7 waens, 22 mense, 3 Lande en 21 nagte
Ons het 13 Desember 2024 tot…
Ons het 13 Desember 2024 tot 4 January 2025 Suid Africa - Botswana - Namibia- Suid Africa getoer. Ons het April 2023 met neplaning begin. Ons eerste kamp was Kareespruit in Zeerust gewees. Van die mense was 2 aande daar ander net een aand. Dis waar ons bymekaar gekom het vir die toer.
15 Desember was ons vroeg op…
15 Desember was ons vroeg op om 6 uur by skilpads hek grens pos te wees. Ons is pynloos binne 1 uur deur altwee grensposte. Niks geluk nie en baie vriendlik. Net deur die grens het ons diesel getap en almal het extra drom diesel vol gemaak want die afstande is very. So 20km van grens het ons oor die bult gekom en deur n sloot gery waar ek skade op my wa gekry het. Kon gelukig toer klaar maak. Ons besteming was Kalahari Rest Camp buite kang. Op die deel van die pad was diesel Redelik beskikbaar. Net voor kang het n trok gerol en ons Moe's deur dik sand ry om verby te gaan. 2 van ons groep het vas gesit en ons Moe's hulle uitsleep. Toe ons hulle uitsleep toe is daar n string Ander mense wat hulp vra. By die kamp was dit ook dik sand en van die mense het so bietjie gesukel maar ons het almal ingeyrek en lekker gekuier. Kamp het swembad en resturand en die badkamers gebruik n donkey vir warm water. Interest genoeg al die kampe behalwe langstrand het gratis wifi gehad. Ons afstande vir die dag was 424 km
16 Desember was ons…
16 Desember was ons besteming East Gate Rest Camp net deur die Buitepos grenspos tussen Botswana en Namibia. Hier was niks diesel beskikbaar tussennbkang en die grenspos en die extra diesel het handing te pas gekom. Afstande vir die dag was 363 km. Die pad is mooi maar daar is baie diere Lang's en op die pad so men's ry maar mooilik. Die grenspos was Mal. Ons het amper 3 ure gevat om deur te kom. Die kamp was net 500 m anderkant die grens en was baie mooi en skoon. Ons het almal die aand gaan eet by die restaurant en hulle kos was baie goed.
Van hier af het ons gemik na…
Van hier af het ons gemik na Arrubush in Windhoek vir 2 dae. Die afstande vir die deel van die roete was 316km. Soos allis in Namibia was die pad goed en mooi skoon. Ons was 2 keer gestop by pad blokades om paperwork en lesensies te check. Op die eerste een Moe's Leon sy light bar verwyder. Ons het in gobabis gestop vir sim kaarte en verder rustig gery tot in Windhoek. Die kamp is groot baie skoon. Ons het by Joe Beer house gaan kuier en die dorp verken. 2 dae het verby gevlieg.
19 Desember vroeg pad…
19 Desember vroeg pad aangepak na Langstrand. Afstande vir die dag was 390km. Ons het gestop vir ontbyt in okahandja en ook vir biltong en dan by die gems market anderkant usakos. Daar het ons die waens af gehak en die 40km gery om spitzkop te gaan kyk. Defnitief die mooite werd. Ons was so by 2 uur in Langstrand waar ons die volgende 7 nagte sou Bly.
Die 7 nagte in Langstrand…
Die 7 nagte in Langstrand was te min. Beplannom weer te gaan maar dan net in Langstrand te kuier. Het saam my neef gekuier wat ek 17 jaar laas gesien het en baie rond gekoop.
Op ons laaste dag in…
Op ons laaste dag in Langstrand is ons woestyn toe met die 4x4's. Ongelooflik as jy so om jou kyk en jy sien net sand. Lekker vas gesit lekker gelag en lekker gekuier. Wat n manier om ons verblyf in Langstrand mee af te sluit.
Van Lang srand af weer terug…
Van Lang srand af weer terug Windhoek toe vir een aand. Lekker sundowner gehad by my neef by sy huis in die wildreservaat. Volgende stop was Koha in Mariental. Stunning plek met lekker skoon badkamers en swembad.
Na een nag is Mariental is…
Na een nag is Mariental is ons na die Grunau Hotel in Grunau Vai giants play ground en kokerboom woud in Keetmanshoop. Lekker gery.
Terwyl ons by grunau gekuier…
Terwyl ons by grunau gekuier het was ons Vis rivier canyoun toe en ook by canyoun roadhouse gestop
Van Grunau het ons vertrek…
Van Grunau het ons vertrek na springbok vir een aand. Ons is by Vioolsdrif grenspos deur en was minder as 30 min vir Alby kante. Terug in SA en baie Sommer baie meer vol gate en diesel ook somer weer duur. Ons het een nag rustig gekuier in springbok
Van springbok af is ons…
Van springbok af is ons oranjerus toe op kanon eiland vir 3 nagte. Het gaan kyk hoe lyk Augrabies die waterwiel in keimoes. Ons laaste aand was in vryburg en toe huis toe.
4658 km gesleep
5900 km in total
Verblyf was R8200 vir 2 mense
Diesel was so om en by R15000
Sal ek dit weer doen? Reeds besig met beplaning vir volgende trip
Wessel ons kyk na Desember…
Wessel ons kyk na Desember 2026. Hoof besteming Langstrand. Wil 4 dae Opry en 4 dae terug ry. Sal seker so 21 dae wees. Ons het net die oppervlakte gekrapnvan wat jy in swakop, Langstrand en Walvis area kan doen
Wessel ek het n 4*2 SUV. Ons…
Wessel ek het n 4*2 SUV. Ons het een Offroad wa en een gravel roader in groep gehad res was padwaens. Hang af waar jy wil gaan. Ons het orals teerpad gery.
Weer is swakopmund is gemiddeld 21c in desember maande met niks wind. Windhoek en binneland is warm, maar dis ons vakansie tyd so ons doen wat ons moet
Nou baie lekker gelees
Baie dankie vir die ordentlike reisverslag met lekker vertellinge en foto’s. Nou het my dag sommer bakgat begin.
Dis nou ‘n bakgat toer…
wat op my emmerlys (bucket list) is. Lekker om te lees hoeveel gesien kan word al reis ons met ‘n padkaravaan





Gee meer detail....
....dalk is daar persone wat wil saamgaan.
Is roete, bestemmings en kampeerplekke al gefinaliseer. wanneer beoog julle die toer??