Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -1 hour ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -3 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -10 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -13 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -13 hours ago

Keuse van tru kamera

Irene
Submitted by Grootwind on
Forums

Die Sensation wat ek onlangs aageskaf het 'n HIKVision kamera agter gemonteer met bedrading wat by die A raam eindig (lyk soos AV proppe waarmee dit eindig). Dis dan seker redelik om te raai dat die vorige eienaar nie 'n draadlose (wireless) installasie gehad het en dat hy in sy sleepvoertuig die res (vertooneenheid) gehad het. Na 'n klomp dinkwerk voel ek dis dalk meer sinvol om die bestaande HIKVision kamera agter eerder met 'n nuwe te vervang en die hele installasie tot by die voertuig eenmalig uit te sorteer. Nou vir die groot vraag (eintlik 'n paar):

1. As julle 'n kamera installasie in julle wa het, watter ene, en hoe goed werk dit (nagsig, daglig, kleur?, beeld duidelik?)...wees asb eerlik!

2. Wat is beter, hard-bedraad ("wired") of draadloos ("wireless")? Ek weet party stelsels sukkel met 'n goeie sein tussen kamera en in-voertuig vertoon eenheid, ander nie (veral die wat draadloos is). 

3.  My persoonlike voorkeur sal draadloos wees bloot omrede dit 'n spul bedrading en gepaardgaande konnektor probleme uitskakel. Maar soos gesê, die draadlose stelsels het ook hulle eie probleme. As julle kon oorkies, sal julle weer dieelfde koop, of eerder iets anders (watter ene?)

Hoor graag van julle

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 16/01/2026 - 13:20

Ek is tans nie by die huis om te kan kyk wat die fabrikaat van my tru-kamera is nie. Pine Joubert (bekende in die Kaap vir installering van "movers") het destyds myne installeer. Dit is 'n draadlose (Bluetooth) stelsel. Ek het geen sein-probleme tussen die kamera en die skerm nie.

Ek vind net dat my skerm te klein is. Ek sou 'n groter skerm verkies. My seun het nou 'n stelsel in sy Penta (ook draadloos) laat installeer met 'n aansienlik groter skerm wat baie beter werk. Hy het egter 'n probleem met die kamera opgetel en dit word nou gratis vir hom vervang (onder waarborg).

My wa se kamera het in die reënweer wat ons April ervaar het toe ons noorde toe was, vog ingekry wat meegebring dat die glasie voor die lens wasig geword het en veroorsaak het dat my beeld op die skerm baie dof was. Nadat ek met Pine geskakel het en advies gekry het, het ek terwyl ons by Eiland Spa was die kamera oopgemaak en op die nate met silikon verseël ('n uiterste fyn werkie). Sedertdien het ek nog nie weer in die reën gery nie en kan ek nie terugvoering gee of my herstelwerk suksesvol was nie.

As ek 'n wenk of twee kan gee:

Kies 'n tru-kamera-stelsel met 'n groter skerm. En moenie die kamera te laag agterop die karavaan monteer nie - ten einde sproei in die "slipstream" van die wa (in reën) op die lens te voorkom. My seun s'n is hoog gemonteer terwyl myne net bokant die nommerplaat geplaas is.

Die eerste Bluetooth-kameras het blykbaar soms seinprobleme gehad, maar dié probleme is uitgesorteer met die modernes.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 15:13

...dophou en volg. 

Ek het 'n kamera saam met Kavango gekry, en alles is bedraad tot by A-raam. Die bedrading en skerm in Grompie ontbreek natuurlik.

Ek verkies ook die draadlose stelsel. Ek dink die koste van 'n stelsel word deur die skerm en gepaardgaande sagteware bepaal. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 16/01/2026 - 15:59

Daar is lekker lewendige gesprekke !! Op een afgekom wat weer die wetgewing beskryf, met of sonder kamera. .Jy is veronderstel om aan beide kante van jou voertuig en karavaan duidelik te kan sien tot 20m verby jou wa. Wat direk agter die wa gebeur is lyk my onbelangrik omrede die verkeer in dieselfde baan as jy is en dus nie in ń dooie kol nie. Dink maar aan ń groot trok wat ook nie direk agter hom kan sien nie.

Dan is die  Blue tooth se sein oor die algemeen te swak. Manne praat van 2,8 wireless ??? Ander weer van kamera en mobile hotspot en dan tablet as skerm. Verloor my met die. Blykbaar is dit sensitief vir ander apparaat in die omtrek wat dieselfde frekwensie gebruik.??

Nogals interessant is die wat wired sisteem as die beste beskou omrede daar nie ń tydinterval is soos by blootooth nie. Een persoon praat van dat dit gebeur dat ñ kar verbysteek, en jy kry eers ń sekonde of twee later die beeld. Wired is direk.

As ek moet, sal dit wired wees. Vir die " brand" sal daar bietjie rondgesoek moet word.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 16:13

Herman, daarvan gepraat. so word ek gestop laasjaar oppad willetuin toe. Stap die man so om Grompie en gaan staan vooroor gebuig, regs agter die woonwa. Ek sit maar die flikkerlig aan, trap die briek ensovoorts, want ek dog toe dis wat hy wil ligte nagaan..

Vra hy vir my waarom doen ek dit, hy wil net eers kyk of ek hom kan sien, want ek het nie die verpligte verlengde spieëls aan nie. Seg ek vir hom, dis nie nodig nie, want ek kan met bakkie s'n, verby die smal wa kyk.. Hy het my teësinnig sonder boete laat gaan.

Ek vermoed daar is baie persone wat padwaens [breed verby] sleep, sonder kameras en wragtig nie met voertuig se spiegels agter kan sien nie.

Kamera sal beslis baie help waar mens moet tru stoot en daar kan 'n Mini reg agter jou staan. Soms moet mens by 'n tolhek terugstoot. Marie moes maar uitklim en gaan kyk, beduie en lawaai.,  

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 16/01/2026 - 16:43

Die pas seker by Grootwind se tru kamera navraag. Het gou gaan lees. Indien jou wa jou voertuig wydte oorskry, is jy verplig om verlengede truspieëls aan te heg sodat jy spesifiek blinde kolle vermy, en veilig bane kan verwissel. Etc.etc. Tru kamera gaan nie die funksie kan doen nie, dit het op die meeste ń 180° hoek van direk agter die wa.

Om in ń staanplek in te trek, moet my co-pilot duens doen. Net vir bome en braaiplekke smiley Verder kan ek nie onthou waneer ek laas in ñ plek parkeer of gestop het met waentjie agter waar daar moet reverse word nie. Dan sal ouma ook maar moet kyk, alhoewel ek redelik goed deur Jurgie se agtervenster kan sien.  Sal dalk die shopping trolley direk agter platry.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 17:27

....laat ek gou jou geheue verfris. toe ons laas saam in KarooNP was, en julle op nr 3 in die hoek gestaan het.Julle het daar ingesleep, en voor ek kon help navigeer, het jy ou Jurgie daar in, agteruit gestoot.

Glo my, die woonwapark het in eerbied stil geword, laphoedjies gelig vir die ervare sleper met die pragtige Jurgens!!!   

jurgi

0
Pretoria

Slowstrike

Fri, 16/01/2026 - 17:51

Ek het ook altyd geglo in die "hard wired"kameras maar tegnologie gaan VOORUIT

Ek het hierdie stel gekoop van CJ Aircons wat ook die movers op die Exclusive gesit het.

Dis wireless en die kamera agter op die wa heg aan die wa met `n magneet. Hulle verskaf `n baie netjies plaatjie wat jy links bo vasgeg met 4 rivits waar jy die kamera aan vassit. Daai ding klou soos `n neut glo my. Kan dit afhaal sou jy iewers stop en die wa alleen gelos moet word.

Het die kamera getoets met voertuig wat loop radio aan en ek en die vrou beide op die foon en geen probleme nie. Ek het selfs die ding in die driveway afgestap so 35 meter weg van die skerm/receiver.

Ek stem met die kamera hoog geinstalleer myne is regs bo en dit gee `n uitstekende uitsig en die beeld is puik dag en nag.

Die battery is veronderstel om 12+ ure te hou op die kamera en hy kom met laaier kabels venster vasplak gogga vir die skerm teen die windskerm ens.

.

..

...

....

5

6

7

 

 

 

 

0
Pretoria

Geert

Fri, 16/01/2026 - 19:13

Ek het dieselfde as Chris Boucher....baie gelukkig. Het hom in Kempton Park gekoop....dink dit was R2400

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 16/01/2026 - 19:23

 ... is sommer 'n drek ding. Eerstens vibreer dit sodanig in die ry dat jy beswaarlik iets kan uitmaak agter jou. Die rekke wat kruis en dwars oor jou voertuig se gewone syspieëls gaan om die verlengde spieël vas te hou, bring mee dat jy nie jou gewone syspieëls sinvol kan gebruik nie.

My ou waentjie het nog 'n agterruit. Toe ek nog 'n Beekman-kappie opgehad het, was die agterruit van die kappie nie só verdonker soos die huidige Rhinocab s'n nie. Toe't ek die karavaan se gordyne, voor en agter, oopgetrek wanneer ek ry en kon dwarsdeur sien t.o.v. verkeer van agter af.

Nou't ek die tru-kamera op. Ek sien voertuie wat van agter af kom lank voordat hulle my inhaal. Dan hou ek so links as moontlik (as pad-omstandighede dit toelaat) sodat ek kan sien as die voertuig agter my wil verbykom. Terloops - ek ry met graagte links van die geelstreep as dit vir my veilig is, want ek wil nie verkeer ophou nie (ek sleep teen 90 kpu). Net so het ek groot waardering as ander motoriste vir my links van die geelstreep gaan (as dit vir hulle en vir my veilig is om verby te gaan).

Ek weet van die sogenaamde wetgewing, maar het my nog nooit veel daaraan gesteur nie en is gelukkig ook nog nooit gewaarsku, berispe of beboet vir die gebrek aan verlengde syspieëls nie.

Diegene wat nog nie met 'n tru-kamera gesleep het nie, sal nie besef watter uitstekende hulpmiddel dit is nie. Ek kan nie sien waarom jy verlengde syspieëls nodig het wanneer jy dit gebruik nie, want dit bied jou 'n wyehoek-uitsig na agtertoe.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 19:38

...is op die beste van dae 'n drek dink. Ek het 13 jaar daarmee gesleep, die dae van 'n Fleetline en Palma agter 'n Isuzu. Dit was so 'n verligting toe ek met breë Territory begin sleep het, geen ekstra spieels nie. Deesdae ook sonder ekstras, kort nog die kamera.. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 16/01/2026 - 20:17

Ek het nou nie meer 'n karavaan nie, maar ek het jare gelede op my Exclusive  se lugversorger-raam 'n plaatjie gemonteer waarop ek 'n klein tru-kamera (so groot soos 'n R2-stuk) gemonteer het. (Na my mening is die kamera van die koordlose model onooglik en te groot agterop die wa). Die bedrading daarvoor ( twee vir die beeld en twee vir 12v-krag) het ek onderdeur die wa tot voor by die A-raam deurgetrek.  Dan het ek ook die nodige bedrading vanaf die Pathfinder se trekstang deurgetrek tot by die kar se binne-truspieeël.  Die koppeling by die trekstang het ek dieselfde koppelstukke gebruik as vir die ligte tussen 'n sleepwa en die sleepvoertuig.

Myne het ek vir ongeveer 10 jaar probleemvry gebruik met te alle tye 'n perfekte beeld.  As ek weer moes kies, sal ek dit op presies dieselfde wyse gedoen het.

.

.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 16/01/2026 - 23:38

(ek sleep teen 90 kpu). Net so het ek groot waardering as ander motoriste vir my links van die geelstreep gaan (as dit vir hulle en vir my veilig is om verby te gaan).

Want behalwe ‘n trekker met ‘n sleepwa vol druiwe, wat ry stadiger as 90kph?

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/01/2026 - 06:52

....nou speel jy op dun yslaugh

Ek is ook baie bly as trokke op die N1 links van geelstreep ry sodat ek verby kan sleep met Kavango.   

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 17/01/2026 - 08:01

... ek wil nou nie blatant wees en "jou gat" sê nie. Ek sê eerder meer beskaafd met "u hol".

0
Worcester

Wildehont

Sat, 17/01/2026 - 08:28

Jammer Mnr Boucher. Sterkte by daardie aaklige oord waar julle tans moet ly. Gaan kyk bietjie hoe swak is die ablusie by die kampterrein. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/01/2026 - 08:30

Chris S: ek het geweet dat jy krap waar dit nie jeuk nie.

Chris B: Ek wou eintlik hom antwoord as volg, ek gaan baie Rangers wat Kavango's en Sensations sleep, verby.laughlaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 17/01/2026 - 10:03

Ek het reeds gaan loer in die oorgedoende ablusies - baie netjies. Dit is eintlik jammer dat al hoe meer mense hierdie puik oord ontdek. Ons wat hiernatoe kom moet eintlik ons bekke hou.

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 19/01/2026 - 18:17

Ek verkies die tru kamera met bedrading.  Myne werk 100%, maar as son op hom skyn, is hy maar nie lekker.  Ook as dit donker is is dit nie van veel hulp.  Maar lekker as ek gou moet terug stoot by n plek.  Navigator staan maar altyd agter as ek terug stoot in n kamp plek, want sy weet pappa is nie lekker met reverse.  Die kamera het lekker gewerk as ek navigeer vanaf N1 na N4.

Ek is al deur N2 spietkops by Grabouw afgetrek dan kla hulle ek moet tru spiesls he.  Dan wys ek hulle die tru kamera met die groot skerm.  Dan laat hulle my gaan. 

Lekker aand.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus