Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -1 minute ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -1 hour ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout se Onderrok November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Slakkie en haar Maatjies.Ons getroue kampgenote.

Bethal
Submitted by Skallie on
Forums

Wil julle graag van Slakkie en kie vertel. Deur baie jare het hulle ons al getrou na bykans die hele SA geneem en ons van slaapplek en veiligheid voorsien.

Slakkie is uit nood gebore nadat ons ons Sprite verkoop het en nie slaapplek in die Krugerwildtuin kon kry nie. Ek was in die boubedryf en materiaal was geredelik beskikbaar.

'n Vierkantpypraam op die Isuzu met 1/2 duim ogiesdraad oorgetrek, daarna 'n laag "think pink"en toe finaal 'n laag van die swart plastiek wat ons onder konkreetvloere  gebruik, het as waterdigting gedien.

Die kante van die bakkie is behou en het ek binne hulle gebou. 'n Deur agter het toegang verleen. Binne was net die nodigste.

Weg was ons vir 'n heerlike paar dae kamp in die wildtuin.

Dit was baie duidelik dat daar heelwat veranderinge nodig was maar onnodig om te se dat die bakkie somtyds meer aandag as skaars diere gekry het.

Hieronder 'n grafiese geskiedenis maar plek laat my nie toe om langdradig en volledig te wees nie.

Foto 1

Begin
Hier het alles toe begin

Foto 2

Nog maar tydelik
Dit was toe maar die begin en net vir die naweek

Foto 3

Toermode
So lyk sy nou in toermode en wanneer ons net oorslaap

Foto 4

Staan
En daar staan ons vir 9 maande met die diner se verlengstoep aan. Die ventertjie kruip agter die diner weg.

Foto 5

Verleng
Die stoep in aanbou.

Foto 6

Stoep
Vanaf die agterdeur.

By die onderkant van die linkerbed staan die baie belangrike PP. Regs en links as ons toer staan die vrieskas en die yskas.

Ek het voorsiening gemaak vir 220vac dmv 'n omsetter en twee 105Ah batterye. Dit word ook gekoppel aan die diner om  'n mikrogolf, stoof, ketel, TV rekenaar en drukker asook ligte en 'n waaier te dryf. Aan weerskante van die bakkie is klappe waardeur allerhande aksies uitgevoer kan word

Ons langste toer aaneen was van Kosibaai al langs die kus deur die weskus tot by Alexanderbaai. Met groot dankbaarheid kan ek nie eens 'n papwiel rapporteer nie.

Jaarliks probeer ons ten minste 6 maande aaneen te kamp maar reeds hierdie jaar moes ons vroeg terugkom en 2021 se bespreking is ook gekanselleer.. Verder het ek nou ongelukkig op die ouderdom van amper 81 jaar hartversaking ontwikkel. Gelukkig voel ek baie beter en as alles goed gaan en Covid speel saam hoop ons om een van die dae weer op pad te wees.

 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 06/01/2021 - 15:44

Middag Skallie

Ek haal my spreekwoordelike hoed vir jou af. Julle hande staan vir niks verkeerd nie. 

Ek het jare met 'n petrol Isuzu 260DC gery, nou is ek nuuskierig, watter ene het jy, en hoeveel kilo's het dit agter die rug?

Groete 

0
Bethal

Skallie

Wed, 06/01/2021 - 16:12

Wessels - Baie dankie man. Ja hierdie is die 2003 KB250 en sowaar ek het in al die jare nog net die skakelaar wat die diesel afsluit moes vervang.

Sy het nog net sowat 181k op die klok en konsumpsie, met die Venter vol gelaai, in die orde van 10km/l. Tydens al die jare het ek haar in die boubedryf gebruik en is nie nie ontsien vir enige taak nie.

Voorwaar 'n uitstekende bakkie en verruil haar vir niks anders nie.

Groete

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 06/01/2021 - 16:59

... ek het groot bewondering vir julle manne wat sulke projekte aanpak. Ek het nogal gedink (voor jou antwoord op Wessel se vraag) dat dit waarskynlik 'n 2.5 D Isuzu is. Slakkie is die regte naam vir hulle, maar o wee, daar is net geen einde aan daardie enjins nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 06/01/2021 - 17:49

Hello Skallie. Jou opset op Slakkie is regtig netjies uitgedink,  en die bewys daarvan is die toere wat alreeds gedoen is. Ek meen van Kosibaai tot by Alexanderbaai wil gedoen wees.

Mag die Covid gou verdwyn en julle nog baie kampe inkry.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 06/01/2021 - 17:55

Hallo Skallie, dankie dat jy jou kampwa met ons deel  -  voorwaar 'n baie interessante konsep.

Ek is ook bly hier is nog iemand op die forum wat ouer as ek is en ook 'n hart het wat nie meer deeglik wil pomp nie.  Sterkte vir jou met die herstelproses want jy moenie agterbly nie  -  ek kamp alweer in Meimaand !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 06/01/2021 - 19:54

Naand Skallie, dit is mos nou 'n netjiese praktiese opset, en, bowen al, op die beste werk esel op ons paaie. Isuzu is miskien nie 'n E-type Jag nie, maar is 'n kannie-dood.

Baie sterkte met jou gesondheid, mag julle sommer gou weer in die pad val, net jammer die (roetes wat jy aandurf) nie skerp op my paaie kruis nie, ek sal wat wil gee om julle te ontmoet, en natuurlik daai opset in lewende lywe wou sien.

0

Baie dankie. Ek het wel een groot probleem en dit is roes. Veral aan die bokant van die windskerm en onder by die deure se voorkant. Dan ook op die enjinkap waar die klippies van voor klein merkies laat wat dan groter roes.

Ek glo dis maar te wyte aan die feit dat ons jaarliks by die see staan vir lang periodes.

Groete en sterkte vir die nuwe jaar se kamp.

0

Ja  Len wat sal ons tog sê. Dit is maar die sinkplaat op die paadjie wat ons almal moet aandurf. Sommiges 'n langer pad en meer gelukkig as die ander wat groter potholes as ons kry.

My hart(!!!) staan sterk weer na die weskus en om onder by Saldana te begin. Ek het 'n ewige vrees vir die verkeer van ons stede en probeer dus altyd om so ver as moontlik van hulle af weg te bly.

Ek probeer maar om myself te motiveer en die (sê nou maar of  het ek maar liewers) gedagtes so ver as moontlik of heeltemaal te ignoreer en beplan laat dit bars!!!!!

Ek lees egter soveel negatiewe terugvoering oor die plekkies wat ek weer wil besoek. Het jy kommentaar maar hou in gedagte dat Slakkie maar 'n 2 x 2 is.

Waar in die kaap is Brackenfell? Of is ek weer dof maar ek kry hom nie op my kaart(wat amper so oud as ek is)

Groete

0

Dankie Johann. Weet jy ek en Slakkie pas mooi by mekaar. Nie baie spoed nie maar ons hou aan.

Baie dankie vir jou goeie wense. Ek het in'77/78 my opleiding In Sasolburg en Vaal Driehoek voltooi en is daarna oorgeplaas na Secunda.

Daardie jare was die rivier nog skoon en veilig en kon ons dus heerlik kamp en hengel. Kan nou nie die dam se naam onthou nie maar erens anderkant Sasol(suid-wes) is ook 'n dam. Weet jy iets daarvan en bietjie meer inligting?

Mens weet nooit waar ons paaie lei nie. Wie weet dalk kruis dit tog nog erens!!

Groete

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 07/01/2021 - 09:20

Ek is van Secunda die dam waarna jy verwys kan twee damme wees een is Unicor dam oppad Evander toe en ander een Trichardfontein dam wow ek haal my hoed af vir julle geniet hom en hou ons asb op hoogte van julle kampsmiley

0

Vergeet om jou netnou te vra. Ek het my spaarsleutel vir Slakkie verlê. Nou weet jy sommer hoe lank kan ek kamp vir die koste om 'n nuwe te laat sny.

Ek weet daar is 'n manier om die probleem op te los.( Ou bespreek dit egter nie op die oop media nie.) Is egter nie heeltemaal seker hoe nie. Dus soek ek 'n vriend wat hierdie probleem al kon oplos. Kan iemand help?

Groete

0

Ja my Vriend ek het self ongeveer 15 jaar in Secunda gebly maar kon nie al die veranderinge daar hanteer nie. Tot so 'n mate dat ek toe maar 'n lekker plot op Bethal gekoop het en was nog nooit 'n oomblik spyt nie. Later Sasol gelos en op my eie gegaan.

 Ja ek ken die twee damme maar 'n ou word daar ook al so vertrap en die hoëveldlug wat sommige manne so dors maak, verbeter ook niks nie.

Noudat ek nie meer so aktief kan werk nie het ek 'n bietjie meer tyd voor die rekenaar beskikbaar. Sal dus probeer om meer hier te wees.

Groete

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 07/01/2021 - 11:49

Ek was ook daar van 1981 net voor daai tyd se sneeu, dink September maand ?  By Sasol III, was deel van die inbedryfstelling.  Sentraal Beplanning.  Tot Maart 1987.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 07/01/2021 - 14:19

Skallie, suid wes van Sasol, is die Barage, nie so seer 'n dam nie, maar eerder 'n groot keur wal met'n brug wat vroeër as 'n nuwe pad sou dien. Dit, die pad, het glo geflop.

Daar was ook 'n baie oulike kampeer oord, (Elrina Spa) maar dit het ook tot niet gegaan.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 07/01/2021 - 15:12

Johann, nou wonder ek of dit Suid Wes van Sasol by Sasolburg is of dalk Sasol by Secunda ?

0
Bethal

Skallie

Fri, 08/01/2021 - 08:57

Dankie vir die terugvoering. Ek verwys na Sasolburg en die Koppiesdam Johann jy weet nie dalk hoe die sekuriteit onlangs daar uitsien nie?

 

Groetnis

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 08/01/2021 - 16:47

Middag Skallie, ek het geen idee ivm die sekuriteit by Koppies dam nie, sal bietjie rond vra en hier sê as ek iets hooryes

Kan jou wel se, die pad van Kragbron (Taaibos) tot by Koppies is vir 4x4 voertuie, weet glad nie hoe die pad van Heilbron / Heidelberg se kant af lyk nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus