Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Goeie hout se Onderrok
Dis darem nou fyn brag, nê!! Leersitplekke bedek 'n mens nie. Wel, ek sou nie.
Ek het in my Isuzu leersitplekke gehad, 13 jaar gehou sonder probleme. Effense krakies waar die KBB [kort blaker brigade] in/uit skuur, was die enigste skade.
Dit het goed gewerk om my spannetjie groot te maak, omdat 'n klam lap so lekker skoonmaak. Daar is ook 'n produk Wynn's Leathercare waarmee ek nounog my sitkamerstel gereeld invryf/aansmeer. Dit hou die leer lekker soepel en gevoed.
My Ford Territory het ook leerbekleedsel gehad, na 10 jaar ook geen slegplekke nie.
Ek was maar net versigtig vir die Allie kam in gatsak, die klinknaels in 'n Jean, en hard gestyfde opgeslaande hempskrae,sulke goete kan krapmerke laat. 😁😁
Waarskuwing:
1] Leersitplekke kan lekker brand, as die son daarop geskyn het, soos by parkeerplekke.
2] Hou eerder nat/klam see-baaibroeke af van die leer, sit op 'n handdoek. Anders gaan jy Leather care aansmeer. Aan die sitplekke met grootmense, aan die blakers met kleinkinders.😁
. .
Geert o Geert....
Die ironie is komies;
Die water tenkwa in Waterkloof.
So jammer om van jou probleem te hoor, alles dui daarop dat julle nie 'n DA burgemeester gaan hê nie.
Len...
...lekker om van jou te verneem, al is dit nou om ons te vermaak met die voordele, gerief en genot om in DA-land te bly.
Ek wil liewer nie politiek bespreek nie. Ek kan nie glo wat die president alles opdis aan 'n intellektuele gehoor in Silicon Valley nie. Iemand moes hom vooraf gewaarsku het dat in daai geweste die meerderheid persone oor meer as 'n 30% slaag syfer beskik.
1997 Isuzu
spesiaal vir Goeie hout, my 260LX met Palma oppad Kruger toe.
Dit was die brosjure/advertensie ISUZU model en kleur met bekendstelling in 1997.






Hallo Almal en Wessels
Goeie more almal. Ek het weer raad nodig asb.
Zuzie het materiaal sitplekke opgehad. Toe sit ons 4x4 materiaal sitplekke oor dit om mors te beperk.
Nou het Onderok leer sitplekke. Wat se die geleerde manne. Kan ek daardie 4x4 matriaak sitplekke oor leer sitplekke oor sit.
Vra maar net raad van die geleerde meesters en die blou bul.