Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -42 minutes ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Inenting en/of Ivermektien-dieremedikasie

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Terwyl hier nou 'n gebrek aan kampgesels is, kan ons maar netsowel oor koeitjies en kalfies gesels.

Wat sê julle van die die dieremedikasie Ivermektien wat die land so aangegryp het ?  Ek sien daar is selfs 'n doktertjie in Gauteng, Wicus Nienaber, wat reken die afname van Covid in die tweede golf is te danke aan so baie mense wat hierdie middel  reeds drink !  Wil jy nou meer ?  Gelukkig het die Voorsitter van die SA Mediese Vereniging dadelik bygevoeg dat dit 'n gewaagde bewering is omdat daar geen sodanige statistiek is om dit te bewys nie.

Dr Gerhard Verdoorn, 'n jare lange kenner van toksikologie (vergiftiging) en verbonde aan die Griffon-gifinligtingsentrum se standpunt is dat die donkiemiddel nie as voorkomend suksesvol teen Covid gebruik kan word nie en in die geval van iemand wat reeds ernstig siek is aan Covid, sal baie groot dosisse toegedien moet word om die virus te dood, MAAR dis onbekend hoe hierdie vergiftiging van die menslike liggaam beheer sal kan word. 

Wat sê jy ?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 20/06/2021 - 20:22

Len, dit was regtig nie persoonlike aan vat nie, net saam stem met jou opinie.

Ek sou in elk geval aanbeveel dat mense met onderligende siektes liewer die inenting vat, veral op hoër ouderdom. 

Len, soos jy sê, elke ou moet self besluit, en elkeen moet so besluit respekteer.

 Grootwind mens weet ek nooit,  ek het regtig uit gepas in 'n hospitaal toe hulle my wou spuit, strues njanies.laugh

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 21/06/2021 - 07:58

geskeduleer om op 6 Julie 2021 ingeënt te word.

Oom Len, hier is daagliks mense wat nie opdaag vir hulle afgespreekte inentings in Worcester nie. Ek het nou nie sy telefoon nommer nie, maar ek stel voor Oom kontak vir Dr Danie Theron by die Wes-Kaapse Dept van Gesondheid in Worcester om uit te vind of julle nie hier die inenting kan kry nie. Sover ek verstaan is daar ‘n afsny tyd daagliks en die orige entstowwe wat oorbly vir die dag vanwee no-shows word dan toegedien aan ander mense wat reeds geregistreer het. Moontlik werk dit daar by julle en elders ook so.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 21/06/2021 - 10:39

Dankie ChrisWH, ons het vanoggend reggekom met 'n vroeër afspraak by Sanlam Hoofkantoor in Bellville en is vinnig en in 'n doeltreffende prosedure ingeënt met Pfizer se eerste dosis.  Ons tweede inenting vind op 2/8 plaas.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 21/06/2021 - 11:43

Ai tog Wessel, ek sal met ons tweede dosis 'n minder geforseerde glimlag probeer gee.  Maar, die inspuiting was geensins seer nie en tot dusver het ek nog geen nagevolge nie.  Die enigste "nagevolg" is dat ek baie dankbaar is dat ek reeds die eerste dosis agter die rug het en nou moet ek net geduldig wag vir die tweede dosis.  Intussen poog ek werklik om nog steeds die voorgeskrewe protokolle na te kom.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 21/06/2021 - 12:24

Middag Len en ander vriende

Ek is in 'n saamryklub wat baie finansiele voordele inhou, maar dit stel mens bloot aan allerhande siektes, ook Covid.

Dit het nou reeds by 2 geleenthede gebeur dat van die mense in kontak was met ander kollegas, om dan later uit te vind dat die' positief getoets het.Gelukkig het ek nog nie dit aangesteek nie, maar mens besef skielik hoe maklik die Civid versprei. 

Soos 'n vriend altyd sê; wees bang, wees baie bang,die goet is reg om ons!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 21/06/2021 - 12:51

Soos die dokter van die Wes-Kaapse Dept van Gesondheid Donderdag in ons vergadering gesê het is dit nou weer die tyd, wat mens moet aanneem almal met wie jy te doen kry kan moontlik Covid hê en aansteeklik wees. Bly dus weg van mense sover as moontlik, en moenie vriende en familie anders behandel as vreemdelinge nie. Mens is geneig om hulle te vertrou en aan te neem hulle sal nie Covid hê nie. Ons het dit in ons eie huis aangesteek terwyl ons oral elders versigtig was en nie onnodig uitgegaan het nie.   

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 21/06/2021 - 16:42

.... Len se vervroegde inenting het ek en Ralie besluit om gou môre by die apteek (waar ons Woensdag ons inenting moet kry) te verneem of daar nie 'n moontlikheid is om dit reeds môre te kry nie - ons ry dan môre deur Tzaneen. Dit sal ons 'n 140 km trippie (70 km vanaf Eiland tot Tzaneen) spaar as ons nie spesiaal hoef te ry nie. Ek hou maar duime vas dat dit dalk wel moontlik sal wees.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 21/06/2021 - 16:55

Chris party privaat apteke het darem common sense, my vrou is so 2 dae voor haar afspraak hier in Centurion gedoen (Clicks). Geen probleme gehad daarmee nie. Ek is due vir my 2de ene op 1 Julie, my vrou eers op 5 Julie. probleem is ons vertrek reeds op 3 Julie uit Centurion na Scottburgh toe. So sy gaan op 1 Julie saam met my en ons hoop ons kry dit weer reg...indien nie moet sy erens naby Scottburgh probeer, iets waarvoor ons nie lus is nie. Hoop julle kom reg!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 21/06/2021 - 17:02

Grootwind, my suster kamp op Scottburgh , hulle het by die staatshospitaal gaan ent. Sy noem dat dit baie skoon en netjies is, en die mense baie behulpsaam.

Hulle is op staanplek 165 tot 15 Julie as jy dalk wil uitvra.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 24/06/2021 - 10:31

Neef is besig om n eiendom in Jan Kempdorp te koop. Die transaksie was letterlik n dag of twee van indiening af vir oordrag. Die verkoper, n omie van 67, is gister, net n week nadat hy met Covid diagnoseer is oorlede.  Nou is daar jare se moeilikheid want die transaksie word eers gestaak totdat boedel afgehandel is.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/06/2021 - 11:02

.... kom ek gebruik maar die beter woord - maar daai is 'n drek ene waarmee jy nou te doen het.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 24/06/2021 - 11:24

Middag neef Herman

Ek het nou van April 2019 tot Mei 2021 gesukkel om 'n boedel deur die Meester van die Hof te kry, asook afgehandel. Einde ten laaste maar 'n "bribe" betaal om proses te aktiveer.

As jy nie rerig as 'n absolute noodsaaklikheid die eiendom moet he nie, kanselleer die aanbod om te koop.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 24/06/2021 - 11:59

Dit hoef nie noodwendig 'n probleem te wees nie mits die eksekuteur behoorlik aangestel is en die erfgenaam/erfgename saamstem dat die eiendom maar verkoop kan word teen die ooreengekome prys.  In die meeste gevalle verkies die erfgename dit so want die eiendomsprys word dadelik in die boedel gestort vir verdeling.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 24/06/2021 - 12:30

Middag Len

…. teksboek korrek gedoen. Ons sit met 'n bestel wat geen begrip het van dienslewering nie. Boonop dra onbevoegdheid en Covid ook by tot swak dienslewering. 

My ervaring met boedel afhandeling was in die goeie DA-land, met Meesters kantore te Kaapstad. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus