Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -2 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago

Agulhas

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on

Nou hoe vertel neef van een van sy heel beste strandverblyfplekke wat hy ken. Die afgelope besoek het net weer bevestig, as jy hou van ons geskiedenis, privaatheid, en baie vryheid is Agulhas regtig spesiaal.  Veral as jou verblyf die gerestoreerde huisie reg so 10m van die springety merk is. Daar is 3 gemerkte staproetes, en dan kilometers ongerepte strande om te verken. 

AgulhasNaby die huisie is n pragtige Lagoon, net so 1, 2m diep. Die rede waarom die oorspronklike ouma haar strandhuisie daar laat bou het. Dink dit was vroeg 1900

Getypoel

Die huisie het 4 slaapkamers waarvan 3 en suite is. 

Huisie

En dan die nabyheid van die strand. Die foto is geneem met selfoon van binne die huisie.

Strand

En my beste in dieselfde deur gesien vanaf die warerkant.

Von

Nou ja, dit is nogal duur, sowat R6k per nag, maar as jy dink dat daar 8 persone kan oorbly, met wit linne, gladnie te rof nie.

pretoria

pieterc

Sun, 13/12/2020 - 19:42

Pragtig Neef. Daar kan n mens vrede vir jou siel kry!

Ek sien en ruik sommer die tuisgebakte brood met lekker botter en konfyt saam met n koppie boeretroos...........

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 13/12/2020 - 20:35

.... nou moet jy my oriënteer. Waar presies is die plekkie by Agulhas? Ek is nou totaal 'confuse' met die lagoon.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 13/12/2020 - 21:02

Bly julle geniet dit ook. Chris, dit is die Agulhas N Park. As jy gaan loer op hulle akkomodasie kaart, uitleg, sal jy die Lagoon house sien, so entjie weg van die Chalets. Mens kan nie anders as om te dink aan die geslagte wat daar gaan vakansie hou het nie. Die werf is dik van die Alikreukel en Perlemoen skulp reste, kan my net indink aan al die blinklywe wat daar uitgetrek en geniet is.  Soos Johann sê, dalk met koffie by n kersliggie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 13/12/2020 - 22:30

Neef ek is ook verdwaal, die huis wat afgehreek wss was nie te ver van die lig toring nie.  Maar ek sak moet gaan kyk op hulle kaart.  Is dit nie in Suider Strand se rigting nie ?

(Wag ek sal môre op hulle kasrt gaan kyk)

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 14/12/2020 - 09:18

Neef soos ek die fotos nou kyk wil ek se dis kos virrie siel mooi verbysmiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus