Algemene Inligting
Resensies
Dit klink sowaar uit die…
Dit klink sowaar uit die boonste rakke. Ek is nie so bekend met die Natalse kus nie, ek aanvaar dit lê noord van Durban?
Algemene Inligting
Dit klink sowaar uit die boonste rakke. Ek is nie so bekend met die Natalse kus nie, ek aanvaar dit lê noord van Durban?
Villa Spa
So 400m verby Natalia se hek is die 4 ster juweel met 44 staanplekke. 43 en 44 het bietjie see uitsig.
Na baie wik en weeg het ons besluit om hiernatoe te kom Desember.
Met ons aankoms is ons deur vriendelike personeel ontmoet wat sommer dadelik koffie gereël het. Werkers het ons na ons staanplek geneem, die wa reg gedraai, tent opgeslaan en met 'n vriendelike "enjoy your stay" verdwyn. Hulle hef wel 'n fooi as hulle help afslaan
Staanplekke
Lowergroen gras en baie koelte bome. Ons was so net tot 11h00 in die son.Staanplekke is baie ruim met elkeen se krag en water baie naby. Dreinering is ook baie goed. Kragtoevoer is baie stabiel en hulle vra ekstra as jy aircon gebruik. Het in al my kamp tyd nog nooit buite krane so sien blink soos hier nie! Dit is ook een van die stilste oorde waar ons nog was.
Ablusies en opwasgeriewe
Al wat ek kan sê is - gaan kyk self. Daar is baie vername oorde wat 'n blaadjie uit hulle boek kan neem oor netjiese, skoon ablusies, of jy nou 05h00 of 23h00 daar kom.Opwasgeriewe is altyd skitter skoon
Strand toe
Jy stap so 4 minute tot op die strand, oor die treinbrug waar 'n wag permanent sit. Geen lewensredders nie en die naaste is Natalia se strand so 600m weg.
Kinders
Daar is oorgenoeg vir die kinders om te doen. Buiten die swembad en Volleyball baan is daar klimrame vir die kleintjies en is daar ook 'n speletjieskamer, TV kamer en 'n klein biblioteek met boeke wat jy na hartelus kan lees.
Ander fasiliteite
Daar is 'n tuckshop met net die nodigste. Die kroeg/ koffiekroeg by die swembad bedien ook wegneem etes. Die Pick n Pay is so 5 minute se ry weg.
Sekuriteit
Die park is omhein en toegang werk met tags by die hoofhek en 'n kode by die strandhek. Ons het die hele tyd veilig gevoel.
Waarde vir geld
Beslis ja en ons het klaar vir April bespreek
www.villaspa.co.za