Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -3 minutes ago
Water November 2026 Geert -1 hour ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -3 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Mooi Boskamp naby Naboom

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on

Frik Pretorius vertel op FB van hierdie diamant van 'n kampplek wat hy ontdek het in Limpopo so met die Avontuur Fiets Kampe wat hy doen.

Kom aaan Frik! Vertel ons van hierdie kampplek asb!

afafaf

Baie dankie vir die plasing van die foto's Jonika want ek is te stupid met dit.

Entlik kort daar nog heelwat fotos om reg te gee aan die artikel want kamp is kamp, of ek dit nou op my fites doen of saam met die gesin in die boswa, dit bly kamp!

Ewentwel, laat ek julle vertel van die lifelike kampplek wat ons opgespoor het en dit sal selfsugtig wees van my om dit nie met julle te deel nie.

Ek moet meld dat as jy van boskamp hou, die bosveld, stilte, wilde diere en jakalse wat jou wors kom steel van die rooster af is die plek net vir jou, en nee, jy hoef nie Botswana toe te ry vir die ervaring nie.

Vervolg.........

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 21/08/2017 - 08:33

Frikadel, dit lyk mos nou na regte, egte kamp.   Ek glo dit is 'n heerlike avontuur en admireer mense wat kans sien om dit te doen.   Ek moet sê, dit lyk of 'n ou se voete kan uitsteek by daai klein tentjie.laugh

0

Kwart oor sewe kom ek totaal verkluim aan by die Petroport waar ek en en my swaar mekaar ontmoet vir ons lekker avontuurjie na Limpopo. Ons bespreek nooit plek as ons so met die fietse toer nie want as jy doen is jy so half gebind en word jou verkenning tog en wanderlust biki aan bande gele.

As ons dus nie plek kry om n kop neer te le nie doen ons wat die manne sal roep "stealth camping" op n afgelee plek en leen net n boer se koelteboom vir n nag en as die boer die slaap uit sy oge vee trek ons weer 80 kilos verder sonder die geringste teken dat ons daar was.

vervolg....

0

Ons besluit toe dat ons in die algemene rigting van Naboom Spruit sal ry want ek wou sommer weer net n mooi woord in my gedagtes gaan se vir n vriend van my wat deur kanker waggevat is, Lodie De Jager.

Kom toe aan na vele stoppe in Naboom, bring my hulde aan my maat en besluit met die koue dat ons n vuur nodig het en sal gaan aanklop by n oord in die omgewing. Met stealh camping maak jy nie vuur nie want dit gee jou teenwoordigheid weg.

Op daai stadium begin my hand toe nou ook lol waar ek die operasie gehad het en die word toe nou lekker ongemaklik seer.

Ry toe van Naboom af so algemene rigting noord en kom toe aan by die Olifant kompleks/karavaan park en besluit dat ons sommer daar sal bly vir die Saterdag.

Nou die Olifant vir die wat weet is nou nie juis n gegradeerde kamp terrain nie en gaan praat met die eienaar.

Hy stel toe voor dat ons die boskamp gebruik vir die res van die dag en aand - seker gedink die bikers gaan moeilikheid maak en lawaaierig wordangel

Hy laai toe al die hout, en ander proviante wat ons by die Olifant sentrum gekoop het goedgunstelik op sy quad en se ons aan om hom te volg na die boskamp........

Die boskamp is toe amper drie kilos van die Olifant karavaanpark af op n ander stuk grond van 80 hektaar wat hy gekoop het, omhein het en vol wilde diere gemaak het.

Vervolg........

0

Ons kom toe aan by n groot hek wat gesluit is met n ketting, maak die oop en volg hom op n mooi stuk grondpad deur die bos tot ons by die boskamp uitkom.

Hy gee toe vir ons die sleutels van die hek en is toe vort (die hek bly altyd gesluit en is die toegangshek tot die plasie en die boskamp.

Wat vind ons toe daar toe die man wegry en die stilte op ons toesak - niks behalwe ons, stilte, trekker rim wat dien as vuurgat waterkraan, netjiese kragpunt met vier proppe (die blou tipe prop) en die mooiste klein ablusie, modern met n toilet, wasbak en stort en natuurlik die mooiste bosveld bome, baie wilde diere en dis dit.

Die plekkie word uitgeboek aan n groep van tot 12 siele en die koste is R 400.00 per nag.

Nou as vier gesinne gaan met vier waens gaan dit jou R 100 per nag kos, belaglik goedkoop.

Die plek kan bereik word met n gewone sedan en padwa.

Sodra ek my boswa se tent gekry het by Howling Moon sny ons n lyn terug na daai plekkie toe!!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 21/08/2017 - 09:55

Frik dit lyk of julle dit ernstig geniet het, jammer die hand het gepla, hier is twee screenshots hoe om fotos te laai.

Foto2

Foto1

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 23/08/2017 - 11:57

Dis nou my tipe kamp puik geen maul naby nie

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 09/05/2018 - 07:39

Frik, ons en die kinders met hulle gesinne het so paar jaar terug by Olifant se boskamp gestaan, baie lekker soos jy noem.

Daai tyd het die ablusie nog met 'n donkie gewerk vir warm water, die eienaar het die hout vir die donkie voorsien.

Ek het destyds op die ou Wegsleep forum fotos geplaas van die kamp.

0

Nee kyk Arie, daar gaan nie veel aan nie, maar dis wat n mens soek, rus en vrede met net die bos om jou.

Voorie, Ons gaan Serindepity besoek, n wildsplaas, kamp en 4x4 entoesias venue, sal fotos neem en dit hier kom plaas.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 10/05/2018 - 17:12

Ook 'n baie lekker plek, as dit die een is wat ek onthou, net so verby Naboomspruit?

Lekker 4x4 roetes daar, ons het paar keer daar gaan kamp met die boswa.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 12/12/2018 - 04:02

Frik update asb die draad n bietjie met n foto of drie van 2018 met jou en ysterperd waar julle was wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus