Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Pretoria November 2026 Geert -1 day ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Municipality

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

So is ek gister by ons municipality om prove of Residence te kry. Vetel die dame sy weet nie wat ek bedoel nie sy se wat is die proof lang storie kort ek gaan op na tweede vloer en gaan in by n kantoor waar ek binne minute gehelp word. Hoekom sal jy iemand aanstel om met publiek te werk, maar die weet nie wat hy/sy doen nie, jy praat engels met hulle dan vra hulle  please talk  English to me I do not understand Afrikaans wow mokket

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 30/08/2017 - 09:38

Ja, dit is 'n groot grap ?  angry

Mens kan net soveel op jou tande kners, moes juis myne laat op bou want dit was tekort om te eet.  Dalk is valstande 'n oplossing ?  laugh

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 30/08/2017 - 10:30

ONBEVOEG.......  ONGELETTERD ...... ONBESKOF.... ONINGELIG ..... ONVOELDOENDE OPVOEDING......  

Dit is dan wanner ek in tale spreek.......  N engels soos wat hulle nog nooit van gehoor het nie.. 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/08/2017 - 10:47

Kalmeer Deon, jou hart gaan dit nie hou nie !

Onbevoeg, ongeletterd, oningelig, gebrekkige opvoeding :  dit is alles gevolge van armoede en armoede is weer die gevolg van werkloosheid en werkloosheid weer die gevolg van 'n vrot ekonomie en 'n vrot ekonomie is 'n gevolg van geen ekonomiese groei nie en geen ekonomiese groei is die gevolg van 'n onaantreklike ekonomiese klimaat in Suid-Afrika. 

Dus sê ek tot vervelens toe : werkloosheid is die kernoorsaak van ons land se probleme.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 30/08/2017 - 11:35

Ek het heeltemal n ander siening as jy daar oor Len maar gaan nie baie tyd daaraan verwyl nie.

Net die volgende.

Toe die boere hier gekom het was daar nie mooi teerpaaie, groot winkels en mooi duur Duitse motors nie. Inteendeel Oom Jan is juis hierheen gestuur on n "MALL of the CAPE" te kom bou.

So n jaar of wat gelede is daar onder n sekere groepie besluit om nie hulle kinders skool toe te stuur voordat hulle nie ook mooi teerpaaie het nie.  Al wat ek hieruit kan aflei is..... MOOI TEERPAD DOM KIND......  Dit is juis daardie kind wat die toekoms moet ingaan en vir die mense by die stadsraad se office loop help.  Dit is daai kind wat jou rekening vir jou water en elektrisiteit moet saamstel dit is daardie kind wat die dokter van die toekoms gaan wees.  Dit is daardie kind wat.......

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/08/2017 - 15:39

Deon, jou eerste kommentaar :  jy is dalk reg, maar miskien moes dit nie die laaste een gewees het nie maar wel die eerste een !

Jou voormelde kommentaar : die afbrand van skole, klinieke, busse en treine is vir my eweneens 'n baie dwase en dom ding om te doen, juis omdat dit die infrastruktuur is wat die armstes van armes broodnodig het.  Die mense wat sulke dinge doen het beslis nie 'n gebalanseerde, nugtere uitkyk op die lewe nie wie se intelligensie hulle liederlik in die steek gelaat het. Die vraag is nou natuurlik wat sou die rede gewees het hoekom het hierdie dwase, dom mense se intellek oor jare heen nie ontwikkel tot op 'n vlak waar hulle nie so dwaas sou optree nie ?  Die antwoord is voor die hand liggend, maar bly moeilik om te erken.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 30/08/2017 - 16:03

 

Die antwoord is voor die hand liggend, maar bly moeilik om te erken.

Len die antwoord is nie so duidelik soos wat dit dalk mag lyk nie. In die laat 50's kon mens met n VW deur Afrika rys op grotendeels teerpaaie.  

Daardie paaie bestaan nie meer nie. Die infrastruktuur was wel daar maar is vernietig. Die hoofpad deur die DRK is ’n modderpoel. Daar is nou weer paaie in aanbou deur die Chinese , wat ook weer buitestanders is.  Die Chinese doen ook nie die goed verniet nie.

Ek dink nie dat ons die voor die hand liggende rede kan aanvoer vir die gebeure in die res van Afrika ook nie.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/08/2017 - 18:12

Toegegee Deon, maar "die voor die hand liggende rede" waarna ek verwys geld vir Suid-Afrika spesifiek.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 31/08/2017 - 07:49

Was laas week in ons local koerand gewees dat ons Goven Mbeki municipality  R700 Miljoen skuld aan Eskom en water raad nee die mense mors met ons geld hulle weet nie hoe om geld terug te ploeg vir instandhouding maar ja dis Africa in Suid Africa viva

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus