Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 minute ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 minutes ago
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -1 hour ago
Veilig tuis ??? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -4 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 09/03/2019 - 07:18

Dit het oor die afgelope 30 uur 25 mm gereën hier! Wat 'n seen. Netnou, so 45 min gelede, breek hier 'n donderstorm los soos wat ek lanklaas beleef het. Dis net blitse en die oomblik wat dit blits slaan die donder dat ons ore tuit en die reën val dat dit by die inrypad afstroom. Te wonderlik. En soos Freda sê word daar oor die volgende 2 dae nog voorspel.

Mag julle 'n wonderlike dag beleef.

 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 09/03/2019 - 08:22

Len, hoop jou vrou is sommer gou weer op die been. Dit was darem n lang operasie.

Ons was alweer sonder krag vir amper 10 ure lank. Sien die mense is al so gewoond daaraan hulle kla nie eers meer nie en aanvaar dit so. Ek is lus en brand "tyres"

Geniet julle dag 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 09/03/2019 - 09:06

Môre sê Kampforum.

Ons het ook gisteraand reën gehad, maar nie veel nie, maar als lyk sommer weer vars vanoggend.

Sterkte Antie, jy is vroeg op ?

Geniet julle dag in vrede.

0
Middelburg

Noel

Sat, 09/03/2019 - 09:20

Goeie more maters.  Len, baie sterkte en voor spoed vir tannie Annetjie en God se genade is baie groot vir julle.  Anton, voorspoedige vlug terug na jou beskawing met die beskermende engele. Geniet julle Saterdag vandag!! 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 09/03/2019 - 13:32

Goeie middag Kaampforum-maters !

Ons forum-vriend Lappies/Lapskag/Johan Labuschagne ry môre sy 10de Argus.  Vandag blaas die suidooster en gaan môre blykbaar ook redelik waai, maar na die draaipunt met die terugkomslag het hulle die wind van agter.  Johan is een van 34 000 fietsryers, die grootste fietsren in die wêreld!  Sterkte Johan, hoop jy geniet dit.

By die hospitaal vorder dinge darem na wense.  Sommer weer eens dankie aan almal vir die beterskap-wense.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 09/03/2019 - 16:54

My 10de een se nommer is geel daarom die teddie dan ook. Maar die teddie is spesiaal vir my, is Nellie se geskenk gewees toe sy 2 jaar terug baie siek was en gespaar is vir ons

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 09/03/2019 - 18:56

Geniet dit!

Ons het nou so 35 mm reën gehad en dit reèn steeds. Te wonderlik. Ons gaan nou varkworsies braai om saam met dik groetesop te eet -regte reènkos.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 09/03/2019 - 20:18

Lappies sterkte vir die trap môre, geniet dit.

Stuur groete daat Len en sterkte met die herstel.

Nou eers terug na nog 'n verjaarsdag braai.

Luister darem weer na Noddy.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 10/03/2019 - 03:46

Goeie more almal.

Len, is ook saam met julle bly dat dit al beter gaan daar. Herstel na n operasie is baie belangriker as die operasie self.

Lappies (Johan) stetkte vir jou vandag. Glo dit sal goed gaan en geniet dit.

Koffie het soos stroop geloop soos wat Shaun altyd vertel.

Anton geniet jou tuiskoms vandag.

Lekker rustige sondag vir ieder en elk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus