Algemene inligting
Resensies
Baie lekker oord.ATK …
Baie lekker oord.
ATK Drakensville is 'n tipiese, netjiese ATKV oord. Personeel is baie behulpsaam en vriendelik.
Met ons aankoms, op my versoek om 'n groot staanplek te kry, was ons nie genoë met die staanplek nie. Dit was te oop en het geen koelte boom gehad nie. Ek het my kombinasie daar gelos en kantoor toe gestap om 'n lys van beskikbare staanplekke te vra. Ons het toe op A2 besluit want dit was heeltemal onder bome met so bietjie van 'n uitsig.
Ons het goeie vriende met beide bure gemaak, en een kant se bure ons is steeds gereeld in kontak. Die hele kamp se mense het, net soos by Eiland Spa, gedurig net lekker kom staan en gesêls.
Ek het, soos wat ek altyd doen as ek 'n nuwe oord besoek, die lekker staanplekke gaan opteken vir toekomstige besoeke.

Die onderdak warm swembad is netjies en skoon. Hulle het egter met een of ander onskadelike "verkleuring" in die water gesukkel.
Hierdie oord is baie rustig, geen lawaai word toe gelaat nie.
Ons sal weer gaan.





Afgesien van die haelbui wat…
Afgesien van die haelbui wat ons daar getref het was dit 'n baie lekker kamp gewees. Van die beter ablusies het ek daar gevind. Altyd skoon en die storte was puik gewees.