Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -2 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -4 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -11 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -14 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -14 hours ago

Lekker "Pastries"

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ek het 'n groot swak vir leker pastries, of koek, ek is altyd opsoek vir lekker geselige koffie kroee waar mens top[ klas gebak kan kry.

Kyk ek is mal oor koeksisters en daai tipe goed ook maar ek praat nou van daai regtig iets spesiaals!

Hier in Salt rock byvoorbeeld is so Griekse koffie kroeg "Saras" wat die heerlikste soet goed het, ek dood oor hulle Griekse Custard Puffs, nie sommer net so nie dit het verskilende soorte neute in en die kors is hemels, die tekstuur van die custard is ook absoluut tops net van loperig af, met so effense suurlemoen smakie in.

Nou so met soekery kom ek toe op iets af wat jy net op spesiale besteling kan kry! Sacher torte, Torte is koek. dit is basies 'n sjokolade koek wat van Wienna af kom en deur die hotel Sacher gemaak word. Dit word al van 1832 op presies die selfde resep gemaak en die resep is blykbaar hoogs geheim

Elke koek word met die hand gemaak en blykbaar is sjokolade "icing" oor die koek baie besonders. Daar word sowat 250,000 van die koeke per jaar gebak en hulle lewer dit wereld wyd af. elke koek kry 'n Sjokolade seel op wat bevestig dat dit wel 'n oorspronklike Sarcher gebak is. die koek word dan in 'n hout kissie verpak en die kissie se hoeke is met goue hoekstukkis versterk, dan word dit met kwaliteit papier toegedraai en verskeep.

Dit is basies 'n sjokolade koek wat dan met 'n dun lagie kwaliteit appelkoos konfyt gesmeer word en dan verseel word met die sjokolade icing. die koek word bedien met 'n groot skep onversoete room, en is blykbaar op sy beste met 'n koppie Sarcher koffie of tee.

Nou ja toe die Griek van Saras vir my die hele storie verduidelik het, en dit het gekom omrede ek omtrent al al sy spesiale gebak ge-eet het en toe vir hom vra om my te verras, was ek te bang om die prys te vra. maar vir hom gese hy hoef nie vir my een gte bestel nie!

Dalk eendag as ek groot is en 'n regte werk het sal ek kan proe aan so iets spesiaals!

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 25/09/2017 - 15:23

Hoe water my mond nou.   Koeke of terte met 'n tipe vla vulsel is my gunsteling.   As ek by Saras moet kom, sal ek definitief 'n Custard Puff bestel.    Dit sal interessant wees om te hoor wat die ingevoerde Torte kos.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 26/09/2017 - 07:01

Arie / Freda as julle in Secunda eendag kom draai gaan maak gerus n draai by kardoesie daai tantes mag maar bak en brou

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus