Ek sal dit waardeer as hier enigiemand is wat hul Jurgens Exclusive se kombuis verander het in ‘n buitekombuis, wat raad kan gee oor wie dit gedoen het, kostes, en of jy tevrede is met die werk wat gedoen is
Proses het begin
Ons het met Caravan Guys in Roodeplaat gesels om die kombuis na buite te skuif.
Op die stadium moet ek nog besluit of ons die opwas area agter die karavaan moet sit of dit ‘n uitskuif voor by neuskant (van onder die bed moet maak). Die uitdaging met die opwas area agter is dat jy onder die tent moet uitloop om skottelgoed te doen, maar dit gee meer spasie onder die tent self - alhoewel die opwastafel wat ons nou gebruik dieselfde spasie opneem as wat die uitskuif opwas area en stofies sal opneem
Enige en alle raad is welkom
Paar fotos
Hier is ‘n paar fotos van wat ons beplan om te doen - fotos 1 tot 3 is van die groot kas wat die binnekombuis vervang en foto 4 is van die uitskuif opwasbank en stoof (hierdie is nog in oorweging)
Veranderinge????
Trev, wat en hoeveel spasie, beweegruimte boet julle aan binnekant in. Daai netjiese laaie moet sekerlik 'n ent na binnekant instoot??
Skuif die opwasbak struktuur onder die dubbelbed in??
Inboet van spasie
Wessel, die opwasbak struktuur skuif inderdaad onder die bed in. Die bed se struktuur word verhoog en hangkas word verander. Behoort nie die volume pak spasie onder die bed te verminder nie, want wat in lengte verloor word, word weer gewen met die hoër bed.
Daar is geen/ bitter min, vermindering van spasie en beweegruimte by die “hoofkombuis” - die lengte van laaie is omtrent dieselfde as die lengte / diepte van die oorspronklike binnelaaie / kaste. Dit is asof die toegang tot die oorspronklike kaste nou van buite is
Buite kombuis
Mense se voorkeur van buite kombuis verskil. Ek het eers n Splash gehad en toe n Swing met buite kombuis. Nie een van die 2 karavane het ons die buite kombuis gebruik nie, maar dit was wel n groot aantrekkingspunt tydens aankoop. Omdat ons meestal net met die awning kampeer, het die blad baie spasie geneem en daar was nie werklik plek om onder awning te sit om n tafel nie.....daarom het ons op n stadium 2x awnings opgeslaan. Tydens wind en reen moet jy ook sorg dat dit toe is en plekke met ape moet jy ook dophou. Ons het later ons stoof en wasbak uitgehaal en area gebruik as pakplek....maar was op einde maar n kas wat jy van buite af moes werk. Ons werk tans met n Snappy chef wat ons enige plek gebruik....gewoonlik sommer op n tafeltjie langs my stoel by kampvuur. Ons huidige Expo het ons sedert 2020 en het geen kombuis nie....ook nie binne nie, en ons het nie een van die kombuiste ooit al gemis nie.
Ek skiet nie jou idee af nie, soos genoem is voorkeure verskillend, maar wil tog uitwys na items om oor na te dink
Wessel
Geen probleem nie - ek waardeer die vrae - dit laat my ook wonder of ons alles in ag geneem het.
Die kwotasie wat ons gekry het is byvoorbeeld vir ‘n op was area agter die karavaan - het eers agterna begin wonder of dit regtig prakties is as die sykante van die tent op is en dit nog boonop reën of koud is want dan moet mens onder die tent uitloop om by die agterkant te kom. Jy het dan nog steeds bakke en die kraan wat rondgedra moet word, terwyl alles reeds in die uitskuif opwas bak struktuur gebou is. Daar is wel ‘n redelike prysverskil tussen die 2 met al die veranderinge wat by die bed aangebring moet word - maar hopelik maak die gerief op daarvoor
Geert
Die aantrekkingskrag van die buitekombuis is juis dat ons, wanneer ons wil gaan rondry / loop of slaap, ons alles net kan inskuif en gaan.
Met ons opset tot nou toe was soos volg: Opwasbaktafel met eie warm water kraan - staan gewoonlik by slaapkamer venster, tafel waarop gasstofie, ketel en ander goed is waar die wiele is, dan nog ‘n tafel om op te werk en dan ‘n tafel waarby geeet word. Dus behoort dit dieselfde uit te werk, behalwe dat ek minder goed hoef saam te karwei, in en uit te dra en op en af te slaan.
Ek gaan ten minste my koffiemasjien binne die karavaan hê
Trevor, as jy onder die soek…
Trevor, as jy onder die soek funksies ingaan behoort jy op oorlede Willem Brits (Wilsur) se plasing af te kom waar hy voorsiening gemaak het op sy Exclusive met die opwas gedeelte aan die agterkant van die wa. Hy het ook vir hom 'n dakkie aangebring oor die area om onder te werk.
koffiemasjien.....
.....dan kan ons saam kamp![]()
Staan op 'n keer by Oos London en ek hoor by wasgoedmasjien hoe die nuwe buurvrou met leedwese vertel dat haar bure vreeslik asmaties is. Die geroggel vroegoggend klink of die persoon op dood staan.
Ek het toe maar mooi reggehelp, en gewys dat ek nie op dood staan nie
Deposito is betaal
Deposito is betaal vir die veranderinge aan die karavaan - ons neem die karavaan more na Caravan Guys waar hulle dan die veranderinge sal doen.
Die beplanning is dat dit sowat 3 weke gaan neem om die projek te doen, wat ons met omtrent 2 weke sal laat om te pak vir ons trippie KNP toe wat op 8 Junie begin.
Nou is daar geen keer meer nie
Karavaan is Donderdag (eergister) by Caravan Guys ingeboek vir Operasie Kombuis. Volgens beplanning behoort die operasie teen 28 Mei klaar te wees.
Kan nie wag nie, maar is tog apprehensive of die operasie wel die moeite (en geld) gaan werd wees - maar ja, daar is nou geen keer meer nie.
Is op die oomblik in Kaapstad luisterend na die branders in Gordonsbaai vir omtrent 10 dae waarna in George vir nog 2 of 3 dae en dan terug Pretoria toe - hopelik verkort dit die tyd
Baie karavane
Dit was verbasend, maar ook hartverblydend om vandag die talle karavane op die pad tussen Beaufort Wes en Kaapstad te kon sien. N goeie teken dat die kampeerbedryf en kampering nog goed op dreef is en dat mense nog kampering geniet alhoewel dit nie meer n goedkoop vakansie is nie.
Opmerklik was dat meeste van die karavane boskaravane en sleepwaens was
Dit is ook baie duidelik ...
... hier by Klein-Kariba dat boskaravane en boswaens by verre in die meerderheid is. Dit is ook verstommend om te sien hoeveel mense met tente en gazebo's kamp.
Iets om na uit te sien!
Ek glo julle is baie opgewonde en ter selfdertyd ook so ietwat van senuweeagtig. Dit klink na 'n groot verandering. Kamp bly lekker en as dit vir julle geriefliker gaan wees, hoekom nie?? Die eerste foto's gaan seker nou eers wees wanneer julle in die wildtuin is, maar nou ja, ons wag geduldig![]()
Sien dieselfde ding as Wessel - jy skuif die myle. Die landsgrense hou jou seker lankal nie meer op hok nie![]()
Wessel en Rhona
Ongelukkig is dit werk. Die trip Saldanha toe was as een van die borge van die Saldanha Rugby toernooi, hierdie komende week is om moontlike kliënte te sien en volgende naweek is dit die bywoning van n sake konferensie.
Probeer so bietjie rus en ontspan inwerk





Trev...
...die 1ste plek wat spesialiseer in sulke werk is CMC in Krugersdorp. Bel Johan op 082 416 1991. Ge-oordeel op hulle webblad lyk dit vir my of hulle weet wat hulle doen.
In Hekpoort omgewing is ook 'n plek Due North, google gerus.
CMC bou deesdae ook die Gecko boswa.