Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -2 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -3 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Pretoria

leeu

Fri, 01/03/2019 - 06:31

Goeie môre, geniet julle naweek. Sterkte Anton ek is al klaar in Johannesburg in die kantoor, loop darem bietjie vroeg vanmiddag. Ek gaan uit vandag en sal hopenlik 'n draai gaan maak by Comet in Boksburg. Demetri by Jurgens het my gou gehelp om reg te kom met 'n LED vervangings lig vir die classique, waar die ander ou campworld takke nie eers wil rondskakel nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 01/03/2019 - 06:36

die ander ou campworld takke nie eers wil rondskakel nie

Ek is bly jy het reggekom. Dalk moet ons 'n lys maak van al die campworlds wat weier om Jurgens Ci eienaars te ondersteun?   Dan hoef mens te luister na al die stories en navatiwiteit nie, en ook nie jou tyd mors nie? 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 01/03/2019 - 07:03

Môre sê al die forum manne en vroue.   Ek hoop julle voel puik vanoggend en dat dit 'n puik dag vir almal gaan wees.

Dit is naweek, so ontspan daai boude maar....

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 01/03/2019 - 07:44

Dis waar Hennie, en steeds verkoop hulle daai Jurgens waens en maak geld met die "brand" ek verstaan dat Jurgens hulle amper ook toegemaak het, maar waar is die lojaliteit?

Maar hulle 2de handse waens is 98% Jurgens produkte?

0
Pretoria

leeu

Fri, 01/03/2019 - 07:48

Die probleem nou is ons moet verder ry want daar is nie meer so baie takke soos voorheen, om elke hoek nie. Ek ry vandag Boksburg toe, Comet het 'n baie groot winkel, dink hy is die grootste van hulle takke.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 01/03/2019 - 07:56

Môre kampeerders

Kan die forum 'n soekgeselskap uitstuur, in die army het ons dit 'n KSP genoem, om verlore troepe te vind.

Arie: Hoop dit gaan goed met julle

Len: Is alles wel met jou beplanning en voorbereiding vir wille tuin? 

Groete

Wessel

 

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 01/03/2019 - 08:02

Het julle al koffie of tee gedrink indien nee skink hom geniet hom lekke dag vir almal vrede

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 01/03/2019 - 08:42

Het toe my "Friendship potjies" gister gekry by Heilbron, sal hulle toets die maand.

z

Julle moet n wonderlike Vrydag en naweek beleef.

Die wat kamp geniet en ry veilig en die ander gaan groot.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus