Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hael November 2026 Geert -1 hour ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -6 hours ago

Ons sewe dag Karoo kuier

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Die.... sal die derde probeerslag wees om die gesels te begin. Net sodra ek reg is, en begin ń foto bysit, sê dit. This site can not be reached, en gooi als weg.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/05/2025 - 08:34

Ek kyk anderpad. Maar wil graag weet waarom die een kop donker is en die ander lig. Was die een ‘n swartskaap?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 06/05/2025 - 10:16

..........dis verskriklik grillerig vir my.

Hoe op dees aarde kan so 'n"gesig" so lekker soos 'n skaaptjop of skaapboud smaak ?

Maar, voor iemand anders dit sê, ek weet al te goed smaak verskil, veral in hierdie geval.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 06/05/2025 - 11:23

Seker maar waar en hoe mens jou self bevind het toe jy op jong ouderdom blootgestel is. Daai tyd was die gebakte  skaapkop oupa sin, en hy het min gedeel.  Onthou dit was die dae toe daar gereeld geslag was vir die huis. Varke, skape, en meestal in die winter ń bees. As ek moet tel hoeveel van die doodmaak proses ek beleef het, was dit baie. Omtrent elke 2de Sondag ń hoenderhaan ingeloop en sy kop afgekap. 

Terug by die gebruik van die dier. Daar was min gemors, ons was seker maar arm. Skaapafval is gekook van al die organe, pootjies, pens. Die kop was in stukke gekap om die wange, tongetjie etc te gebruik. Sodra die afval gaar is, word die bene uitgehaal en die vleis bly agter.

So die wat van afval hou, eet ook lustig aan die kop.

Gebakte skaapkop is heerlik. Dit kom in ń oond vir so 2 uur, en word onder die " grill" gesit die laaste 10 minute. Daar is níe ń sagter stukkie vleis as die wangetjies nie. Murg sê ek julle.

Kyk maar hoe krap Chris B die Galoen se wangetjies skoon, en hulle kraai oor die lekker vet ogie. Daar is mos nie ń verskil nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/05/2025 - 14:40

Die “ou” mense het niks gemors nie. Deesdae mors ons baie. Dit is, soos Oom Neef sê, seker maar omdat ons nie meer sente hoef om te draai soos tydens die depressie nie. Die meerderheid party se kiesers eet nog “weggooi” vleis soos smileys (skaapkop), walkie talkies (hoender kop en pote) en hulle eet selfs die bietjies vleis van beeskoppe af. Ek weet hulle verkies vleis aan bene (soos bv chuck en brisket) en hou nie van biefstuk nie. In Botswana was beeshaas (fillet) spotgoedkoop want die meerderheid Batswana wou dit glad nie eet nie.
 

Insgelyks is daar witmense wat geregte soos afval en skaapkop geniet, en as jy grootgeraak het daarmee - hoekom ie? Ek self het net twee keer wat ek kan onthou afval geëet toe ek klein was. Al wat ek daarvan geniet het was die kerrie aartappels. 
 

Lekker smul Oom Neef. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 06/05/2025 - 16:02

... juis aptytlik nie, maar dieselfde geld vir die res van die afval. Tog smul ek te heerlik aan afval. Daarin kom ook baie dele van die kop - o.a. die tong en harsings (laasgenoemde in die sogenaamde koppiepens - vra vir Ralie wat die koppiepens is, sy't gegroot met afval op 'n Karoo-skaapplaas). My seun het my juis vroegtydig in kennis gestel dat hy vir ons 'n afvalpot by Eiland Spa gaan maak. En om een of ander rede (dink hy dat hy sy) "treat" met die harsings, terwyl dit nie my gunsteling deel van die afval is nie.

Ek dink as ek die geleentheid kry om 'n "smiley" te eet, gaan ek tóg lekker smul daaraan.

Geniet dit Neef!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/05/2025 - 16:50

Hulle patties bevat van die pink slime wat ‘n paar jaar gelede listeriose veroorsaak het. Die pink slime is eintlik maar net so grillerig as enige skaapkop, maar wat die oog nie sien nie kan die maag nie pla - so gaan koop maar ‘n Big Mac…

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 06/05/2025 - 20:20

Wat ń lekker aand was dit nie! Kalahari aartappels, broodjies met appelkoosjam en gebakte skaapkop.

Ouma het eers gepeusel aan ń sosatie, maar na ek haar so paar stukkies sagte vleisies gevoer het, ingeklim.

Kuierplek

Armond se kuierplek. Genaamd die Rehab.

Ons

Selfie van Armond. Daar lê die " smileys" op die borde.

Armond

Die man geniet homself vreeslik.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 06/05/2025 - 21:05

Ek geniet ook my kerrie afval saam stampmielies en soet patats. Sal seker nog eendag 'n gebakte skaapkop eet sou dit oor my pad kom. Dalk moet ek iewerste 'n draai in Oudshoorn gaan maak dan kan Neef Herman my leer om ene te bak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/05/2025 - 21:48

.... ek hoop jy het onthou om alkohol in groot maat in te neem, vir daai skaapkop vette

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 07/05/2025 - 08:14

Môre maters. Von besig met koffievles en broodjies. Gaan vandag lang pad ry. Gister so 3 uur kring gery en die veld lyk soos lente met al die blommetjies. Baie wild gekry oa 3 Klipspringer families. Nie Leeus of Renosters gekry nie, miskien vandag, maar maak nie regtig saak nie. Seker so 5 tot 6 uur trip vandag.

No 22 is baie lekker privaat, net piepklein, so dit het nogal gespartel om so maak staan.

No 22

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 07/05/2025 - 08:50

Gisteraand se kuier lyk of dit baie lekker was. Julle beplande rit klink ook heerlik. Geniet dit!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 07/05/2025 - 09:45

................dat jy ons in die "loop" hou met julle wedervaringe daar in die Karoo.

Ek aanvaar Armond se Rehab is by sy huis en nie iewers in KarooNP nie.  Interessante naam wat hy vir sy kuierplek gekies het.

Geniet vandag se rondrits - ons wag tot vanaand vir die fotos.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 07/05/2025 - 17:06

Vandag groot troppe Elande gesien 50 tot so 100 diere. Springbokke net sulke groot troppe. 4 spoke gekry, familie groep volgens Armond. Ma met 3 kinders, jongste sommer nog klein kalfie. Oulikedingetjie.

Waar die Park " Ponding" gedoen het vir veld se rehabilitasie, is die resultaat nou baie duidelik na jare se dophou en goeie reenPonding. Kyk die pragtige verskeidenheid op die fotos.

 

 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 07/05/2025 - 17:09

Die sklipad lyk mos nie soos ń Bergsklipad nie? Baie meer kleurvol as die ou bruines wat ek ken.

Skillie

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 08/05/2025 - 06:11

....ek sien geen fotos nie??? Dalk net ek, sein is baie swak in B&D, ek lees met skootrekenaar.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 09/05/2025 - 16:29

... dat ek kan sien die ou is soms aanlyn op die forum, laat my aanneem dat die "smiley" sonder ernstige skade oorleef is. Maar o donkie - die ou is darem stil. Is dit lekker in die Karoo?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus