Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -29 minutes ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -1 hour ago
Rona November 2026 Johann L -1 hour ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -11 hours ago

Goeie Hout en die Wildtuin

Kaap
Submitted by Goeie Hout on
Forums

Goeie naand almal.

Ek is baie senuweeagtig.  Nog nooit op n forum gewees.  So asb gebruik geduld.  Ek en mama beplan Mei maand 2025 n trippie na KNP.  As jy my naam direk vertaal in Engels dan besef julle ons moet 4 dae ry om by wildtuin uit te kom.

My vraag is.  Ons gaan by Pienaardam oor nag.  Dit is dan nog 300 km na Krokodil Brug se kamp.  Is daar nie iewers van Pienaardam nog n 100 kilos nader aan wildtuin n plekkie  waarvan julle weet nie.

Vir die wat belangstel.

2 x krokodil brug,  (4/5/2025-5/5/2025)

3 x laer sabie, (6/5/2024-8/5/2025)

4 x satara, (9/5/2025-12/5/2025)

4 x skukuza, (13/5/2025-16/5/2025)

3 x berg en dal. (17/5/2025-19/5/2025)

Baie dankie  (ek is nog nie n pensioenaris, so my dae in wildtuin is maar beperk)

 

Groete

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 28/08/2024 - 19:32

Ek kan nie kommentaar lewer op Joalani nie, maar jou volgende beplande oornagplek, Aldam, is nie 'n sleg roep nie. Hulle ablusiegeriewe is niks om oor huistoe te skryf nie, maar ons gebruik dit gereeld. Ek het reeds my opinie oor Pienaardam gegee. Ekself was "tweekeer" daar - my eerste en my laaste. Hopelik het jy 'n beter ervaring as ek.

Jou wildtuinbeplanning klink heel bakgat. Weltevrede buite Parys is 'n lekker park vir oornag. Ek het nie ervaring van Onze Rust nie, maar het al daar gaan inloer. Iemand wat ek "ken" van ATKV Eiland-dae af het gereeld daar oorgestaan en hy was vol lof daarvoor. Persoonlik verkies ek Forever Gariep. Hulle luukse plekke (met privaat ablusie) is baie aangenaam.

Ek aanvaar dat jou laaste aand is in Karoo Nas Park as jy net Karoo noem. Ek weet nie of jy die park ken nie - maar die woord "puik" beskryf dit goed. Ek gaan oor net meer as 5 weke sommer vir 14 aande daar kamp.

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 01/09/2024 - 19:04

Goeie naand Brist of Wessel Strydom.

Joalani gaste Plaas is so 30 kilos verby 3 susters van kaap se kant.

Gaan dit probeer die keer.

 

Goeie aand vir almal.

Bly oor ons bokke.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/09/2024 - 19:26

Dan is die Joalanie nogal vêr van Goodwood af, seker so 530km geskat.

Nagedagte, my naam is Wessel, en is tans tydelik gevestig in Britssmiley 

Onthou my uitnodiging, neem asb gereeld deel aan die forum, ek is seker daai fleetline staan nie heeljaar op stinkhoutblokke op 'n 1o- skild volvloer mat nie.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 01/09/2024 - 20:00

Hallo Wessel.

Nee die Fleetline is die week juis weer nagegaan vir seel en drade vir die brieke ens.

So die naweek van die 13/09/2024 gaan ons Nuwejaarsrivier net buite Hermanus.

Kan nie wag nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/09/2024 - 20:09

... nou't jy my nuuskierig. Waar is Nuwejaarsrivier net buite Hermanus? Dit is nie Nuwejaarsrivier net voor die Kleinmond-afdraai (komende vanaf Botrivier se kant)? Dit is al Nuwejaarsrivier waarvan ek bewus is, maar ek is bewus dat hulle oor 'n gastehuis beskik - weet nie van kampering nie. Of is daar nog 'n Nuwejaarsrivier in die omgewing van Hermanus?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/09/2024 - 20:19

Ek sien dit is die Nuwejaarsrivier waaraan ek dink - nou ge-"Google". Ek was nie bewus van kampering wat die Whiteheads aanbied nie. Maar ek sien dat die kampterrein word net aan een groep op 'n keer verhuur. Oulike eienaars, die Whiteheads. Die een seun se vrou, Christine, het bykans voor my grootgeword en die ander seun se dogter is 'n kamermaat van my kleindogter by HTS Drostdy in Worcester.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 03/09/2024 - 13:50

Was laasweek in Phalaborwa gewees vinnig gedraai innie wiltuin gemaak geniet hom vat net muskiet goed saam mooi loop

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 03/09/2024 - 17:23

Hallo Chris.

Ek sal verseker n verslag skryf.  Dit is net voor jy Arabella afdraai kry vanaf Botrieview.

 

Groete

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 15/10/2024 - 18:10

Dit was die week minder as 200 dae na die wildtuin.  Ek kan nie wag nie.  

Eers die see vakansie by Onrus verby kry dan is dit 2025.  

Ek hoop ek kan so goed fotos neem soos julle wat dit plaas.  

 

Groete

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/10/2024 - 18:18

Eers die see vakansie by Onrus verby kry dan is dit 2025.

Gaan julle kampeer? Ons was al ‘n paar keer by Onrus en het die eerste drie besoeke geniet. Ons laaste besoek twee jaar gelede was daar egter ‘n paar goed gesteel by ons. Die grootste verlies was my handboor waarmee ek gate vir penne geboor het in harde grond. Ek het grootgeword met die boor en dit uiteindelik by my pa geërf, so dit het groot sentimentele waarde gehad. Ander kampeerders se fietse is ook gesteel terwyl ons daar was. Ons fietse was gelukkig vasgesluit. 
 

Op Tripadvisor vertel mense ook van gaskanne en braairoosters wat gesteel is. Ek hoop van harte die oord kon/kan die sekuriteit verbeter, maar wees maar versigtig as julle daar gaan kampeer. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 15/10/2024 - 18:29

Ons kamp gereeld op Onrus.  Seker al amper 20 jaar.  En ja dit maak my ook Onrustig.  Die gestelery.

En ja ons kampeer n hond uit n bos.

N ou werk hard vir jou geldjie en dan word die gadgets gesteel.

Maar daar is nuwe bestuur so vir 2 jaar en dit blyk iets van verlede te wees.

 

Ons hou duim vas...

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 15/10/2024 - 18:37

Hier is my staanplek.  Die plekke is nou oopgesny so minder plek vir wegkruip plek.

 

Mooi loop.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/10/2024 - 19:09

Dis goed om te hoor dat dit beter gaan. Die voorval tydens ons laaste besoek het my afgesit van die oord. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 15/10/2024 - 19:32

Ek "hoor" die opgewondenheid oor julle wildtuinvakansie, en kan dit baie goed verstaan aangesien dit ook ons gunsteling plek is om te wees, maar gooi nie julle seevakansie weg nie. Hier lees ons graag van almal se kom-en gaan. Desember is om die draai......

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 16/10/2024 - 21:30

Goeie naand almal.

Ek verkyk my aan die gesprekke.

Ons het besluit om Aldam te los weens sekuriteit.

Ons gaan nou na Bundu river lodge.

Het iemand ondervinding oor bundu.

Lkr aand.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 16/10/2024 - 22:21

Alhoewel Aldam se karavaanpark niks is om oor huistoe te skryf nie, gebruik ons dit al vir baie jare as oorstaanplek tydens ons reise na en vanaf die wildtuin. Ek kan dalk kla oor ablusies wat nie altyd netjies is nie - en dat dit vrekkoud is in die winter (wat vir alle Vrystaatse geld), maar sekuriteit was nog nooit vir my 'n "issue" nie. Hulle het 'n sekuriteits-ingangshek en is ver van die N1 geleë - jy moet 10 km inry vanaf die N1. Ons het al soms alleen daar gestaan (waarvan ek uiteraard nooit hou nie), maar ek het nog nooit onveilig daar gevoel nie.

Bundu Lodge ken ek glad nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 16/10/2024 - 22:32

Goeie Hout, ek praat onder korreksie, maar as ek reg onthou is hier een of meer ouens wat graag by Aldam oorstaan, hetsy oppad uit die weste of suide, en sover ek weet het hulle dit nie sleg gevind nie. Dit sal interessant wees om te hoor waarom jy die sekuriteit as rede noem vir die planverandering. Was daar voorvalle waarvan ons moet weet?

Ek ken ongelukkig nie Bundu River Lodge nie. Moontlik gaan jy jou antwoord in die oggend kry wanneer dié wat al gaan rus het en ander wat in die Karoo kuier weer hier inloerlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/10/2024 - 06:04

Goeie hout, jy maak my bekommerd met jou Aldam stelling. Ek het die afgelope Meimaand met die heen-en weer-reis daar oorgeslaap, sonder enige bekommernis, so ook in 2023 en 2022.

Ek kan beaam wat Chris B hierbo genoem het.

Watter Bundu lodge oorweeg julle??? As dit in dieselfde omgewing as Aldam is, sal ek graag wil weet daarvan. Ons gebruik Aldam net as 'n oorslaapplek. 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/10/2024 - 06:17

Goeie hout, verwys jy na die plek ??? Dit is dan 'n klipgooi vanaf Aldam af. Dit lyk na 'n goeie alternatief om te gebruik vir oorslaapplek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 17/10/2024 - 10:02

Ek het ook gou gaan loer na Bundu River Lodge se webwerf. Ek moet saamstem met Wessel dat dit voorkom as 'n goeie alternatief vir Aldam. Ek het ook op Google Maps gaan kyk na die ligging - wat ook blyk goed-geleë te wees. Ek wonder net oor die toegangsroete, want ek is vol strooi oor gruispaaid. Ek sal nietemin 'n e-pos aan hulle rig om navraag te doen oor die pad sowel as sekuriteit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus