Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -48 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Inenting en/of Ivermektien-dieremedikasie

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Terwyl hier nou 'n gebrek aan kampgesels is, kan ons maar netsowel oor koeitjies en kalfies gesels.

Wat sê julle van die die dieremedikasie Ivermektien wat die land so aangegryp het ?  Ek sien daar is selfs 'n doktertjie in Gauteng, Wicus Nienaber, wat reken die afname van Covid in die tweede golf is te danke aan so baie mense wat hierdie middel  reeds drink !  Wil jy nou meer ?  Gelukkig het die Voorsitter van die SA Mediese Vereniging dadelik bygevoeg dat dit 'n gewaagde bewering is omdat daar geen sodanige statistiek is om dit te bewys nie.

Dr Gerhard Verdoorn, 'n jare lange kenner van toksikologie (vergiftiging) en verbonde aan die Griffon-gifinligtingsentrum se standpunt is dat die donkiemiddel nie as voorkomend suksesvol teen Covid gebruik kan word nie en in die geval van iemand wat reeds ernstig siek is aan Covid, sal baie groot dosisse toegedien moet word om die virus te dood, MAAR dis onbekend hoe hierdie vergiftiging van die menslike liggaam beheer sal kan word. 

Wat sê jy ?

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 14/06/2021 - 07:20

Ek is nog nie gespuit nie.  Ek neem aan na aanleiding van die tipe werk wat ek doen dat ek seker by 'n punt gaan kom waar ek dit sal moet kry, anders sal ek nie kan reis en werk nie?

My broer moes dit kry vir sy werk oorsee anders sou hy ander werk moes soek? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 20/06/2021 - 08:34

Ons het vanoggend ons SMS'se ontvang dat ons eerskomende Woensdag in Tzaneen ons eerste inenting ontvang. Ek het toe geregistreer op Chris WH se aanbeveling, my vriend in Tzaneen se adres gebruik - en voila, ons word eersdaags getjap.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 20/06/2021 - 11:21

SMS'se ontvang dat ons eerskomende Woensdag in Tzaneen ons eerste inenting ontvang.

yes 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 20/06/2021 - 16:04

My opinie :

Dis al ou nuus op hierdie en ander forums "dat elke ou moet 'n ding doen volgens sy eie keuse" en natuurlik respekteer ek dit ook.  Ek kan egter nie help om te wonder hoekom iemand sal besluit om nie die inenting teen 'n wêreld-bedreigende virus-pandemie te neem nie.

Die hele wêreld se wetenskaplikes en medici beveel tog inenting aan met miskien 'n absolute minderheid van hier en daar 'n "kenner" wat anders dink sonder 'n alternatiewe oplossing.  Hoekom sal 'n leek soos ek dan van beter weet en die inenting afkeur ?

Met respek, ek wonder ook of dit nie dalk 'n selfsugtige houding is nie want so 'n persoon leef tog nie in isolasie nie en mag dalk die virus versprei na ander onskuldige partye wat nog moet wag op inenting.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 20/06/2021 - 17:15

Len, soos jy sê, elke ou moet self besluit, en elkeen moet so besluit respekteer.

(My persoonlike opinie - die entstof is nie eers getoets nie, hoe dan nou? Is hierdie nie deel van 'n "dress rehersal" van end tyd nie)(sonder om geloof in te bring asb tog moet my nie kruisig nie)

My vraag staan steeds: Die inenting, volgens die verskaffers self, vrywaar jou nie van die virus nie, nou waarom moet ek my laat inent? Sover ek weet is daar al mense dood binne dae na inenting, ek kan ongelukkig nie onthou wie nie, jammer.

Dieselfde met die griep inentings, ek ken baie mense wat jaar vir jaar laat inent, en jaar vir jaar word hulle erg siek na die inenting. Ek het nog nooit in my lewe griep entstof gehad nie, en het nog nooit griep gehad nie, baie mense verwar griep en verkoue -die twee hou geen verband nie. Griep is 'n redelike ernstige siekte toestand.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 20/06/2021 - 17:18

Ek kan ongelukkig ook nie hiermee saamstem nie, die ou wat nie wil inent nie, gee die ou wat wil mos 'n kans om vroeër in ge-ent te kan word? Beskikbaar stelling van 'n ekstra entstof inspuiting?

Met respek, ek wonder ook of dit nie dalk 'n selfsugtige houding is nie want so 'n persoon leef tog nie in isolasie nie en mag dalk die virus versprei na ander onskuldige partye wat nog moet wag op inenting.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 20/06/2021 - 18:54

Heeltemal reg Neef! Johann, jou artikel waarna jy verwys stel dit duidelik dat geen kausale skakel bewys is nie....sekerlik sou mens ook verwag dat, sou 'n groot groep mense inge-ent word binne 'n sekere tyd party sal doodgaan met of sonder 'n inenting....nog meer so as dit 'n redelike ou populasie is?

Diegene wat beweer die Covid-19 entstowwe is nie getoets nie sit die pot met myle mis. Nog nooit tevore is soveel hulpbronne toegewys aan beide die ontwikkeling en toets van die nuwe entstowwe nie. Gaan doen asb julle huiswerk. En die verwagting dat 'n entstof kwansuis 100% effektief moet werk is bloot onsinnig. Geen meds werk 100% nie....nou wonder mens as diegene wat hierdie argument gebruik bv kanker sou kry hulle ook dieselfde verwagting het met die middels wat die dokters voorskryf? Of wat van enige ander siekte? En dan moet mens ook seker aanvaar dat julle kinders en kleinkinders nooit inge-ent is teen polio, MMR, ensovoorts nie? En wat van julle self? Wat is dan anders met Covid-19 inentings? Virseker het elkeen die reg om enige inenting te weier maar dink asb mooi wat jou besluit aan die algemene bevolking doen...dis 'n feit dat daardie besluit van jou bydra tot die totstandkoming van meer variante van die virus en dus ook bydra tot die dood van ander mense? Reageer party mense negatief op die entstowwe? Ja natuurlik maar ook so vir meeste ander meds. Lees sommer enige medikasie in jou medisynekas se pamflet...let veral op na die sg. kontra-indikasies (dis newe effekte). Mens wonder, wat stel mense wat inentings weier dan as alternatief voor om die pandemie onder beheer te kry? Law of the jungle?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 20/06/2021 - 19:06

Dit wil vir my voorkom asof die vrees en onsekerheid wat gepaart gaan met Covid en versprei via sosiale media/media oor die algemeen 'n baie groter pandemie is?   Ek wonder of daar inspuitings teen dit is?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 20/06/2021 - 19:15

Ons kan in kringe redeneer en sal nie iemand oortuig hy / sy is reg of verkeerd nie. 

Slegs tyd sal leer, beste leermeester ooityes

Grootwind,  ek respekteer jou siening, so ook elke individu sin. 

Inenting is n " no brainer".

Herman, so sê elkeen van onsdevil

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 20/06/2021 - 19:21

Anton, hierdie draad is gelukkig 'n lekker lewende gesprek voering, ons deel ons opinies, baie sommer so tong in die kies om so bietjie "bene te rek" of dan nou vingers, die winter maak party mense se vingers lam. Ek volstaan egter by my siening teen inenting maar, geniet die redenasies van elkeen.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 20/06/2021 - 19:22

Absoluut reg Vories! Ek begin dink dat meeste anti-vax's eintlik maar net mense met 'n fobie oor naalde is. onthou toe ek innie weermag kampe gedoen het een ou altyd saam met my opgeroep was en by aanskoue van die naald vir ons tetanus inspuitings hy gewoonlik flou geword het :)

 

 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 20/06/2021 - 19:27

Ek het maar net gesê dat ek en Ralie Woensdag ons eerste inenting ontvang. Ek het nie gereken dat daar sóveel debat oor dié onderwerp sal wees nie. Ek het gedink dit is 'n aanvaarde norm vir diegene oor 60. Ek was kennelik verkeerdsurprise.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 20/06/2021 - 19:28

Grootwind ja jy spot nou met 'n siekte, ek sien 'n inspuiting soos volg:

Die suster trek 'n Black en Decker boor masjien uit die kas, maar dit groei tot 'n Eiffel toring vol vloeistof, en kom deur boor my liggaampie met daai toring.

Ek begin dink dat meeste anti-vax's eintlik maar net mense met 'n fobie oor naalde is. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 20/06/2021 - 19:29

Hurricane ek onthou nog van daardie army inspuitings.  Die een spesifiek het almal se boude lam gemaak vir 2 dae ( 'n goeie verskoning om nie PT te doen nie)

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 20/06/2021 - 19:35

Johann, ek sien jy spreek my direk aan op my algemene kommentaar waarin ek bloot gewonder het oor die rasionaal om nie ingeënt te word nie. Alhoewel die inenting teen Covid nie 100% gewaarborg kan word nie, vind inenting dwarsdeur die wêreld plaas en dit alleen dui daarop dat daar redelik sekerheid in die mediese wêreld is dat dit op hierdie stadium die mees verantwoordelike ding is om te doen  -  dit kan tog nie wees dat die hele wêreld se medici totaal verkeerd is nie, ongeag of Google so dink of nie.

Ek het in die algemeen gepraat en wou nie spesifiek wees nie, maar hier kom dit nou : ek is in die baie hoë risikogroep weens my ouderdom, hoë bloeddruk en diabetes asook my immunstelsel wat weens my onlangse siekte onder verdenking is.  Ek en my vrou wil baie graag ingeënt word, het die nodige registrasie gedoen en is geskeduleer om op 6 Julie 2021 ingeënt te word.  Ek moet geduldig wag en meer kan ek nie doen nie. As ek vinnig 'n draai by Spar moet gaan maak of 'n kamp-ablusie wil gebruik, is daar heelwat mense met wie ek noodgedwonge 'n spasie deel, dalk iemand wat verkies om nie ingeënt te word nie en Covid aan my kan oordra. 

Maar, dis nou hoe dit is, 'n mens kan nie alles wat oor jou pad kom beheer nie, ek moet dus ophou wonder hieroor en my eerder by kampsake bepaal. (Die Exclusive moet nog gewas word !)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus