Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -25 minutes ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -3 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -3 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -3 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -4 hours ago

Meimaand saamgesels

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Noudat die gebruiklike maters nie die nuwe saamgesels registreer nie, doen ek dit maar.

Sjoe maar die forum is eintlik grafstil in die jongste tyd.

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 12/05/2026 - 11:49

 Great minds think alike laugh Ek kan verstaan dat mens nogals lief kan raak vir dié ou - praat van Giep.

Goed om van jou te hoor. Dit beteken dat jy darem nog geanker is en die storms oorleef.

Baie dankie vir die insluitinglaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 12/05/2026 - 12:04

Dankie vir die goeie bedoeling. Dit sal net vir my beter wees om as een van die trop geklassifiseer te word. Wat as tien van my soort begin saamklets?? Die naamlys gaan lank raak. Ek hoop nog altyd daarvoor, maar is gemaklik in enige geselskap (solank ek nie gevra word vir resepte nie - my cooking skills laat veel te wense oor)laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/05/2026 - 12:49

sal ek nie aanbeveel nie. Veral nie waar tuine natgemaak word nie. Dit vorm sulke poeperige wortels net onder gras/grond en geringste wind stoot dit om. Dan het hulle daai vreeslike dorings, wat maak dat kinders nie daar kan speel nie. 

Ek is oortuig daar is mooier inheemse bome wat daar sal aard.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 12/05/2026 - 15:06

Ja dit is Giep daai. Beste vriend wat ek nog ooit gehad het.

Al om die Lapa het ek bááie bome geplant. Ek sal die lys maak en eendag plaas. Als inheems tot ñ Kameeldoring wat nou al 10 jaar oud is, van ñ saadjie ontkiem, nog net so 6 duim hoë bossetjie. Hy het besluit om sy tyd te vat soos dit sy soort betaam.

Meeste bome kry hul skenker se naam. As mense kom kuier en vra wat kan hulle bring, dan sê ek kom ons plant ñ boompie saam. So kan ek almal daagliks sien in my gedagtes as ek en Giep daar dwaal. My vorige ou vriend Richter lê daar tussen ñ klomp mooi Geelhoute met sy grafsteen van klip, self sy naam uitgebytel. Spesiale groot klip naby waarop ek kan sit en remenis.

So die Papierbas plant is uit en uit selfsugtig. Ek hou van die bome, het 2 ander hier by die huis waarvan ek nou sade het. Baie gehard vir koue. Dan sover dit kinders betref wat daar dalk gaan speel. My kleindogters is nog so dekade of so weg van voortplanting.  Teen die tyd is die boompies dalk so 5 tot 6m hoog en nie hulle kan dit dan afsaag. Ek sal seker nie daar wees om beswaar te maak nie.

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 13/05/2026 - 17:16

So is die hele Sedgefield vanaf Maandag oggend sonder elektrisiteit en die voorspelling is dat dit hopelik Saterdag herstel sal wees.

Verneem dat Stilbaai dieselfde is. Dat dit die spreekwoordelike 100jaar vloed/storm is aanvaar ons maar die verskonings wat nou deur Eskom gemaak word hoekom dit so lank neem om te herstel is nonsens. Daar is net nooit onderhoud op die kraglyne gedoen nie en dat servituut wat veronderstel is om skoon gehou te word is nou vol bome wat op die drade val. Nou kan hulle ook nie meer by die beskadigde plekke uitkom nie en daar moet eers pad gemaak word. 

So wag ons maar. Die son gaan môre weer vir die eerste keer die week sy kop uitsteek so sonpanele kan batterye hopelik weer vollaai.

Maar is nog steeds dankbaar vir min skade. 

 

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 13/05/2026 - 18:34

Ons is nou 10 dae sonder krag. My Solar is klein, maar ons bestuur dit goed. Vrieskaste en yskaste kry voorkeur. Wifi permanent aan, ons Vodacom toring ook al 10 dae af.

Dan was ons uiteindelik heeltemal afgesny met paaie wat verspoel is. Vanmiddag is n grondpad sodanig herstel dat ons met ñ lang draai op die dorp kan kom.

Vandag met my manne bome gaan afsaag wat bure se paaie blokeer het. Ander bute het gaan paaie regmaak. Ons klomp hier staan goed saam. 

 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 13/05/2026 - 18:41

Daar is darem steeds hooplaugh Ons kinders in Tulbagh was sedert Sondag sonder krag. Vanmiddag so kort na 2 kon die ligte weer brand. Ek dink baie aan julle in die mooie Suid-Kaap en is saam dankbaar dat julle self nie te veel skade het nie. Geniet môre se sonskyn.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 13/05/2026 - 19:52

Ai Neef en Jan, ek dra julle las.  N gedeelde las is n ligter las.  maar back in the days to ek "article" to stap die manne in en se ons in nou in beheer........as ons in Karoo kamp vertel ek die hele storie....

WOW need 10 dae, welgedaan. En Jan, sterkte.  

Vandag was n ligte blou in Kaap.  Koud maar lekker.  maar ek is n Mei maand bab, so ek hou van winter.   Worcester is blykbaat nie so lekker.

 

lekker aand manne en dame (rona)

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 13/05/2026 - 20:07

Dankie vir die wense Rona, Goeie Hout en Herman.

Net weereens 'n bewys dat daar voorsorg getref moet word vir sulke tye. Dit het goed met ons gegaan want voorsorg vir water die is getref. Nie sulke lang kragonderbrekings verwag nie. Sal plan maak vir die toekoms.

Moet bieg het sonpanele en twee inverters maar net die een waarmee ons altyd gekamp het is opgekoppel en in werking. Les geleer.

Wessel - bly julle is veilig. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 13/05/2026 - 20:23

Goeie Hout. Giep is my hond, en so ook Richter wat onder die Geelhoute lê. Giep kry sy naam van my oorlede broer wat op 21 jarige ouderdom oorlede is. Was staandemag. Sy bynaam was GP of soos ons Oupa hom genoem het Giepie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 14/05/2026 - 10:37

Meeste van die berig is te klein - kan dit nie lees nie, so gaan kyk ek toe wat die Middelburg Observer daaroor sê. Daar was skynbaar groot verwarring en ontsteltenis in Middelburg Mpumalanga vanoggend - die feit is uitgelaat in die kennisgewing dat 'n skool met dieselfde naam wat sluit in die Oos-Kaap is. Tekort aan fondse, wat baie jammer is.

0
Pretoria

Geert

Thu, 14/05/2026 - 11:21

Ja...is Middelburg in Oos Kaap. Ongelukkig maak forum se stelsel foto's kleiner wat dit onleesbaar maak...ek WhatsApp vir joi

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 14/05/2026 - 12:45

Was net so ontsteld. Middelburg hoërskool in Oos Transvaal. Ousus het daar matrikuleer. Ek is gebore in Middelburg, was daar op laerskool. Pa het n roadhouse gehad baie naby aan die Hoërskool se hek.

Marn's Steak House. Vakansies was hy 24uur oop vir die Wildtuingangers wat langsaan by Enslin garage brandstof volgemaak het. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 14/05/2026 - 20:15

is te stil. Indien iemand onlangs kontak met hom gehad het, laat weet asb. hoe dit met hom en sy gesin gaan. Worcester het ook erg onder die storm deurgeloop.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/05/2026 - 21:59

Rona, ek het kontak met hom en hulle het skade gehad. Paar bome omgewaai en sy afdak het mee gegee onder wind. Hy was onder die afdak, maar het nie seer gekry nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus