoemde mede-forumdeelnemers.

Ek het ook al lekker saam met forum-deelnemers "gekuier" op hetsy my selfoon of rekenaar as daar deeglik verslag gegee word oor hulle vakansies terwyl ek droëbek by die huis sit.

Nee wat - ek het vanoggend maar my beskeie bydrae gemaak want ek kan nie verwag dat Anton die koste (vir iets wat ek ook gebruik - al lees ek soms net hier) as privaat individu moet dra nie.

Daarom Anton - ek waardeer jou moeite en inset met hierdie forum.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 12/08/2024 - 09:52

Ek kampeer glad nie in die Wes-Kaap van Mei tot Augustus nie. Selfs September kan onaangenaam wees, en April kan ook koud en nat wees. Gedurende die winter is die Krugerwildtuin die enigste kampering wat ons doen. Hier is ‘n hele paar ander lede wat in die Wes-Kaap woon, en dit mag veroorsaak dat daar in die winter “nie veel aangaan” op die forum nie en baie oor die Krugerwildtuin gepraat word. 
 

Ek put egter waarde uit ander onderwerpe ook. Ek het bv die naweek twee lekker nuwe geregte geëet waarvan ek op die Weber gesprekslyn gelees het, en ek het nie eers ‘n Weber nie. Ek kon die gesprekslyn geïgnoreer het vir daardie rede, tot my eie verlies. 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 12/08/2024 - 10:01

Hierso is Kampforum se statistieke

stats

stats

Daar is oor die laaste maand 5.7 K users (IP adresses) wat aangemeld het.  Die besoekers wat terugkeer is gewoonlik  so tussen 100 -150 - hierdie is lede wat getrou aanmeld maar nie nooodwendig inlog nie.

Daar is geen betalende adverteerders nie en daar was ook nog nooit nie.  Advertensies is maar plekke waar ons in die verlede gaan kamp het.   Ek het nie tyd om adverteerders te werf nie.

Betalnde gebruikers.   Dit was aan die begin van kampforum bespreek maar was nog nooit die plan gewees dat lede moet betaal vir lidmaatskap nie.    

 

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/08/2024 - 10:45

Julle som die ding mooi op, ekself het al,so baie hier en vroeër op die ander forum geleer!

Ek lees nie meer die ander forum nie, maar lees elke dag hier.

Anton, meeste van ons waardeer jou moeite en verstaan ook dat dit nie net werk is om die forum te bedryf nie, maar ook geld kos.

Minder kla oor die forum en neem deel.

Ek vind geen fout met die insette nie, net die gekla oor nietigehede wat maar krap.

Kan nie een persoon uitsonder nie, maar kyk maar na die oorvloed hulp wat met die wildtuin soeke na kamp plek gedoen word, en bv ook na die hulp en voorstelle wat met probleme gedoen is tydens iemand se probleme.

Self al ook met mede lede gereeld per whats app ens gesêls.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 17/08/2024 - 09:00

Anton - ek is sommer nuuskierig. Het jy darem genoegsame fondse uit bydraes ontvang om te help met kostes verbonde aan die instandhouding van die forum?  Ek vertrou so. Maar gee bietjie terugvoering asb - sonder om name te noem.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 19/08/2024 - 15:26

Hallo Chris.  Ek wil dankie sê aan almal wat gehelp het met 'n bydrae.  Ek waardeer dit MOER baie.    Daar is 'n totaal van R2 770,00 bygedra.    Daar was 2 anonieme borge gewees so ek kon nie die name onder die "FORUM BORG"  lys plaas nie.  As jy dus een van die anonieme borge was en jou naam daar wil sien stuur net vir my 'n boodskap.

Dankie almal!    

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/08/2024 - 17:09

Maar ek moet sê dat ek inderwaarheid verstom is dat die totale bedrag so laag is. Ek het regtig verwag dat jy nader aan die totale bedrag sal kom.

Ek wil tog my forum-maters aanmoedig om by te dra ten einde Anton se spreekwoordelike hand te vat. Ek vertrou dat hy nie sal omgee as ek dit hier noem nie, maar vroulief moes intussen begin werk na jare van net mamma by die huis wees. Sy is verplig om nou te help om die pot aan die kook te hou met 'n tweeling, saam met die ander twee spruite, wat nou in die huis is. En ons as deelnemers aan hierdie forum kan nie toesien dat Anton steeds die oorgrote meerderheid van die kostes uit sy eie sak moet bydra nie. Die forum is tog daar vir ons almal se genot. Ek is oortuig dat ons kan beter as die R2 770 doen.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 19/08/2024 - 19:41

Ek het gou vinnig 'n paar sommetjies gemaak. Ons forumlede se bydrae tot die koste van die forum is sowat 37.5%. M.a.w. Anton moet meer as 60% van die kostes self dra - tensy ons, wat almal deel in hierdie forum, ons hande 'n bietjie dieper in ons sakke steek.

En nou moet ek versigtig wees om nie te klink of ek my eie "marble" wil "polish" nie, maar ek het 'n substantiële bydra, tot die bedrag wat reeds ontvang is, bygedra. Ek is verstom oor die relatief klein balans wat andersins ontvang is.

Ek vra weer - kom ons help Anton om hierdie forum staande te hou.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/08/2024 - 20:42

Hello Chris.

Dan is ek seker ook skuldig deur my "nie te substantiële" bydrae nie.. Wat sal dan ń gepasde bydrae wees? Dalk moet daar dan ń meer spesifieke bedrag gemeld word. 

Met die vorige " borgskap" het ek welliswaar 10 keer meer geborg as nou, dit was egter duidelik dat my bydrae nie die norm was van al die ander borge , soos jy nou ondervind.  Dus het ek hierdie keer probeer om meer in lyn te wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/08/2024 - 06:49

....ek is ook nou bekommerd. Die genoemde bedrag is effe teleurstellend. Ek het ook bygedra, gebaseer op Voortrekker se genoemde bedrag en dat darem so 12 lede gaan bydra.

Ons moet onthou dat sommige lede wel genoem het dat hulle in 2 paaiemente gaan bydra. Ek wil voorstel dat Anton so oor 6 maande die sakie weer onder ons aandag bring.

Ek het volle vertroue in ons forumlede dat hulle, hulle kant sal bring.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus