Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -33 minutes ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -44 minutes ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Kgalagadi Oktober 2026

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

My beplande Oktober-kuier in Kgalagadi begin al meer in plek val. Met die uitsondering van een aand waarmee ek nog nie geholpe kon raak nie, begin die toerplan al hoe meer vorm aanneem.

Ons skop af met 2 aande in Twee Rivieren gevolg met 4 aande in Nossob. Beskikbaarheid van akkommodasie in Nossob, 'n dag later as die datum waarop besprekings geopen het, is net so goed soos om wors te soek in 'n hondehok. Maar geduld en gereelde loer op Sanparke se webblad, het vrugte afgewerp.

Intussen kon ek, na nog 'n aand in Twee Rivieren, ook 2 agtereenvolgende aande se akkommodasie in 'n rivierfront chalet in Mata Mata bekom en drie aande in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek benodig nog 'n nag tussen Mata Mata en KTC maar ek is positief dat ek met die benodigde nag (15 Okt) in hetsy Mata Mata of KTC gaan regkom. Ek sal maar geduldig voortgaan met my soektog.

Ek sou wat wou gee om 'n nag of twee in hetsy Gharagab of Bitterpan te bekom. Ek het mos nou 'n 4x4.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/11/2026 - 12:20

...ek naby aan leeu noem!!! Julle was omtrent gelukkig tussen MaraMata en Tweerivieren.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 05/11/2026 - 14:11

Ons het 11 van hierdie pragtige slange gesien (sien onderstaande "link" van 'n kort video). Ek wens ek het meer van hulle afgeneem, want sommiges het nogal lank in die pad vertoef. Alhoewel die Kaapse kobra bekend is vir verskillende kleur-variante, het ek nog net die tradisionele "geelslang" (die mees algemene) en die sogenaamde "koperkapel" (donkerder skakering van geel) in Kgalagadi gesien. Hier by ons in die Boland is die bruin variant, sogenaamde "bruinkapel" nogal algemeen. In die Karoo het ek ook al die "spikkel-kapel" gesien.

https://youtu.be/otCerRd…

Ek vind dat die video clips verloor baie "helderheid" as jy dit op die rekenaar kyk. Op die selfoon, wat 'n kleiner beeld gee, is die kleur baie beter.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 06/11/2026 - 19:50

en vertellinge, dankie Chris. Op diė manier kuier ons heerlik saam. Ek moet net bysê dat die lat nou bietjie hoog gestel is en my selfoonfototjies gaan erg afsteek😁

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 07/11/2026 - 09:41

... in Mata Mata het die weer swaar opgesteek - hoofsaaklik in 'n noordwestelike rigting na Namibië se kant toe. Die video (waarvan die "link" hier volg, wys so ietsie daarvan.

https://youtu.be/7rJ0Gia…

Die reën het pas nadat ek die video geneem het ook oor Mata Mata begin uitsak. Maar danksy 'n Smokey Joe Weber kon ek onverhinderd onder die oorhang van die chalet se dak op ons stoep braai.

Kgalagadi

Verskoon die swak fotograaf se skaduwee.

Die volgende dag het die paaie baie plekke gehad waar die water versamel het - maar steeds rybaar.

K
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus