Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -43 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Beurtkrag ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek merk verskeie opmerkings oor beurtkrag oral in die land danksy gebrekkige bestuur by Eskom.

Hier by ons in Kaapstad geld die volgende :-

"Loadshedding

Please note: Eskom has implemented stage 2 loadshedding. However, due to spare generation capacity, the City has suspended loadshedding.

Loadshedding power outages generally last for about 2 hours and 30 minutes, with one area being affected at a time during stage 1 and up to four areas being affected at a time during stage 4. Help to reduce the electricity load and risk of loadshedding by switching off all non-essential appliances, including your geyser, where possible."

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 05/12/2018 - 07:01

Ek hoor die beurtkrag gaan vir 5 jaar aanhou?   Is dit waar of 'n wolhaar storie?   Ai tog, is daar dan niemand wat iets omtrent die situasie kan doen nie?   Ek hoop nie ons bereik 'n stadium waar daar vir dae aanmekaar dalk nie krag gaan wees nie.   Of, erger nog, sommer permanent.laugh

Ons het 'n kragopwekker maar die brandstof daarvoor kos jou nogal heelwat.   Mens kan dit nie elke keer aansit as die krag afgaan nie.  Nie dat dit altyd nodig is nie.  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 05/12/2018 - 07:32

Ons stoof werk nog op esdom krag, en my vrou het begin met koekies ens. bak, sy moes gister halfpad op hou, want sy was bang die beurt krag mors met haar😈

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 05/12/2018 - 07:44

Antie, nee ek het nog nie daai 'rumor" gehoor nie.

Ek twyvel of daar waarheid in steek, nou die dag gehoor dat dit dalk vroeer as wat ons gedink het sal ophou maar beslis nie voor die naweek nie?

Ek vind wel dat dit heelwat gebeur dat waneer dit moet af wees dit glad nie afgaan? hou maar my baterye vol, het 'n inverter dan kan ek darem op die internet kom en ook die printer gebruik, anders sal dit my erg pla met die werkies wat ek ingekry het.

Ry netnou  Naboom toe om 'n klient te gaan sien, en dan moet ek maar weer kom sweet!

0

Ek het so 10 jaar terug vir my  n back-up plannetjie gemaak as EKSDOM sy regte klere sou wys, wat toe ook nou gebeur het as n direkte gevolg van die Zuma kriminele era.

So as almal krag het dan spite ek vir EKSDOM en sit sommer my eie krag af!!

Die reels se mos dat jy so nou en dan biki load moet gooi op jou buck-up siteem om die keelgate oop en geolie te hou.

Om hulle verder af te p&s het ek ook alle elemente met gas vervang en om regtig spitefull te wees maak ek sommer vir die hel daarvan kos by kerslig.

Heel romanties.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 05/12/2018 - 08:38

Ek het vanoggend maar vir my 'n 7 KW kragopwekker bestel. As dit nie nodig is om dit aan te skakel tydens gewone beurtkrag-onderbrekings nie, dan staan dit maar. Maar met Eskom se uiters benarde finansiële situasie het ek besluit om myself voor te berei vir indien die papaja behoorlik die "fan strike".

Dit sal vandag die eerste dag sedert verlede Donderdag wees wat ons nie geraak sal word deur beurtkrag (indien Fase 2 weer ingestel word) nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 05/12/2018 - 08:41

Oom Frik, so bek moet jam kry.

Ons weet mos almal ons woon in Afrika, dan weet mens jy moet voorsiening maak?

Gister in Nylstroom by 'n baie lekker restaurant {Peppe's} gaan eet. Gesels ek so bietjie met die eienaar oor die beurtkrag en hoe dit hom vang, nee wat hy reken ook dit pla niks nie, het lankal voorsiening gemaak.

Hy vertel my toe, as mens weet dinge kan gebeur, het jy twee keuses;

Jy kan voorsiening maak vir probleme - of jy kan sit en kerm as jy nie besigheid kan doen as gevolg van krag onderbrekings of beurtkrag.

Ja ek bessef sulke goed kos mens 'n paar R, maar dit is seker baie beter as om jou besigheid te laat stilstaan en dan te moan??

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 05/12/2018 - 20:35

Johann ek is nie so seker of Zim ons wen nie......  Iemand het eendag geseg Zim se verlede is SA se toekoms....  

 

Daar sal net nie so baie SA burgers in Zim wees soos wat daar Zim burgers in SA is nie...  

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 05/12/2018 - 22:24

Ek het ook maar die voorsien ding gedoen.

Dit gaan ook maar meer oor die werk van die huis ding.

Ons is tans 7 staflede en as die krag af is verloor ek redelike man ure. Het toe maar n fris nuwe Generator aangeskaf 22 KVa. om ons aan die gang te hou.

Ek het uitgewerk as generator 29 ure geloop het, breek ons gelyk met die koste van die generator. Ons staan nou op 101 ure.

Ons kantoor trek redelik baie krag. 8 rekenaars, 25 skerms, paar printer en groot printer, wat op sy eie 1000 W trek. 2 Aircons, ketel, yskas, geyser, ens. Hy is op my huis gekoppel en daar trek hy nog n geyser, 3 aircons, 11 yskas/vrieskaste en gewone huis goed. Stoof is gas. Yvonne se catering goed.

Op vol krag kan hy so 85 Amps hanteer.

As daar nie gewerk word op kantoor nie, sit ek hom af van 12 uur die aand tot 6 uur die oggend. Dan hardloop ek 14 LED ligte van n selflaai kar battery. As hy op 25% hardloop, gebruik hy 1.5 L diesel per uur. Vol krag 6 L per uur. Sy tenk vat 180L diesel.

Ek het nog n back-up sisteem met 4 x 105 A batterye en 2400 W (24 volt) inverter. Te lig vir kantoor.

Moet begin kyk na solar ook.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 05/12/2018 - 22:28

Die meneer. Weet nie hoekon foto op sy dak lê nie. HeHe

Seker Eskom se skuld.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/12/2018 - 05:11

Ja hier in petrol dorp krag baie aan en af het klein kragopweker gekoop gaan ook oor na gas stoof en geyser wat sal n ou maak

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Thu, 06/12/2018 - 08:22

So pas weer gesien ons het van 13:00 tot 15:30 en 21:00 tot 23:30 nie krag nie.

Gee nie om vir die 21:00 sessie nie, maar die 13:00 sessie maak dat ek nou erg agter raak met installasies hier by die skool wat beteken ek werk in die vakansie ook nog.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 07/12/2018 - 14:32

Colin het gister op TV, of iewers, gehoor, die beurtkrag gaan aanhou tot Maart 2019, miskien langer.  Kyk, dit mag dalk nou en dan lekker wees om so op te snork sonder elektrisiteit maar ek vermoed dit gaan al hoe minder lekker raak soos die tyd aangaan.

0
Johannesburg
Profile picture for user WilleWillemien

WilleWillemien

Sat, 08/12/2018 - 04:42

Moet seg. Dit pla my nie eintlik nie.

Met die gasstoof in die kombuis kook ons al is die krag af.

Ek het ook 'n 7 kw kragopwekker vir ingeval ons krag moet he.

Dit is wel lastig as ek op ander mense se werwe werk en die krag gaan af. Dan down ons maar tool of ry huistoe en gaan haal die gennie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus