Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -1 minute ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -31 minutes ago
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -42 minutes ago
Water November 2026 Geert -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -3 hours ago

Geen ongediertes wat pla

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Hierdie op fb van 'n vriendin gesien, dit kan dalk help met die warm dae wat ons het ?  Die muskiete wat so pla.

"Ek spuit als met Fendona. Beddegoed, gordyne, meubels, matte, klere, was vloere tuis met dit. Spuit tot buite die karavaan. Geen ongediertes wat pla. Dit hou ongeveer 3 maande tensy dit afgewas word. Vlek nie, mens en dier vriendelik.

Goedkoopste by Builders Waterhouse en Checkers."

Geen fotobeskrywing beskikbaar nie.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 27/11/2020 - 10:14

Het iemand dit al probeer ?

FEATURE AND BENEFITS

• A Long lasting suspension concentrate contact and stomach insecticide for the control of flies, cockroaches (american and german), bed-bugs, fleas, fishmoths, mosquitoes, hide beetles and larvae, stableflies, ants and alphitobius Larvae and Beetles. 

HEALTH AND SAFETY

Avoid eye splashes, skin contact by and inhalation of spray mist. Wear protective clothing: overall, gloves and face mask. Wash contaminated clothing. Wash with soap and water after use or after accidental skin contact. Do not eat, drink or smoke while mixing or spraying or before washing hands and face. Prevent contamination of food, feed, eating utensils and drinking water. Remove pets and aquaria or cover aquaria. Do not spray over or allow drift to contaminate drinking water and water bodies such as dams, ponds, rivers, streams or fish hatcheries.  

SAFETY

Poisonous when swallowed and moderately toxic by skin contact. Not significantly hazardous to bees, various other beneficial pest parasites and predators and fish under field conditions provided the product is used as directed. Moderately toxic to wildlife. Store in a cool place away from food and feed. Keep out of reach of children, uninformed persons and animals. Do not apply directly onto animals. Do not apply to surfaces where food is handled.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 27/11/2020 - 11:30

... se aktiewe bestanddeel is alfasipermetrien, wat behoort tot die groep van sintetiese piretroïdes behoort. Alhoewel dit relatief veilig vir mense is, kan dit beslis vir sekere individue allergiese reaksies veroorsaak. My persoonlike opinie is dat om dit op o.a. beddegoec en klere te spuit, getuig van onverantwoordelike gebruik.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 27/11/2020 - 13:14

Oom Chris sal beter weet, maar sover ek dit verstaan is dit ‘n kontak gif. As ‘n muskiet dus op ‘n oppervlak sit wat gespuit is met Fendona kom dit in kontak met die gif en vrek. My benaming is waarskynlik heeltemal verkeerd, maar hier volg die punt:

Fendona werk beslis om muskietgetalle te verminder. Om effektief te wees moet dit gespuit word waar muskiete bedags rus. Dit is gewoonlik binne ‘n meter van die grond teen ‘n vertikale oppervlak in donker plekke. Bv teen mure agter kaste, plantegroei, gordyne, beddens ens. Ek spuit dit sommer reg rondom kamers teen die mure tot een meter van die grond af. Binne en buite. Afgesien van die moontlike gevare sou ek dit nie mors op klere nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus