Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -2 minutes ago
Water November 2026 Geert -1 hour ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -3 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Aard verwarming

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on
Forums

Ons praat so van Ape wat mense van hul kos roof. Toe dink neef dat hy n klein stukkie wat hy waarneem met julle deel.

Om so op die rand van die samelewing te bly, kry mens baie tyd om waar te neem wat nie almal beskore is nie. Die ander dag ontkiem ek n klompie Ana en Kameeldoring saad. Hulle is nou so hand hoog, en elke dag loer ek die vordering,  wat eintlik nie waarneembaar is nie. Nou die wat die Ana ken weet hulle groei in massiewe groot bome veral in rivierlope, selfs daar in Namibia waar die riviere selde vloei is hulle reuse. Hoekom raak hulle  so groot, en daar merk ek met die vreeslike warm weer op, die Ana vou sy blare toe soos n Kruidjie roer my nie sodra dit erg warm word !!! Die ou Kameel staan maar en vat die pak slae.  En dit is hoe Ana sy transpirasie verminder.. Oubaas het bome nie dieselfde gemaak nie.

Nou vir die stukkie wat hartseer maak. Paddas is n baie goeie barometer oor die toestand van die omgewing,  die ouens is baie sensitief. Die paddas hier kraak altyd so lekker as dit gaan reen, en snags as ek wakker word luister ek graag na hulle. Hier is n dammetjie onder my huise vir paddas, platannas en kurpertjies. Al die voels vang en vreet, tot die Otters kom loer in. Paddas hiberneer in die winter, kruip onder n klomp gras of iets in, en sit en wag daar vir warm weer.

Paddas drink nie water nie, absorbeer deur hulle velle, so bly gehidreer deur die vog van die omgewing.  My paddas het opgedroog die winter,  ek kry gereeld wat biltong geraak het. Anerdag kry ek een wat se bene en ogies al droog is, maar die pensie met organe in is nog sag, toe huil ek so bietjie.

Groetnis. 

 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 16/11/2018 - 21:06

Neef dankie vir jou skrywe, vertel gerus nog.  Ek het nogal gedink ons sal iets uit die unieke en ander oogpunt kry van jou wat op die rand van die samelewing bly.  Wat sien en beleef  jy nog?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/11/2018 - 21:46

Herman - goed waargeneem. Dit is vir my ook lekker om hier waar ons woon, die Kaapse fisante, kolganse, tarentale, skurwepaddas en vele meer dop te hou. Wat ontstellend is, is die sigbare afname in Kaapse suikervoël-populasies ('n bedreigde spesie).

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 17/11/2018 - 02:03

Herman, dis nou interessant.  Ek stem saam met Voories, jy kan gerus nog vertel.  Ek weet jy kyk met annerster oë wat sulke dinge raaksien.   Wys sommer vir ons foto's van die interessante goed daar om julle plek.

Nou hoekom het die paddas nie vog gekry in die winter nie.  Oor die droogte?    Ek het nog nooit geweet 'n padda drink nie water nie!!  Gaan soek hulle nie eers water as hulle begin "uitdroog" nie?  

Gisteroggend het ek 'n lang wurmagtige dingetjie gesien op die teëls in my eetkamer.  Ek dink dit was 'n tipe slak, maar sonder 'n huisie?  Ek het hom maar net gelos.  Later sien ek 'n streep, oor 'n mat,  soos hy geloop het (of geseil het).  Dit was nie in 'n rigting om buitentoe te gaan nie.  Shame, ek hoop hy het uitgekom, op sy eie.   Dalk het hy van Van Stadens af saam met ons teruggekom huis toe.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 17/11/2018 - 07:41

Sjoe oom Neef, wys jou net hoe verskillend ons aanmekaar gesit is. Wens ek het so n gawe gehad om deur sulke oë na die wêreld te kan kyk.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 17/11/2018 - 08:27

Neef, ek wens ek kon so na aan die natuur gelewe het soos jy.

Die mens, seker nou nie almal nie, is die groot probleem. Die mens met sy selfsugtige wyse, is die probleem.

