Maurits, ek begin sommer namens jou die gasprek. Dan is alles mooi bymekaar.
Hou ons ophoogte met fotos en insette van julle toer.
Veilig reis, en geniet
Maurits in Kruger 2025
Wessel Steenbokkie is omtrent 7 km uit. 800m is Karoo grondpad, kliphard en geen probleem nie. Ek stem saam dat Karoo park is n besondere park, maar ek en Martie probeer sover ons kan nuwe plekke besoek. Steenbokkie kos R300 per nag en ek beveel dit regtig aan . Vergeet van die Oranje, hierdie plek is die moeitie werd. Ek sal more nog inligting plaas
Maurits...
...jy moet tog jou reisprogram op hierdie gesprek plaas. Ek kan nie onthou waar jy jou datums geplaas het nie.
Ons kuier tog te lekker saam, en julle moet veilig toer.
Steenbokkie vs KarooNP
Steenbokkie gaan dus goedkoper wees as KarooNP.
Ek betaal gemiddeld per nag R280 in September'25, maar daar was 40% korting tersprake, vir sommige dae in daardie periode..
Steenbokkie is lekker vir 'n…
Steenbokkie is lekker vir 'n vinnige oornag. Gerieflik en vinnig in en uit.
Steenbokkie
Steenbokkie is n goeie kamp vir een of twee nagte oorstaan. Die ablusie is nie op dieselfde standaard as Karoo park nie, maar regtig niks om te klae nie. Lekker staanplek met braaidromme en onder bome. Maurits
Nog Waschbank-foto's
Maurits het nog 'n klompie foto's gestuur. Hy kan self kommentaar lewer. Ek onthou dat Lapskag ook vol lof vir Waschbank was toe hulle destyds van Bloemfontein af daar oorgebly het vir hul "deelname" aan die Herfsblaar-saamtrek in Karoo Nas Park.






Nog Waschbank fotos
Dankie Chris. Ons vertrek more hiervan en dan 5 Mei in die wildtuin in. Ek gaan Chris laat rus want ek dink julle ken Kroonstad en Middelburg waar ons voor die tyd gaan oornag. Waschbank is n plek wat ek kan aanbeveel. Lieflike restourant waar jy ontbyt of aandete kan geniet. Kamer verblyf of n lodge is beskikbaar. Hulle het n spesiale ontbyt vir Chris
Nou wonder ek?
Hulle het n spesiale ontbyt vir Chris
Wat sou dit wees?
Maurits...
...ek weet nie waar jy in Kroonstad gaan oorbly nie, maar dalk moet jy eerder by Weltevrede naby Parys gaan doedoe.
Ek is onder die indruk dat mens Kroonpark moet vermy, en dis nog langnaweek ook.
Maurits...
...onthou ons klok ook 5 Mei DV by Berg&Dal in.
Net dalk sien ons mekaar op N4, maar ek twyfel. Ons trek so rondom 8h00 uit Brits, en dan ongeveer 2 ure later is ons eers in Middelburg omgewing.
Dan volg 'n noodsaaklike stop by Milly's om Grompie se pens vol te maak, en myne met 'n lekker toebroodjie en koffie te troos.
Maurts in Kruger 2025
Wessel on gaan die nag staan by Jukskeipark. Die eienaar bly blykbaar ook in die park.Maurits
Washbank is 'n lekker klein…
Washbank is 'n lekker klein en redelik stil oord. Daar was so 10 staanplekke asook die Lodge op 'n plaas geleë met gemengde boerdery en ook aartappels. Dit is net die 1 of 2 staanplekke wat baie laag was met al die ander so effens hoër, maar wel veilig volgens my. Regtig 'n plekkie om te besoek om rustig, stil te wees en niks te doen nie.
Sjef Maurits ...
... stuur vandag vir my die volgende twee foto's aan van sy kosmaak "skills" by Afsaal vanoggend. Ek kan nie wag vir sy lekker "brunch" hier in Krokodilbrug nie. Kyk net daai erns op die gesig om nie vroulief se kos te verbrand nie.

Maar dit lyk of Martie heel ingenome is met die brekfis wat die sjef vir haar voorgesit het.

Maurits in Kruger 2025
Vandag baie lekker dag gehad met onder andere my kwota renosters ook. Lekker galjoen gebraai met Wessel wat kom inloer. Hy het amper n stukkie geproe . Ek sal vir Chris vra om n foto te plaas Ek gaan dit binnekort self aanleer. Maurits
Galjoen in die wildtuin!

Ek is bly dat ek nie die enigste een is wat as simpel gebrandmerk word omdat ek vis braai in die wildtuin nie.
Mooi so Maurits. Ons Kaapse visliefhebbers kan mos maar ons ding doen.
In watter boek staan dit dat…
In watter boek staan dit dat jy nie mag vis braai in die bosveld nie, party mense braai dan net rooivleis by die see. Gaan groot en geniet daai vissie
Maurits se kietsie-kat
Maurits stuur gisteraand vir my die onderstaande foto.

Dit is van 'n jong katjie wat saans, terwyl hulle braai, op hul grondnet met die toue kom speel het. Hulle het hom na die kantoor geneem en daar word vermoed dit is 'n kruising tussen 'n mak kat en 'n vaalboskat.
Ons het tydens ons 7-nagte verblyf in Karoo Nas Park besoek gehad van 'n swart en wit huiskat en gewonder hoe dié daar gekom het.





Waschbank
Maurits het 'n klompie foto's van hul oornagplek (Waschbank) gestuur.