6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Goeie hout se Noord & Oos Kaap toer 2027

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Op versoek van Goeie hout begin ek die gesprek vir hom.

Hy soek raad oor 'n teerpad wat Williston en Sutherland verbind. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/05/2026 - 16:58

....jy soek wors in hondehok. Ek kon nie teer verbinding kry met Google maps nie. Jy het al tevore die pad gesoek

Kaap

Goeie Hout

Wed, 20/05/2026 - 17:05

Dankie Wessel.  Baie bly jy kon help.  Dankie vir die nuwe draad.

Ek voel sommer heel belangrik nou.

Swaer Dirk se altyd die toer begin wanneer jy begin beplan.  

Kaap

Goeie Hout

Wed, 20/05/2026 - 17:07

Hallo almal.

Hier is die voorlopige toer program.  Navigator moet dit finaal afteken.  Ons gaan in April dit doen.

Dag Dag Vanaf Na
1 Donderdag Goodwood Marcus Kraal (geepos)
2 Vrydag Marcus Kraal (geepos) Strandfontein
3 Saterdag Strandfontein Strandfontein
4 Sondag Strandfontein Williston  0834566527
5 Maandag Williston  0834566527 Kambro (Lekker Slaap)
6 Dinsdag Kambro (Lekker Slaap) Camdeboo
7 Woensdag Camdeboo Camdeboo
8 Donderdag Camdeboo Addo
9 Vrydag Addo Addo
10 Saterdag Addo Addo
11 Sondag Addo Addo
12 Maandag Addo Storms rivier
13 Dinsdag Storms rivier Storms rivier
14 Woensdag Storms rivier Storms rivier
15 Donderdag Storms rivier Victoria Baai
16 Vrydag Victoria Baai Victoria Baai
17 Saterdag Victoria Baai Victoria Baai
18 Sondag Victoria Baai Bontebok
19 Maandag Bontebok Huis
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/05/2026 - 17:35

Goeie hout

Ek sal jou baie sterk aanraai om Camdeboo net as 'n 1 aand oorslaap te gebruik, behalwe as julle gaande is oor museums.

Ruim eerder tyd in om Bergkwagga toe te gaan by Cradock. Dan is julle sommer op regte pad na Addo.

Kaap

Goeie Hout

Wed, 20/05/2026 - 21:20

Dankie Wessel.  Die kamp terrein is 30 kilos weg van teerpad.  10kilos is grondpad.  Is daardie grondpad ok vir Fleetline.

Groete

Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/05/2026 - 06:47

...onthou vir 'n lusmaker, gaan lees weer my toerverslag;

Strydoms se Sanparke toer, bladsye 6 tot 10.

Ek het daardie stukkie grondpad baie goed gevind daai jaar. Daar was ook baie padwaens in die kamp. Soos Chris B egter noem in die gesprek, mens kan die pad ook in swakker toestand aantref.

Aangesien dit net 10km is, sal ek dit waag met 'n padwa. Ek sal net my spoed aanpas by die heersende padtoestand. Dis elkgeval binne die park, so jy mag maar stadig [20km/hr] sleeplaugh 

Kaap

Goeie Hout

Fri, 22/05/2026 - 15:14

Dankie Wessel.  Ek het gaan loer.  Gaan Berg Kwagga defnitied oorweeg.  N mens kan seker ook die wiele biekie afblaas van karavaan vir n minder skud gevoel.  Wat se die geleerde manne.

 

Lekker naweek almal.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 22/05/2026 - 16:17

Goeie hout, jy kan seker die wa se wiele effe afblaas, om veilig te speel. Jy moet tog met vertrek na Addo deur Cradock ry, waar jy weer kan oppomp. Van die hek af tot in dorp is 'n katspoegie.

Hoe hard pomp jy normaalweg die wa se bande?? Ek sal eerder stadig ry op grond, eerder as om met papper bande die sywalle aan klippe bloot te stel. dit is nou as die bande nie versterkte sywalle het nie, soos party bakkie-bande. 

Kaap

Goeie Hout

Wed, 27/05/2026 - 20:35

Navigator wil nie Berg Kwagga toe gaan oor stof straat.  (Happy wife happy Life)

So 2 aande by Cambdeboo.

Baie rustig daar wees.

Wil die kerk weer gaan ondersoek.  Was mos n prediker.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/05/2026 - 21:42

Daar is baie museums, en natuurlik die Vallei van Verlatenheid. As julle hou van natuurskoon, moet julle soheentoe gaan.

Lekker beplan 

Pretoria

Geert

Thu, 28/05/2026 - 05:47

Lyk na lekker toer. Ek was nog net op 3 van die plekke op jul beplande reis, so ek kan nie veel ervaring en voorstelle hier deel nie. Addo het ons baie geniet...dit het vir ons n wildtuin gevoel gegee, maar net mooier versorgd. Ek lees op die ander forum van iemand wat nou daar was dat hul besig is om die pad vanaf Paterson na Addo oor te doen....so hul maak reg vir jou besoeklaugh. 

Stormsrivier het in ons harte gekruip....net jammer dis so ver vir ons. Ons geniet dit net om so te sit en na die see te staar.....veral as see so onstuimig raak

Een van ons lekkerste kampe was Victoria baai. Die uitsig was vir ons baie spesiaal. Ek dink die feit dat ons geen wind daar ervaar het vir die 7 dae nie, het dit ekstra lekker gemaak. Mis daai gesellige strandjie met die restaurant. Op watter gedeelte gaan julle kampeer daar?....daar is 3x areas....die een met privaat ablusies het die mooiste uitsig.

Geniet die beplanning

Kaap

Goeie Hout

Thu, 28/05/2026 - 19:39

Geert, toe ek nou lees toe kom die vraag op, watter terras moet ek vra.

 Western Terrace, Railway Terrace of  Sea-Breeze Terrace.

Ek weet nie watter een.  So jy kan dalk help.  Ons neig na private ablusie blok.

Dankie vir die hulp.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/05/2026 - 19:43

...het 2 of 3 strate vol museums. Jy begin by ene en kry 'n inligtingsblaadjie met al die info.

Ek kan nie meer die verskillende museums se name onthou nie.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/05/2026 - 21:34

Goeie hout, gaan na die inligtingsburo en kry brosjures en ander info daar.

Dit is in die straat wat na die kerk toe gaan, seker die hoofstraat.

Kaap

Goeie Hout

Thu, 04/06/2026 - 18:21

Daardie foto van julle met die liggies.  Ek sweer dit is Victoria Baai se webwerf.

Dankie vir jou hulp.  Westelike deel en op staanplek 24.

Hoop jou handdoek is skoon op die foto.  Grappie.

Het jy nog daardie jockey wiel helper.  Help dit.  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus