6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wimpy Kruger 2026 Geert -22 minutes ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel ons is amper daar.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Voortrekker.... Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Lakeview Lodge and Camping

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Enige iemand ondervinding/kennis van hierdie oord naby Nelspruit?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/10/2026 - 17:48

Rona, dit lyk heel OK op hulle webblad. 

Jy kan nie dalk met 'n dokterbesoek eers gaan inloer voordat jy bespreek nie??

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 05/10/2026 - 18:24

ek het die webblad gesien en dit lyk heel netjies. Wat mens nie kan sien/weet nie is die veiligheid. Ongelukkig nie meer tyd nie - ek moet blyplek kry vir komende week.

Pretoria

Geert

Mon, 05/10/2026 - 18:40

Ek ken nie Lakeview nie...dit wat ek op cp. Com lees is al 2010...het toe nie goed geklink nie. Oorkant die pad wasr jy afdraai na Hippo, is Rockview....kan miskien daarna ook loer

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 05/10/2026 - 19:04

Ek kon niks ander inligting opspoor nie, so sal ek dan eerder nie afdraai Lakeview toe nie. Rockview kan moontlik werk.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 05/10/2026 - 21:06

... etlike jare gelede - as ek reg onthou was dit 2015. Ons was op pad terug vanuit die wildtuin en my ver kinders moes Kaaptoe vlieg vanaf Johannesburg. Ons (ek en Ralie) het in die karavaan oorgeslaap by Lakeview en my kinders anderkant die pad in een van hulle chalets. Laasgenoemde was blykbaar nie té "bad" nie, maar hulle karavaanpark het my geensins aangestaan nie (ek kan nie meer die detail onthou nie). Ek het destyds die besluit geneem - hulle sien my nie sommer weer nie. Maar wie weet - dalk het dit heeltemal verander/verbeter.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 05/10/2026 - 21:57

ons het self in 2001 vir 'n aand in 'n chalet daar oorgebly. Dit was redelik goed, maar ons het laataand daar aangekom en baie vroeg weer vertrek, en gevolglik nie aandag gegee aan die res nie. Wat ek en Daan wel albei onthou, is die "heining" - so 'n lae, slap, geroeste doringdraadjie. Dit was wel 25 jaar gelede en moontlik is dit intussen opgeknap. Sal dalk die moeite werd wees om met tyd daar 'n draai te maak en mens self net weer te vergewis.

Pretoria

Geert

Mon, 05/10/2026 - 23:04

Mens ry basies verby hierdie plek as mens Hippo toe ry. As jy afdraai vanaf N4 op die grondpad na Hippo....net as jy oor die Krokodil rivier ry, is plek op jou regterkant. So dis naby aan N4....nog voor jy daai T-aansluiting kry jy links draai na Hippo. Ek weet self nie hoe is kampeer ervaring daar niemap

Pretoria

Geert

Mon, 05/10/2026 - 23:18

Dit klink na n goeie keuse. Ek sien hulle gradering is 4,8 uit 5....gemiddeld van 82 resensies op Lekkeslaapls

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 05/10/2026 - 23:20

Ek het dit verlede keer gesien op pad na Hippo. Kan dit in gedagte hou, sou ek nie reg kom by Rockview nie. Verder is daar baie naby aan die N4 op dieselfde pad is ook 'n naambord van Die Stoor. Dit is eintlik 'n trou venue, met skynbaar 'n paar kampeerplekke. Aangesien ons nie veel verwysings het nie, dink ek om vir eers te volstaan by Rockview. Klink darem asof hulle veiligheidsbewus is - hekke sluit om 9 uur saans om dié rede.

Pretoria

Geert

Tue, 06/10/2026 - 14:24

Terugvoering wat ek elders gelees het oor Lakeview....September 2025.

Colin Attwell

September 23, 2025 at 8:25 am 

Shabby campsite, not being well looked after, weeds and unmowed grassed stands. Ablutions old but adequate, cleand daily. Water supplied to campsite is taken from the dam and not filtered or treated, not suitable for human consumption, bring your own drinking water. Entry to the camp brings you through a dump area for old broken domestic machines and other junk. Limited view of the lake from the campsite. Bird life prolific which is a positive. Ask where to connect your electric cable as some sockets are specifically reserved for the long term residents and are metered prepaid sockets. Some long term campers have very scruffy sites creating a degraded feel to the place. Pub and restaurant on site can be rowdy on weekends, but far enough from the campsite to not be a problem. Close to town and shopping.

Overall Rating

 

 

 

Hospitality

 

 

 

Service

 

 

 

Pricing

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 06/10/2026 - 14:39

As daar nog enigsins twyfel was, sê hierdie Bly Weg!  Dankie vir die voorstel van Rockview. Sal laat weet hoe dit daar gaan, maar op die oog af lyk dit na die beter opsie.

Waardeer jou terugvoer.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus