Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -10 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -11 hours ago
Hael November 2026 Geert -11 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -16 hours ago

Die Smalle Tuinroete en Karoo Des ‘21

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn vir terugvoer oor ons vakansie van 14 - 28 Des by Dwarswegstrand, 28 -29 Des in Oudtshoorn en 29 Des - 2 Jan by Karoo NP.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 19/12/2021 - 21:18

is die braai vir haar verwelkoming ?

 En omdat dit ‘n perfekte dag daarvoor was. Môre word weer wolke en wind voorspel. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 20/12/2021 - 07:22

Môre Chris S

Ek lees tussen die rooster deur dat jou beterhelfte opgedaag het. Beteken dit dat jy die res van jou vakansie met 2 voertuie moet voltooi.?

Ek kan nie meer onthou nie, ruik 'n braai so in die seelug dan nie anders as 'n tuisbraai nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/12/2021 - 07:50

Wessel ja, Salomien is hier met haar Fiesta. Dit kon ongelukkig nie anders nie, en hier is nou ook ordes meer goed wat rondstaan. 
Die braai was heerlik, terwyl die dolfyne heen en weer baljaar het voor ons. Werklik ‘n voorreg. Dis nou jammer die ongewone weer maak dit nie elke dag gunstig om die mooi braaiplek te gebruik nie. Staanplek 30 het terloops definitief die beste uitsig van die braaiplek af. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/12/2021 - 12:38

Dit lyk beter as by ons, siende dat julle die see het en by ons pla die aape en bobjane vreeslik.  Anders bewolk en koud vir dié area dié tyd van die jaar maar kamk kamp ons.

Lyk my ons het ons kwota sonskyn gehad die afgelope twee dae. Vandag is bewolk en koel en die voorspelling tot die 28ste lyk maar dieselfde. Daar is nie ‘n siel op die strand afgesien van die lewensredders nie, en selfs hulle is in ‘n tent. Die kampterrein is ook maar stil, en baie sleepvoertuie is nie hier nie. Mense het seker iets gaan soek om in die weer te doen. Ek het iewers ‘n maag aandoening gekry, en moes 01:30 en 05:30 die ablusie gebruik (dis afgesien van die kere terwyl ek nie in die bed was nie). Ek gaan nou maar probeer om ‘n uiltjie te knip want ek is lekker flou en lyfseer.
 

Ek hoop dit gaan al beter daar in die Noord-Transvaal Willem!

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 21/12/2021 - 06:46

Môre Chris S

Ek sien nounet 'n nuusberig op Maroela dat die grotte gesluit is weens Covid. Ek hoop vir julle dat dit weer oop is teen die tyd wat julle soheentoe wil gaan. Bel maar en vind uit sodat jy iets anders kann beplan. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 21/12/2021 - 11:19

Wessel, ek was onder die indruk dat dit van die begin van Covid gesluit is. Daar binne is geen ventilasie nie, en ek dink n nies hang vir n paar uur op dieselde plek, so effe erger as by n begrafnis in die oop lug. Die werkers het hier in die begin golwe gemaak, en as ek reg het, is hulle met volle voordele op onbepaalde verlof. Kan nie juis beter nie. Verlede week verneem ek dat al die polisie stasies hier ook gesluit is tot volgende week, klink maar effe na vooruitbeplanning vir n vinnige blaaskans. Ek weet van niemand hier rond wat in maande met Covid besmet was, of in kwarentyn gegaan het nie. Die grotte is redelik naby my, seker so 20km op pad Oudtshoorn toe.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/12/2021 - 17:38

Vriende van ons was Oktober in Oudtshoorn en het die Kango grotte besoek. 
 

Hier was dit vanoggend mistig, maar nie koud nie. Die wind het ook nie werklik gewaai nie. Vanoggend het ek saam met die kinders in die see gespeel met hulle bodyboards wat ek gister vir hulle gekoop het.

B

Vanmiddag het die Stranddiens poppekas gehad vir hulle op die strand en daarna krieket en touch rugby met die kleintjies en jonges gespeel op die strand. Dit koel nou effens af, maar die wind waai net baie liggies so ons gaan nou-nou ‘n beeshaas braai by ons staanplek se braaiplek met die lieflike uitsig. Dit lyk tans so vanuit my stoel waarin ek ‘n skuimkop geniet. 
 

A

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 21/12/2021 - 20:23

Wat's dit? 'n "Oversize" konyn". Ek weier om my mond aan konyn (of noem dit dan 'haas') te sit. Net soos eend is konyn vir my 'n troeteldier. Ek eet nie troeteldiere nie. Dan kan ek mos maar beeshond ook braai - waarskynlik iets soos die grootte soos 'n Rottweiler of Great Dane.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/12/2021 - 20:49

Beeshaas is die Afrikaans vir beef fillet. Die PnP in Grootbrak verkoop dit vir R179/kg. Baie mense hou uie daarvan nie, want dis redelik smaakloos. Ek marineer dit in ‘n Joey’s marinade en braai dit vinnig laag bo warm kole. Dan is dit doeksag en smaak vorentoe. Veral terwyl die dolfyne voor mens baljaar en die see so raas dat jy nie die ander kampeerders kan hoor nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 21/12/2021 - 21:17

Chris WH - ek het my vorige inset baie tong in die kies gedoen. My rede - die Afrikaanse benaming van beesfillet is na my mening een van die simpelste Afrikaanse name/woorde. Ek sal graag wil weet hoe de hel het, wie ookal die benaming uitgedink het, daarby gekom het. Amper soos knormoer vir 'n "starter".

Nee-wat - ek eet fillet en "rump" en "sirloin" ens. Ek wonder hoekom word daar nie van vark-beeshaas gepraat nie? Of sou dit varkhaas heet?

Jammer vir die appelkar se omgooi op jou lekker gesprekslyn.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/12/2021 - 21:37

Ek het darem gedink dit kan nie ernstig wees nie. Afrikaans is mos maar ‘n baie beskrywende taal. Is haasvleis sag? Ek sal nie weet nie, want ek eet nie kleiner soogdiere as Karoo lammers nie. Indien wel, sou dit dalk verduidelik waar die vreemde benaming vandaan kom. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 22/12/2021 - 07:49

Ek moet sê,  "beeshaas" kan nie so lekker smaak soos "beef fillet" nie.  Ek sien my 32-jarige oue HAT sê jy kan ook praat van "beesfilet"  (een woord met een "l")  -  dit klink darem baie lekkerder.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 22/12/2021 - 10:01

Ek moet sê,  "beeshaas" kan nie so lekker smaak soos "beef fillet" nie

Ek beplan om vanaand "rump steak" (kruisskyf klink nogal aanvaarbaar) op die kole te gooi - saam met 'n potjie lekker krummelpap en "sheba" - oftewel tamatie-en-uiesmoor vir die taalkundig-korrektes.

Maar ek glo dat jou (Chris WH se) beeshaas gisteraand lekker was daar waar jy saam met jou hele gesin vanaf jou uitsig-braai oor die see gekyk het.

Hier by ons in Kleinmond is ons weer terug in die grou weer. Ek kan nie die berg agter my huis of die see voor my huis sien nie. En so 'n fyn motdoutjie sorg dat jy nie lus voel om jou kop by die deur uit te steek nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 22/12/2021 - 10:16

Hier is vandag bewolkte weer en ‘n donderstorm in die oggend en weer in die middag voorspel. Dis drukkend warm en die son skyn meestal so ons het vanoggend die silwer seil oor die wa en tent gespan. Nou gaan ons strand toe terwyl die weer dit toelaat. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 22/12/2021 - 10:53

ChrisS, fotos van die strand-uitstappie asb  -  sal lekker wees om die see-gevoel hier uit my studeerkamer te kry.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 22/12/2021 - 11:06

Stem, "beeshaas" is n treurige woord. Chris, die man was seker op sy 2de bottel wyn toe die liggie in sy kop aangaan met die vertaling van "beeshaas". T bone, Rump, Filet(soos Len spel), maar ons spreek hom "Fillit" uit. My gunsteling filet is n "carpetbagger" sny hom in n koevertjie, en stop dit met gerookte oesters.hmmmm

Hoop julle kamp lekker Wildehont.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 22/12/2021 - 22:01

Dit gaan aansienlik beter as ‘n week gelede wat die weer aan betref. Vanmiddag so van 13:00 het hier wel ‘n misreentjie uitgesak, maar toe was ons klaar drie ure op die strand en terug by die wa. Die kinders het weer lekker branders gery terwyl ek op bloublasie uitkyk was naby hulle. Daarna het ons krieket gespeel en frisbee gegooi. Hier onder is die span. 

A

Toe die weer draai is ons George toe vir ‘n baie langer uitstappie as wat ek voor lus was of voorsien het. Ek glo en hoop dit was die laaste keer tot ons daar deur ry Oudtshoorn toe. Terug hier het ons hamburgers van Joey’s gebraai terwyl die son sak (sien onder) en heerlik gesmul. Nou sit ek vir die see en luister en gaan my boek klaar lees en dan doeksag slaap. Môre word reën en koel weer voorspel. Hopelik is hulle weer verkeerd. 
 

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus