Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -54 minutes ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -7 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -7 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -10 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago

Gebruik van internet

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Wonder nou al 'n rukkie waarom die bendelede nie eenvoudig hulle vrae Google voordat die vraag hier geplaas word. Lê gisteraand innie bed en blaai deur die nuutste uitgawe van die Weg Ry & Sleep tydskrif toe ek die artikel deur Neels van Heerden raak blaai. Sien hy wonder oor basiese diesfde ding. Nege uit die tien vrae, veral tegnies van aard, kan binne minute beantwoord word deur bloot gebruik te maak van Professor Google, al wat dan oorbly is om die inligting te sif wat natuurlik leeswerk insluit. Wonder oor die rede...is die lede bloot te lui om self te lees, of dalk so verveeld dat hulle eerder 'n gesprek wil aanwakker? Die emeritus prof van Heerden se artikel dra dalk 'n heel gepaste titel: " Vind self uit, man!" My springmielies is reg vir julle reaksie!

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 31/03/2025 - 09:30

Miskien kon hierdie vraag se antwoord ook gegoogle word het.....lollaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/03/2025 - 12:14

... daar gaan uiteenlopende antwoorde op jou vraag wees. Byvoorbeeld;

a] mens kan baie inligting oor kampplekke op die internet kry, MAAR dit gee gemoedsrus om van ander kampeerders se ervarings by sekere oorde te verneem.

b] tegniese vrae: net so lekker om van ander se ervarings /blootstelling/kundigheid te verneem as om op google te gaan soek.

c] dan is daar sommer net gesels aanwakker vrae, soos verkies jy om onder 'n boom of nie, te kampeer/parkeer?? Google mag dalk sukkel om sinvolle antwoorde te verskaf.

die vraag kan ook gevra word---waarom kan ek nie uit ander se lewenslesse iets leer nie.??? 

Hoop jy het baie springmielieslaugh 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 31/03/2025 - 12:20

Mens kan als raak Google. Ek het die skakel omtrent waterlyn storie van my gaan opsoek wat Grootwind aanbeveel het. En dit geniet.  Die aanvoor daartoe was bloot net ń klomp twak wat ek kwytgeraak het, wou nie rerig weet nie. 

Die Argeologie Prof peper ek met baie vrae waneer hy hier is. Ek het al om verskoning gevra. Sy antwoord is, " Herman that is exactly my job to answer these questions."  

By voorbeeld. Ruk gelede het ek 2 Peperboompies by ń buurman gekry en by die kamp geplant. Hulle groei dat dit bars. Sue Milton is Prof in Botanie, sy het ń inheemse kwekery op Prince Albert, en haar raad aan my van jare gelede is om in die begin nie te vinnig met ń snoeisker in te klim nie. Ek sal anderdag vertel hoekom sy so sê, of gaan Google maar.

Buurman kom verby, hy het Bsc Agric, en sê buurman jy moet snoei, die wortels gaan stress met die baie loof. En hou terug met die water, jy wil die wortels anker.???

Bel ń goeie vriend Msc in bosbou, hy verplant groot bome in Stellenbosch, en het ń massiewe kwekery daar. Hy sê, snoei maar van die begin af, maar nie meer as 50% van die loof nie. Gee water.

Ek sal eerder hulle uiteenlopende benaderings gebruik as Google wat ek nie ken nie.

Tegniese aspekte is Googke puik. Ek het die Landrover Enjin  herbou met net Google. Alle denkbare inligting is beskikbaar van begin tot einde en vertel ook waar jy regtig op moet fokus.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 31/03/2025 - 18:10

Wonder hoekom dit so stil is. 

Het gaan Google en gevind dat 16,4 biljoen mense per dag Google gebruik. Ongelukkig is daar nie inligting oor hoeveel verveelde ou Kampers is nie, maar ek dink dit is maar min.

Dan sê dit ook dat jy maar, soos Grootwind noem, nie akademiese inligting van Google net so aanvaar nie. Daar is bv Google Scholar en ander daarvoor. 

So wil asnsluit by Wessel en erken dat dit in die stadium van my lewe lekker is om met ń geselsie ander se kundigheid en ervaring aan te hoor. Of ek dit gaan gebruik, is ń ander saak want ek verkies om onder ń boom te staan, met sand vir ń vloer sonder swembaddens en jukskei toernooie.devil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus