Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -2 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -2 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Meimaand saamgesels

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Noudat die gebruiklike maters nie die nuwe saamgesels registreer nie, doen ek dit maar.

Sjoe maar die forum is eintlik grafstil in die jongste tyd.

Kaap

Goeie Hout

Fri, 15/05/2026 - 08:20

Sterkte met jou Wildehont.  

Gewonder wat van jou geword het.

Mooi naweek vir jou.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/05/2026 - 16:31

Ai Chris, tydens die onlangse  storms, veral toe ek hoor Worcester loop kwaai deur, het ek baie aan jou en jou gesin gedink.  Ek het nou verneem julle het ook met skade deurgeloop en ek is baie jammer dat dit jou ook nou getref het. Verlede jaar en sover hierdie jaar wil die teëspoed ook net nie end kry nie.

Moed hou ou maat en positief bly, ek weet dis makliker gesê as gedaan, maar jou gesinnetjie kyk op na jou.  Baie sterkte om hierdeur te kom en ek sien uit om weer van jou hier op die forum te hoor.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 15/05/2026 - 16:38

Dankie dat jy laat weet het, Wessel. Ek ril om te dink dat dit erger kon wees en is dankbaar dat hy nie beseer is in die proses nie. Nou sal mens wonder of dit 'n losstaande afdak was. Indien nie, kan daar moontlik verdere strukturele skade wees. Ai tog, ek wens vir hom en sy gesin sterkte toe met die ontwrigting.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 18/05/2026 - 19:09

Gister oggend kom hier n Mossie bachelor by Voolie aanlê. Hy is in sy fleur met n swart streep op sy keel en net so mooi donker grys kol op sy bors. Dít ..is in Mossie terme vergelykbaar met ñ Kalahari leeu met pikswart maanhare. Testosteroon met vlerke.

Voolie het haar bes gedoen om hom af te sit. Vere uitgeruk, hom aan sy ledemate beetgekry, maar nee, hy het volhou. En so is die courtship voltooi. Sy gee in, hy kom sit langs haar, en sy gee die fynste chirpies vir hom. 

Nou is hulle twee ñ couple en die ander stoepmossies word verwilder. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 18/05/2026 - 19:53

....ek dog die term is "vlerksleep". 

Die natuur is darem eienaardig, pluk vere uit, skud aan die bene, en dan -----die fynste bevredigendste chirpies. 

Klink of Voolie effens soos barbaar grootgemaak is.laughdevil

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 18/05/2026 - 20:30

Neef Herman, dis nou 'n goedvoel storie. Die prentjie is so pragtig geskilder - ek kan sommer die "handsome bachelor" sien en is baie dankbaar dat dit die verloop van Voolie se lewe is. Wat sou gebeur as die huiseienaar gedink het Bachelor is te vaal vir Voolie? Dubbelloop....?

"die ander stoepmossies word verwilder" - net miskien beteken dit dat dié twee nie planne het om ver te trek nie. Ek sien uit na die vervolg en sal saam kleintjies grootmaaklaugh

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 19/05/2026 - 06:48

Mooi storie Herman en hoop hulle" live happy ever after."

Enige nuus oor ChrisS? 

Van vanoggend af is ons weer aanlyn met krag en water. Was rof die laaste 10dae maar die son skyn weer. Gelukkig was ons geholpe en kon bietjie uithelp in die buurt. Weereens les geleer om maar voorsorg te tref en vandag gaan die water en krag permanent gekoppel word dat dit net kwessie van oorskakel is. Die gerondskarrel werk nie.

Ja nou is die partye wat die geleentheid aangryp weer baie aktief. Nou moet ons vir hulle stem wat alles gaan regmaak in 'n japtrap. Vergaderings word gehou en beloftes is baie.

Hulle was almal bewus van die probleme maar het net vingers gewys en self niks gedoen nie. Toe hulle daarop gewys word is die monde skielik baie dik.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/05/2026 - 08:14

Vanoggend met hom gesels. Die ou is van mening dat omdat hulle nie binnekort gaan kamp nie, hy eers onttrek van deelname hier.

Hy het hulle Kruger vakansie gekanselleer. Boonop het hy by werk en huis veel ophande na storms in Worcester.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 19/05/2026 - 09:00

Wildehont moet steeds saam kuier....sy insette is altyd waardevol. Ek self is deesdae skaars op die kampeer tereine....probeer daaraan werk. Hier is klompie wat glad nie meer kampeer nie, wat hul karavane verkoop het, maar geniet steeds hul insette en hul ervarings wat hulle hier met ons deel

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/05/2026 - 17:28

Goeie hout, die fotos op internet lyk nie te sleg nie. As ek van die plek geweet het, sou ek eerder daar oornag het. 

Dit behoort seker veilig te wees in die dorpielaugh

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 20/05/2026 - 16:38

Goeie dag almal.  Hoop almal is warm.  Kaap bly nog droog.  Hoop die Worcester en Bonnievale boere is ok.  Ons moet drank he.

Ek soek raad.  Volgende jaar se binnelandse toer.  (Wessel jy kan maar n dingetjie vir my oopmaak.  Goeie Hout se Noord en Oos Kaap toer 2027.

Ons ry uit Kaap slaap by Marcus Kraal, dan 2 nagte by Strandfontein.  Daarna reis ons via Van Rhynsdorp na Williston toe na Tannie Annie se oornag plek.  My vraag is:  Van Williston, is daar n geteerde pad wat lei na Sutherland.

Ek soek raad.  Dankie manne en dames. (Rona).  Lekker aand vir almal.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 20/05/2026 - 21:24

Goeie Hout soek raad, nou sit die ligte aan, dan help ons jou soek. Ek grap sommer net. Ek is seker iemand sal kan help. Maar as tannie google nie weet nie sal dit maar moeilik gaan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/05/2026 - 13:19

...hoe gaan dit daar onder die Swartberge?? Het julle al Eskom krag, en was julle al dorp toe.??

Ek het video gesien van Oudshoorn, en dit lyk of daar ook baie skade kan wees.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 22/05/2026 - 13:47

Eskom nog af.  Die paal wat saam afgegly het se gat is ge- jackhammer en die nuwe 13m 840kg paal lê daar naby. En hier val die torretjie van sy plankie af. Blykbaar is die enigste uitweg om dit met ñ Chopper in die gat te lig. Die volgende stap na die oplig is nog nie duidelik nie.  Normaalweg sal dit 4 tydelike ankertoue kry en dan vasgestamp/ beton of whatever word.  Maar.. om die anker toue te beheer en teen die skuinste mooi in plek te kry, met die erge klomp wind wat die Chopper ondertoe blaas...kort nog n plan. 

Ek onthou in ons grensopleiding tyd hoe die Chopper pilots ons omtrent van die aardbol afgewaai het waneer ons opklim en afdonner  inoefen.

Verder kap ons aan. Môre dorp toe, ñ pad is droog genoeg. My wyn raak min.... deesdae bring Neef baie donker, en dus ledige ure, voor die kaggel deur met ñ glasie byderhand.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/05/2026 - 13:18

ek lees nounet van die 2 toeriste wat se liggame aangetref is in Kruger. 

Die inligting is tipies Sanparke maar skraps. Dit het gebeur in 'n deel waarna verwys word as Nxanatseni Noord. Ek vermoed dit is in Pafurie en  Crookes corner omgewing. Wat dit vreemd maak, is die feit dat hulle voertuig weg is. 

Ek raai hulle het in stropers vasgery, is vermoor en stropers het sommer voertuig ook gevat.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 23/05/2026 - 16:32

Sekerlik net 'n kwessie van tyd gewees voordat stropers (wat blykbaar uiters geweldadig is) en toersite in 'n konflik situasie sou kom? Dit sal sekerlik 'n uiters nadelige effek op veral buitelandse toerisme getalle hê.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/05/2026 - 19:36

Ek hoop dat meer inligting bekend gemaak word. Soos, is dit plaaslike of internasionale toeriste. 

Ek wonder hoe is voertuig uit die wildtuin uit, is dit 'n 4x4 wat deur die veld en rivier kon beweeg, of 'n gewone voertuig wat deur 'n amptelike grenspos of Krugerhek moes beweeg.

Ai tog, ek sê altyd, Kruger is die plek waar ek altyd baie veilig voel.   Hierdie voorval was glo wel in Pafurien area.Verlede jaar het ons gery na die Makhadzi piekniek terrein , naby die Giriyondo grenspos, tussen Letaba en Tsendze. Ons het nie eers uitgeklim nie, het plek 1 kyk gegee en gemaak dat ons wegkom. Jy kon die die skelmgeit sommer aanvoel. dis selde wat my hare rys as ek in Kruger rondbeweeg. Die plek was absoluut verlate, geen personeel, maar baie voertuigspore. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 24/05/2026 - 06:05

Ek sal ook graag meer wil weet, maar as daar net lyke gevind is en niks meer nie, is dit moeilik om te bepaal. Daar word gepraat van pouchers...is daar diere in omgewing wat vermoor is...bloed merke? In suide is heelwat kamaras geinstalleer op kruisings teen anti pouching....is dit in noorde ook so? Sou moordenaars by n ingangs hek uitgegaan het, moes hulle papier werk by hek gewys het, maar toeriste los ook hul pspierwerk in kar, so moordenaars kon met slagoffers se papierwerk tue park verlaat het. 

Daar sal baie vrae bly wees, maar sien dit as n ernstige saak. KNP is n wêreld wye toeriste aantreklikheid, as sulke gevalle honself gaan herhaal, gaan dit baie skade doen

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 24/05/2026 - 07:21

Sien dat dit 'n egpaar van Mosselbaai is wat vermoor is. Die lyke is naby Crook' s Corner gevind. Groen Ford Ranger is nog weg.

Die egpaar het ook eiendom naby Hoedspruit. Ander toeriste het op hulle lyke wat vol steek wonde is afgekom. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus