Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -6 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -6 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago

Kleinmond

Sandbaai
Submitted by maurits on
Forums

Op U- Tube is daar nou n uitleg van die karavaan park in Kleinmond. Maurits

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 28/03/2025 - 10:03

... daagliks daar verby, want die karavaanpark is geleë tussen my huis en die sentrale besigheidsarea. Dit is duidelik dat daar voortdurende opgraderings aan die gang is. En ek is verstom om te sien hoeveel kampeerders daar is.

0
Onrus

Servaas Verster

Fri, 28/03/2025 - 10:39

Ek wqs ook nentnou daar. besigheid gehad in Kleinmond en toe sommer die karavaanpark besoek. Ek is aangeneem verras. Die plek is netjies en daar is redelik aantal kampeerders.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/03/2025 - 10:59

....Chris B gaan met jou ook raas, as jy NIE by hom ook ingeloer het nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 28/03/2025 - 11:06

Chris B gaan met jou ook raas, as jy NIE by hom ook ingeloer het nie.

Ek kom nogal dikwels in Hermanus. Ek dreig al hoe lankal om by Maurits ook te gaan inloer, maar ek kom nie eens by my broer uit wat ook in Sandbaai woon nie. Hermanus-trippies is gewoonlik net gou vinnige besigheid wat ons nie in Kleinmond kan doen nie. 

0
Knysna
Profile picture for user Fanie Bekker

Fanie Bekker

Mon, 31/03/2025 - 11:10

Ons het onlangs in Februarie vir vier dae by Kleinmond Karavaanpark kampeer... dit was heerlik, wat 'n aangename verassing. Die plek het nuwe eienaars/bestuurders en die park skitter. Ons is mal oor die park en sal verseker weer in die toekoms daar 'n draai gaan maak. Ek kan dit met gerustheid aanbeveel vir kort periodes en vir langperiodes... hulle het spesiale tariewe vir lankstaners. En die park word goed beheer, ongewensde elemente kom nie daar in nie, en is baie netjies en word netjies gehou. Maak net seker as jy daar gaan staan dat jy met jou rug in die rigting teen die wind staan en dat jou stormtoue gereed is. Daar is hier en daar struik-windskerms maar Kleinmond is mos maar bekend vir sy winderigheid.
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus