Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -2 minutes ago
Netwerk24 Media24 se koerante en… Chris Boucher -23 minutes ago
'n Nuwe gunsteling?? Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -29 minutes ago
Hoe lekker lag ek nou Goeie hout se Noord & Oos… Goeie Hout -1 hour ago
Nes jy sê Goeie Hout. Ek kan… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -1 hour ago
Geniet ook Netwerk 24… Media24 se koerante en… neef Herman -1 hour ago

Onrus woonwapark

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Na aanleiding van Goeie Hout wat komende Desember ALWEER Onrus toe gaan, het ek gou na tariewe gaan loer.

Ek weet nie wat ander oorde se Desember tariewe is nie, maar Onrus s'n lyk baie billik, duurste plekke teen R750/nag.

In vergeleke met Dwarswegstrand se duurste seefront tarief van ~R1300/nag, is dit darem 'n groot verskil. 

Ek het ook al 1 keer by DWS buite seisoen gekampeer, en dit is weliswaar 'n netjiese plek. Tog wonder ek skielik, is daardie eksklusiwiteit by DWS, daai tarief werd. 

Ek kan my indink dat as Onrus vol beset is, kan dit seker 'n besige plek wees, veral daardie massiewe ablusie blok. Ons was amper alleen daar op nr 68, en Marie was bang vir daai groot ablusie blok.

 

Kaap

Goeie Hout

Sun, 25/10/2026 - 19:20

Onrus kan besig raak.  Dit word n probleem as jy dan na die MALL moet gaan in die begin van Hermanus.  Enkel pad oor brug.  Daar staan jy etlike minute.  Ek het gednik ons gaan die jaar nader aan my ver kind staan.  (Strandfontein) Maar Navigator het ander planne.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus