6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -4 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

Tent Pale die deel op die grond

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Wie van julle kry dat die paal met die tyd deur die plastiek doppie druk wat onder aan die paal is ?

Wat ek doen dit.

Ek sit eers die die prop in wat binne die pyp gaan en dan die een wat oor die pyp gaan.

Abc Plastics cc

.

Dan is daar ook Stock Cap

.

Vaalpark

Johann L

Tue, 26/02/2019 - 20:22

Dankie Willem, ek het juis om daai rede, vir my baie dikker rubber proppe gekry. Dit veroorsaak nou dat my ring penne (die wat ek gebruik het vir wind) nie meer so lekker pas nie.

Ek weet nie of jy dir naweek my nuutste "toue" gesien het nie, (tie down straps met ratchets), dit wetk soos 'n droom.

0
Centurion

Dusty

Wed, 27/02/2019 - 04:25

My platiek proppe is nog heel. Ek maak nooit die toue so styf nie. dit moet darem nog effens kan beweeg. te styf kan veroorsaak dat die tent skeur. My 2c

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 27/02/2019 - 09:32

Stoffel, ek het my metode van die anker toue span verander, waar ek jare terug 45° gegaan het met die ou tent pale, anker ek nou, soos jy seker gesien het, baie naby die regop paal, die pale span styf genoeg weg, al wat ek nodig het, is 'n stewige afwaartse trek. Wind roer nie daai pote nie.

0
Pretoria

leeu

Wed, 27/02/2019 - 10:14

Ek het ook gesien vandat ek die maxcon penne gebruik met "carabiners" het ek ook nie meer 'n probleem dat die paal skuif of optel nie, sommer 12 gekry.

Hulle slaan ook makliker in die grond as die ou penne. Dis regtig die geld werd.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 27/02/2019 - 10:28

Ratcet straps
Hier kan mens net-net die ratcet tie downs sien. Die goed trek daat poot VAS op die grond.

Ek het 'n stel van vier by Outdoor Warehouse vir R299.00 gekry, dit het 'n breek krag van 400Kg.

0

Daai plastic goeters wat onder die paale gaan.......... Ferruls, Ons vervaardig hulle

By die honderd duisend vol..

Ronnes...

Square....

In-drukkers....

buite om 

alle grootes van klein gooitjies tot so duim en n quart..

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 13/05/2022 - 17:28

Ek het vandag my pale wat ek gebruik om die kante op die grond te hou van hierdie op gesit om net 'n reguit pen in te slaan. (Skies ek sien nou die foto is effe uit fokus)

.

Toe ek die "end caps" afhaal toe wonder ek wie doen dit ook soos ek.  Gelukkig doen ek eers 'n soek en wraggies ek het dit reeds met julle gedeel Februarie 2019.

.

.

Maar hier is dit meer duidelik wat ek bedoel.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 13/05/2022 - 17:41

Ek maak nooit die toue so styf nie

Vir my is dit nie die geval nie eerder as die grond sag is en die pale druk in die grond, dis wat ek ondervind het en daarom het ek dit so begin doen.  Baie jare terug, seker so 2001 toe ek nog die Regal gehad het.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 14/05/2022 - 02:50

Willem ek verstaan nie so lekker nie, gaan jy die penne in slaan, en dan die haak deur die ogies druk?

Soos ek dit verstaan, kom die ogies onder op die grond. 

As dit nie te moeilik gaan wees nie, gaan dit 'n goeie idee wees.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 14/05/2022 - 10:24

Johann, ek steek die paal deur die onderkant van die kant seil en op die punte slaan ek net 'n reguit pen aan elke kant in.  Die onderste twee foto's is een waar ek hom op die Exclusive gebruik het en die ander een op die 3B, daai grys rekke werk nie lekker nie maar nou sal ek dit nie meer nodig kry nie.

.

.

Hoop dit maak nou meer sin.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 16/05/2022 - 07:37

Hennie, ek het gevind die pyp druk deur die "end cap" dit is hoekom ek eers die binne een insit en dan die buite een, dit verhoed dat die pyp deur die buite een druk.  Kan nie onthou waar dit baie gebeur het nie, seker by die kus waar die grond/sand sag is ? 🤷‍♂️  Die grond het dan in die pyp op gedruk.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 16/05/2022 - 08:59

Mens kom dit nie maklik agter nie, maar omdat ek altyd my pale en penne was terwyl ek opslaan het ek dit gesien en plan gemaak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus