Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus

Ween Hoekie

Description
Vertel ons van jou kampverwante klagtes of pyne

Frans Pretorius.

Vaalpark
Submitted by Johann L on Thu, 25/07/2024 - 13:02
Forums

Frans het laàt weet dat sy vrou, Linda, na 'n stryd met kanker oorlede is.

Weet hy is 'n geliefde hier op die forum, al was hy lank laas aktief.

Frans, weet dat ek en Bennanta dink aan jou in hierdie moeilike tyd, en weet dat die Heer jou krag sal gee om hierdeur te kom. 

Inflasie

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Thu, 14/03/2024 - 07:21
Forums

Môre maters. Gister ń groot "skok" gekry. Ons AGA stoof word elke winter vir so 4 maande aangesteek. Maak die huisie lekker warm. Ouma bak dan ook meer, en die ure lank geroosterde lamsboude en wildsvleis word uitgehaal.

Oom Jeep

Brackenfell
Submitted by HennieBo on Fri, 19/01/2024 - 08:11
Forums

Ek het die volgende plasing op ander forum gesien. Ek weet hier is lede wat van hom bewus was en dalk ontmoet het.

"Dag sê.

Dis met groot hartseer dat ek moet meedeel dat Oom Johan Viljoen, vroeër van Bloemfontein en later van Senekal, gister oorlede is 

Weet nie meer nie.

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Thu, 14/12/2023 - 09:32
Forums

Môre vrinne. So baie van die insette aangaande pad toestande, kapings, onveilige paaie waar mens dit nie kan waag nie, skelms wat handremme vasruk. swak bestuurde oorde, en dan die algemene veiligheid van oorde, het my nou laat besluit dat ek die hoofstuk binnekort gaan afsluit.

Brits woonwaens

Brits
Submitted by Wessel Strydom on Mon, 04/12/2023 - 11:45
Forums

Middag vriende

Ek het verneem dat oom Eddie Stander wat jare lank Brits woonwaens se besturende direkteur was, oorlede is.

Ek vermoed dat baie van ons, woonagtig in en om Brits welbekend was met hom. Ek het die voorreg gehad om vir etlike jare boonop sy buurman te wees.

Skokkend

Pretoria
Submitted by Slowstrike on Wed, 27/09/2023 - 08:05
Forums

So lees ek vanoggend `n Maroela media berig oor misdaad in die polisie of eerder van misdadige polisiemanne.

Byna 5500 in hegtenis geneem seder 2019-20. Darm was daar net 383 ernstige misdade waarvoor lede in hegtenis geneem is (Dis nu ook maar net die wat gevang is)

Johan Marais

Sandbaai
Submitted by maurits on Wed, 20/09/2023 - 15:59
Forums

Chris ek weet nie of jy bewus is van die afsterwe van Johan Marais van Onrus Rivier nie. Hy was blykbaar n kennis van jou. Hy het by die SAD gewerk op Wellington. Vriende wat vandag by ons gekuier het het genoem dat julle mekaar geken het