Dag dag
Ek gaan die sondige ding doen. Weet nie hoe dit gaan uitwerk nie, maar ervaring is die beste leermeester.
Ek gaan vanaf die 14de April vir twee weke by Beja Hengel Paradys of Aloe Matlala kamp. Moet nog finaal besluit. By altwee mag mens jou hond saam vat. Ek hoop nie ek skep vir my probleme nie. Soos ek verstaan by altwee damme is die spasie wyd, baie wyd, tussen karavane. Dit kan dalk die eerste en laaste keer wees wat ek saam Kastrol my versklike lewendige Jack Russell kamp.
Groete
FRIKADEL: Ek persoonlik kan geen fout daarmee vind nie, veral as daar n groot area vir die honde kinders is.
SEGEKOK: As ek so kyk op TV na van die spog huise en ek sien nie eers n hondjie of n katjie daar nie wonder ek altyd of die mense wat daar bly regtig lewe... Ons het altyd ons worsies saam gevat as ons by die dam gaan kamp het, baie spasie en die ander mense se honde is ook daar.. en as die vis nie byt nie, is daar darm die honde wat kan.
HENNIEVR: Elke ou kamp soos hy wil, solank die honde nie teen my tent piepie nie is alles ok.