Ons kan die natuur deel, maar ons het n ding wat alles oorheers wat die dier nie eers van weet nie. Die woord GELD. Die mens jaag geld en gee nie om wie of wat daar onder lei nie. Kyk maar net hoeveel spesies het al uit gesterf.

Die renoster is seker volgende op die lys. Dit alles omdat daar geglo word in "stront"

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 18/11/2018 - 16:00

Anton, dit is nou so warm hier daar hang al klaar niks meer op die wasgoed lyn, wil so half lyk of almal die "Comandos" ge-join het??

Ek kla nie, noem maar net.

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Mon, 19/11/2018 - 22:38

Neef, dankie, man. Dit was vir my, wat in Jo-hies bly nou baie leersaam.

Hier by ons hoor ons nooit paddas nie, maar het 'n gesonde voolbevolking. Ons voer hulle elke oggend en aand.

Van Kraansduiwe, vinke, mossies, Jan Fredrikkies, Tiptolle, Laksmanne, Swart en wit vlieevangers, Lysters. Gevlekte Houtkappers, Glasogie en selfs twee swart Suikerbekkies kom gereeld kuier. Tortelduiwe en ringnekduiwe is hier ook volop.

Ja julle. Ons leef hier tussen vier mure op 'n 490 m2 erfie met 'n lekker huis en 'n donkie-verhitte swembad.

So maak ons almal die beste van wat ons het, ne?

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Mon, 19/11/2018 - 22:47

So van Aardverwarming gepraat. Ek leef nou al vanaf Des 1976 hier in die plek en het nog nooit sulke hogere temperature ervaar nie.

Ry vandag so 2 uur na 'n customer in Sandton toe. Die temp. meter in die bakkie wys 35 grade.

Normaal vir Jo-hies , as dit warm raak is max 30 grade gewees so 10 tot 15 jaar terug.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 20/08/2026 - 08:01

My dogter stuur gisteraand 'n paar foto's van die Donourivier wat teenaan hulle dorp verbyloop. Ou Calarasi-inwoners het dit nog nooit gesien nie - die rivier wat so te sê tot stilstand gekom het met slyk wat op die oppervlakte gedy. Naby aan hulle dorp is 'n "ferry" wat Roemenië met Bulgarye verbind. Ons het nog onlangs (Mei 2026)  die Donou met dié "ferry" gekruis. Volgens my dogter het die "ferry" diens tot stilstand gekom omdat die watervlak te laag is.

Ek het gou op Chat GPT geloer oor die rede. Dit word aangegee as uiters lae reënval in die opvanggebiede (wat baie groot is en oor verskeie Europese lande versprei is) asook uiterste hoë tempersture.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/08/2026 - 11:48

Volgens wat ek lees in hulle koerante, is dit net so droog rondom London, ook met baie riviere wat wegdroog.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 20/08/2026 - 12:09

Die maters het seker al gelees van die Super El Nino wat die weer so vreeslik beïnvloed. Erens gelees, kan nie onthou in watter land dit is nie, is daar n rots in een van die groot riviere wat" The rock of starvation" genoem word. Waneer dit sigbaar word, dan is daar misoeste en hongersnood, histories waargeneem. Wag dit dalk op die horison.

Daar word verwag dat Suidelike Afrika ook n groot droogte kan verwag die somer maande met baie hoë temperature. Voel maar so bietjie onrustig oor voedselsekerheid van die wêreld. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 20/08/2026 - 12:20

Die rots is by Budapest, Hongarye, in die Danau rivier.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 20/08/2026 - 13:10

Ek het gou gaan kyk wat sê Chat GPT van die Rock of Starvation en die volgende gelees:

RoS

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/08/2026 - 13:43

...het ons seker nie sulke bekende [berugte] merkers in riviere en damme nie. Nie sovêr ek weet nie, wat ek wel weet as dit 'n Super El Nino jaar gaan wees, gaan ons baie riviere/damme se gat[t]e sien.

Klink my Kaapstad metropool is klaar bekommerd oor lae damvlakke en min reën.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus