Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Almal en Wessels November 2026 Goeie Hout -3 minutes ago
Watertenkwaens November 2026 Rona du Plessis -34 minutes ago
Goeie mòre Wessel ! November 2026 Len Loader -45 minutes ago
Water November 2026 Geert -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Dinokeng C&L November 2026 Johann L -3 hours ago

Storm en woede

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums
Soos ek hier sit in die middle van die storm verloor mense die laaste 5 werksdae om my en naby my hulle werk my werk is veilig waarvoor ek baie dankbaar is jong mense wat ek ken en ouens wat al 20 =35 jaar diens het vra my waarna toe hoekom ek waarom doen die firma dit hoe gaan ek hoe gaan ons oorleef ja dis moelik om mense moet in te praat huise , voertuie gaan verloor werk huiswerkers tuin diense ens ens word direk geraak agv retrenchments sjoe die wereld buite raak rof al wat kan se en se hou moet Abba sal sorg
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 10/03/2021 - 09:51

Afleggings en dus werkverliese is ongelukkig werklikhede waaraan Suid-Afrika (en die wêreld) in 2021 nie kan ontsnap nie.  Dis ongelukkig 'n realiteit en 'n poging om die instansie/onderneming finansieël te probeer red van totale ondergang sodat nog meer mense hul werk verloor.  Een werksverlies veroorsaak natuurlik 'n kettingreaksie van verliese soos jy hierbo noem.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 10/03/2021 - 14:21

Middag vriende

Hierdie draad gaan baie diep sny, en gaan uiteenlopende reaksies ontlok.

Ek weet ons simpatiseer as christene met persone in nood, wat dit ookal mag wees, maar wanneer is dit leë woorde. Wat ek nou gaan sê, kan[gaan] vertolk word as 'n "mosie van wantroue" of dan eerder ongeloof;

hoe sê mens vir iemand ---bly net glo, alles sal regkom.

Is dit genoegsaam? Tog het siekes gesond geword, nie omdat die sieke geglo het nie, maar omdat sy vriende wat hom deur die dak laat sak het, geglo het.

Laat ons die geloof behou

Groete 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 10/03/2021 - 18:14

Wessel, al stem ek 100% met jou stelling, wil ek tog gedeeltelik verskilwink

Ek weet nie, twyfel sterk of dinge gaan "reg kom"!

Dit is nou mos juis die tyd waarteen gewaarsku word. Hierby gaan ek volstaan, want as ek sou waag om uit te brui, gaan dit in 'n argument ontaard.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 10/03/2021 - 20:39

....twyfel sterk of dinge gaan "reg kom"!

Die geskiedenis in ons land en in die wêreld het feitlik nog altyd uit 'n moras opgestaan en tog weer "reggekom".  Dink maar aan die wêreld geskiedenis oor eeue heen en selfs ook die jarelange geskiedenis van ons eie Suid-Afrika. 

Dieselfde geld vir individue wat hul werk verloor het of bankrot verklaar is.  Die meerderheid het opgestaan en tog suksesse bereik.  Ek dink aan Jannie Mouton van PSG-faam.  Hy is ontslaan by sy werk en het toe die magtige, uiters suksesvolle PSG-Groep op die been gebring.

Net dit behoort twyfel oor die toekoms uit die weg te ruim.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 10/03/2021 - 21:03

Len baie waar ons is geneig om te maklik swartgalig te raak!

Johann as dit dan die einde van die wereld is (of aan die kom is) dan is alle probleme mos inderdaad reg, en het alles "reg gekom?"

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 10/03/2021 - 22:59

Geen mens weet wanneer dit vir hom of haar (of vir almal tegelyk) wag nie, maar dis eerder die begin as die einde. Ons bly mos in tydelike huise hier op die aarde. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 11/03/2021 - 01:30

Die mense kry swaar, en die wat hul werk verloor het gaan nog baie swaarder kry. My hart gaan uit vir elkeen wat nie weet waar sy volgende bord kos vandaan gaan kom nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 11/03/2021 - 07:07

En vir baie wat werk verloor sal dit ook die geleentheid wees waarvoor hulle al lewenslank voor wag, om hulle eie onafhanklike sukses te behaal.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 11/03/2021 - 13:15

Ek vertrou dat die wat vandag sonder werk sit hier in Sasol wel geholpe sal word dit bly maar n slegte ding

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus