Ons vertrek komende Sondag na Saldanha en reis via Kimberley. Oorweeg om miskien een nag by Augrabies oor te bly - hopelik het die water al die valle bereik en kan ons sien hoe dit in vloed lyk.
Die vorige keer wat ons daar was, was in Desember en toe was daar net 'n trickle.
Sal dit beter wees om binne Augrabies kamp te bly - kan mens die water hoor van die chalets af, of is dit beter om by een van die gastehuise net buite die kamp te bly en dan in te ry. Ons sal basies net 1 dag daar wees en dan verder ry. Ons het 'n sleepwa hierdie keer - dus kan ons nie kamp nie
Bespreking gemaak
Dankie Wessel, bespreking by Augrabies so pas bevestig - kan nie wag om dit te sien nie. Hopelik is die vloei lekker sterk sodat ons 'n skouspel kan sien
Dit is ...
...'n belewenis om die valle in vloed te sien. Ek was eenkeer bevoorreg om dit te aanskou. Ek reken jy't die regte besluit geneem om binne die park oor te bly.
Augrabies in vloed...
....wil ek NIE sien nie!!!! Dit gaan my vreesbevange maak. Die krag van water is verbysterend
Wessel ... 1981 Laingsburg vloed
Ek het in 1981 langs die Gouritzrivier gewees en die krag van water gesien.
Die Buffelsrivier wat deur Laingsburg loop sluit aan by die Gouritzrivier - dit was 'n belewenis, maar ook iets wat 'n massiewe indruk op my as 'n jongeling gemaak het. Nie 'n vrees nie, maar ontsagwekkende respek vir die krag van water
Die goed is swaar, en dit beweeg waar dit wil
Elke liter water weeg omtrent ‘n kg. Boonop beweeg dit en verander heeltyd van vorm. Volgens Wikipedia was die piek vloei 7800m³/sekonde. Dis 7800 ton water wat per sekonde daar afval. Daar vloei meer as drie keer soveel water af as by Niagra Valle.
Hierdie kom ook van Wikipedia af:
Since 1966, more than 20 people have fallen to their death in the gorge, and five have been swept over the falls. A Scandinavian tourist however survived a fall into the gorge in 1979, as did a man who was swept over the falls in October 1981. The bodies of others were trapped in the plunge pool below and never found. Similarly, animals including cattle and hippopotamuses have been swept over the falls.
Veilig hier by Augrabies
Ons het so net voor 10vm vanoggend by Augrabies aangekom - moes vroeg uit Kimberley ry omdat ek 'n Teams meeting het wat 10vm begin het.
Nog in vergadering, maar sit in die restaurant met uitsig oor die valle - kan nie wag vir vergadering om klaar te maak nie
Citizen video.....
....van hoe Augrabies vandag lyk en donder!!!! Ongeveer 2400kubieke m per sekonde wat daar af tuimel.
Dit is ongeveer 2400 ton water per sekonde.
Hoeveel daarvan gaan benut word, gedam word, of gaan dit alles see toe??
Rhona
Ja, het gekry en nog meer.
Dit is regtig 'n voorreg om dit te kan sien en beleef - ons het gister na die uitkykpunte gegaan en ons was sop, maar sopnat soos die sproei soos reën was. Die geraas is amper erger as seebranders wat oor rotse slaan en kan uit ons kamer gehoor word - ons kamer / chalet is basies reg teen die rivier.
Ek sal later nog fotos laai - die internet konneksie is maar power
Moet ‘n belewenis wees!
Ek het die valle nog net in Desember gesien. Dit was ook mooi, maar die massas water moet asemrowend wees. Ek was al baie by Vic valle, maar daar is mens ver van die waterval af, nie soos by Augrabies nie. Is al die uitsig platforms ooit oop? Ek kan aan twee dink wat dalk te naby aan die waterval sal wees.
Kaapse toeris vermis
Ek sien op Maroela media ‘n Kaapse toeris van 66 word as vermis geag nadat hy gaan stap het by Augrabies en nie terug gekeer het nie. Dis mooi wêreld daardie, maar ek dink dis maar onherbergsaam. Ek hoop hy dop uit en is OK.
Vermiste toeris
Ek hoop nie hy het per ongeluk in die rivier geval nie. met rivier in vloed, mag dit dalk onmoontlik wees om uit te kom.
Nog n foto of 2
Hier is nog n paar fotos. Dit was interesant om die reenboog te sien - mens sou verwag dat reënboë slegs sal verskyn wanneer dit regtig reën. In hierdie geval was dit die sproei van die water wat so erg was dat dit net sowel beskou kon word as reën.
Die eerste 2 fotos wys hoe hoog die sproei was





Trev...
...ek dink as die Oranje invloed gaan wees, gaan hy RAAS oor die valle. ek vermoed jy gaan dit kan hoor.
Vind uit met bespreking om van chalets te kry so naby moontlik. Daar is van hulle, so skuins regs van hoofgebou wat omtrent op valle uitkyk.