Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -2 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -3 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago

Maart 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Eerste dag van Maart. Die tyd begin nou vlieg.

Lekker dag vir elkeen.

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 06/03/2019 - 02:23

Ek gaan nog so n driekwart uur hier in die sitkamer sit en dan gaan ek maar klaar maak en kantoor toe gaan.

Die koffie loop soos stroop soos wat Shaun sê

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 06/03/2019 - 13:20

Goeie middag Julle pragtige mense en andere, dit is mos so dat ons kampforum mense vir mekaar omgee. Dan is dit my plig om julle gebede te vra vir Len en sy vrou Annetjie, sy gaan donderdag in vir n nood rug operasie, en ek dink dit is baie nodig dat ons aan hulle sal dink.

Ek is oppad Kaap toe die naweek en ek en Len het afgespeek om te ontmoet en hy het toe die nuus met my gedeel. Maar ons sal ander plan maak Vrydag en gaan dus inelk geval saam kuier, al is dit by die hospitaal of self sommer op die randsteen sal ook reg wees.

Len sal my vergewe maar hierdie saak is nie ligtelik nie, baie sterkte vir julle met die operasie Len en jy wat daarbuite moet sit en wag en weet nie wat daar binne gebeur nie. Is daar deur en glad nie lekker nie.

Dankie dat ek dit met julle almal kan deel hier waar ons mekaar altyd lekker groet en saam koffie drink. Ek dink op die manier gaan almal more saam Len en Annatjie wees en hulle versterk.

Groete

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 06/03/2019 - 14:11

Lappies dis nou lekker.  Ek het al die voorreg gehad om bietjie saam met Len en sy vroutjie te kuier.  Hy is darem 'n baie aangename mens, ek verlang sommer nou bou baie na hom.   Stuur asb groete en geniet dit! smiley

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 06/03/2019 - 16:33

Lapskag, dra asb ook die Slotte se goeie wense (ons sal more vir haar bid) aan Len oor. Hy het so iets op sy wild tuin draad genoem, maar ons is bly iemand van die forum sal hom persoonlik sien en ons ondersteuning aan Len en Annetjie oor dra.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 06/03/2019 - 21:18

Johan (Lapskag) en andere, baie dankie vir julle boodskappe en sterkte-wense met my annerhelfte se rugoperasie môre.  Ons is vol vertroue vir 'n suksesvolle prosedure.

Johan, ek sien ook baie uit daarna om jou Vrydag hier iewers naby die hospitaal te ontmoet voor jy Sondag die Argus aanpak. (Ek weet die toer se naam is nie meer Argus nie, maar almal praat nog daarvan !)

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 07/03/2019 - 02:58

Goeiemôre almal!   Lekker dag vir almal!  smiley​​​​​​

Vandag moet ek Da Nang toe gaan in sentraal Vietnam.   Van daar sal ek Saterdag terugvlieg Singapore / Suid Afrika toe. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus