Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Merk van staanplekke???

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ek weet die topic is ook al geroer maar dit maak nie sin vir my. Ek was afgelope naweek in Phalaborwa en het saterdag draai gemaak, by twee oorde en vra weer toe hoekom merk van die oord nie hulle staanplekke nie hulle beleid is first come first service kom jy in n vol oord aan moet jy soms n staanplek vat wat beknop is en nie geskik is vir jou wa nie.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 02/10/2017 - 06:14

Die meeste oorde volg die beleid van "first come first served" gedurende buite seisoen.  Of hulle sal 'n nommer aan jou toeken en as jy arriveer, kan jy besluit of jy eerder iewers anders wil staan.  Ons hou eintlik van die reeling want die kampe is redelik leeg oor daardie tyd en dan kan ons 'n staanplek volgens ons eie behoeftes kies.   Oor Kersfeestyd  word 'n spesifieke staanplek meestal in jou naam bespreek, dan het jy gewoonlik nie 'n keuse nie.  As jy 'n park se uitleg ken, kan jy vra vir 'n sekere nommer.   As jy nie die park se uitleg ken nie en nie weet watter is die beste staanplekke nie, moet jy maar hoop vir die beste.

Ek kan nie onthou dat ons al by 'n oord was waar daar gladnie staanpleknommers is nie, alhoewel hul nie heeljaar gebruik word nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 02/10/2017 - 06:48

Ek dink altwee het voordele en nadele, maar ongelukkig kan die potproodjie nie aan altwee kante gebotter word nie.

Gemerkte staanplekke -   ek is verseker van my plot en ry soontoe en maak kamp -   ek mag dalk nie van die plot hou nie.

Ongemerkte staanplekke -  ek het vrye keuse en kan een kies waarvan ek hou, dit frustreer my partykeer as ek nie my "mind" kan opmaak oor watter plot om te kies nie (-:-  en as kamp vol is moet ek dalk in-squeeze waar ek glad nie wil wees nie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 02/10/2017 - 07:38

Ek hou daarvan om my ou nommertjie te kan kry voor ek by die huis ry, Dit is nou as ek met die wa of met die tent gaan. Ek voel net dit is meer regverdig teenoor die ou wat Vrydag nog moet werk tot laat. As dit eers begin laat worre en ek moet n plekkie soek, die honger knaag, en die ablusie roep is dit glad nie meer lekker nie. 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 02/10/2017 - 08:04

My opinie :-

Dit hang af waar ek vakansie gaan hou en hoe lank ek van plan is om daar te staan.

As ek in die Kruger Wildtuin kamp, verkies ek "first come first serve" want die meerderheid kampeerders kamp vir kort rukkies (meestal net met 'n rally) voordat hulle vroeg na die volgende kamp aanskuif.  Dit maak dit moontlik om 'n lekker staanplek uit te kies as jy vroeg arriveer.

As ek langer kamp en die vol tent opslaan, soos byvoorbeeld by Hartenbos, verkies ek om tydens bespreking my spesifieke staanpleknommer te reserveer.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 02/10/2017 - 09:07

Hoekom ek van staanplekke hou wat genommer is kan jy hulle plot plan bestudeer en dan beplan waar jy wil staan en jy weet dis dan jou staanplek ek verstaan die beginsel van first come first service

0
Lennox Head, NSW

Pierre

Tue, 03/10/2017 - 12:18

Ons was laasweek by Bergkwaggapark - 9 aande totaal oorgeslaap. Met ons aankoms merk ons dat die staanplekke geklassifiseer is vir tente, karavane en selfs groot karavane. Kampers staan egter waar hul wil en die grootste staanplekke het die kleinste tentjies op. By ontvangs word daar geen melding gemaak van die verskillende staanplekke nie. Die gevolg? Chaos en ongelukkigheid. 

Terselfdertyd is hulle besig met die plavei van staanplekke omdat die gras die droogte nie kon oorleef nie. Hulle het 15 staanplekke gedoen terwyl ons daar was - julle kan die stof nie glo nie! Die toegangspad is erg sinkplaat gery deur die groot transporters van die plaveistene en die droogte keer dat paaie geskraap word. Ons het nietemin lekker gekuier en baie wild gesien. Dink net bestuur kan beter beheer uitoefen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 03/10/2017 - 12:31

Ek verkies ook gemerkte staanplekke.  Hier was 'n oubaas wat 'n tent vir die dogter opgeslaan het op een plek teen die draad hy op die een langs hom en 'n braai en stoel op die volgende een gesit het.  Maandag is hulle vort en ek het klaar opgeslaan.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 07/09/2018 - 18:04

Ek voel sterk oor die gemerkte staanplek teen oor nie genommer staanplek daar is kampers wat niks voel vir die volgende ou nie dis veral n probleem met n klein staanplek daar is ook beter beheer as staan plek genommer is

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 07/09/2018 - 19:14

Shaun, ek stem met jou saam, en wil dit 'n stap verder vat.

Staanplekke moet genommer wees, en jy moet 'n spesifieke staanplek bespreek, veral by "normale" oorde waar daar oor naweke chaos heers, as elkeen maak wat hy wil.

Een so 'n voorbeeld  is Klipdraai in Meyerton. Jy moet ekstra betaal (darem net R50.00)  om jou wa die Donderdag al te gaan parkeer, waar en hoe jy voel. Teen Vrydag aand heers daar steeds choas soos mense bo op jou kom plak.

In die wildtuin dink ek ook anders as  Len, in my opinie, moet jy juis daar 'n spesifieke staanplek bespreek, (in spits tye) mits daar beheer uit geoefen word op die reel. So gaan jy nie nodig hê om haastig te wees om 'n staanplek, wat dalk reeds gevat is, te kry nie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Fri, 07/09/2018 - 19:58

Beslis genommer.  Het so n tydjie gelede in die willetuin n oom gekry wat lank daar staan. Het omtrent 3 plekke omhein dat niemand tog net naby hom moet kom staan nie. 

Kortweg... SELFSUGTIG

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 07/09/2018 - 20:32

Ek is as't ware gewoond aan ongemerkte, ongenommerde staanplekke in die wildtuin. En ek het nie juis 'n probleem daarmee nie. Maar daarom hou ek van Tsendze. Eerstens het jy 'n gemerkte staanplek en jy kan jou nommer vooraf bespreek by Mopani. Ek het dit al meermale in die wildtuin gevind dat kampeerders selfsugtig is t.o.v. staanplekke.

Die eerste jaar wat ek gaan kamp het in die wildtuin (1994), het Letaba by aankoms aan jou 'n nommer toegeken. Destyds het Letaba oor lekker gras-staanplekke beskik. 'n Sekere aantal staanplekke is afgesper en nie beskikbaar gestel nie ten einde dit te kan besproei. Alhoewel ek dit nooit self ervaar het nie, het Berg-&-Dal in die beginjare klaarblyklik op dieselfde wyse geopereer.

Ek kan onthou ons het 'n fantastiese grasbedekte staanplek in Letaba gehad. Voordat ek self begin kamp het in die wildtuin (toe ons nog gereeld in rondawels gebly het), was ons by geleentheid in Olifants en het een dag by vriende gaan inloer wat in Satara gekamp het. Dit was ook lekker gras-staanplekke. Ek weet egter nie of Satara op dieselfde rotasie-stelsel was nie.

0
Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum

Kampforum

Sat, 08/09/2018 - 08:10

Mike Harrington Dis onmoontlik om die kamp se okkupasie hoog te hou as jy mense spesifieke kamp nommers laat bespreek, on ongerieflik vir ander wat langer wil kamp, soos byvoorbeeld, ek wil graag n paar weke staan maar nou het iemand die spesifieke plek vir n naweek bespreek, nou moet ek skyf, dit is nie logies nie, en werk nie, gebruik byvoorbeeld ATKV se model , dit is n redelike gemors, en mense gaan liewers na oorde toe waar jy kies waar jy kan staan op eerste arriveer beginsel.

Kampforum FB Groep

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 08/09/2018 - 08:48

Terwyl ons nou weer op hierdie twee-jaar-gelede onderwerp is, Chris jy was mos onlangs by Tsendze, watter staanpleknommer sal jy aanbeveel ? Ek is in Mei 2019 daar.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 08/09/2018 - 08:53

Het eenkeer by Tshipise gaan kamp. Al die familie se kinders saam gevat asook die wyfie se ma.

Ons was oor die getal mense vir een staanplek en moes vir twee staanplekke betaal. Het die wa in sy volle glorie opgeslaan met altwee add a rooms, dividers ensovoorts om slaap plek vir almal te maak. Net een staanplek gebruik. Gebruik toe die staanplek langsaan as parkering vir my twee voertuie omdat ek vir twee betaal het.

Dit was n beslommernis die hele week. n Week van skewe kyke van ander kampers, mense wat vra ek moet die voertuie verwyder, bestuur was ook geroep, maar moes toegee ek het vir twee plekke betaal.

Nou dat ek terugdink, moes dalk maar ingee en ander plek vir voertuie soek en die staanplek vir ander beskikbaar stel. 

Maar ja, dit die ander nie lekker van first come, first serve staan plekke.

By Tshipise was die reel ook dan nie vir almal nie. Some were more equal then otners. Verskeie staanplekke was met wit en rooi polisie tape afgebaken vir sekere mense wat oppad was.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/09/2018 - 08:56

Ek stem saam dat ATKV (alhoewel ek net van Eiland Spa kan getuig) 'n besprekingsbeleid het wat my laat kriewelrig voel. Die feit dat jy vir 'n lankstaan-periode (wat oor die winter-skoolvakansie strek) 'n spesifieke staanplek kan bespreek, maar dit geld nie vir die skoolvakansie nie, is in my oë belaglik. Jy kan eers op 1 Sep vir die skoolvakansie-gedeelte bespreek. En as jy  nie die staanplek vir die vakansie kry nie, moet jy noodgewonge skuif of 'n ander staanplek neem.

Ek is aanvanklik vir verlede jaar (2017) 'n uitstekende staanplek toegeken vir 2½ maande, maar dit het nie die skoolvakansie ingesluit nie. Toe ek op 1 Sep uiteindelik deurkom op die telefoon, is ek meegedeel dat die staanplek reeds aan iemand anders toegeken is vir die vakansie. Ek moes noodgedwonge 'n ander staanplek aanvaar waar ons nie eens die teken van 'n skaduboompie gehad het nie.

Ek het skriftelik met ATKV geskakel oor hulle besprekingsbeleid, maar dit is verwys na die oordbestuurder wat daarop staan dat dit 'n regverdige stelsel is teenoor mense wat nog skoolvakansie-gebonde is.

Dit is vir my verstaanbaar dat hulle 'n baie groter inkomste vir die drie weke periode uit kampeerders verdien wat slegs vir die skoolvakansie daar is, want die lankstaners staan teen 'n spesiale tarief. Ek het aangebied om vir die skoolvakansietydperk dieselfde tarief as die gewone vakansiegangers te betaal indien ek reeds tydens my aanvanklike bespreking die versekering kan kry dat ek my staaplek tydens die vakansie kan behou. Maar selfs dit is nie moontlik nie.

Verlede jaar is Eiland se beleid toe ietswat gewysig sodat 'n lankstaner sy plek, met die skoolvakansie ingesluit, kan bespreek maar dit geld slegs vir die staanplek waarop hy die betrokke jaar staan. Ek wou nie weer my staanplek vir vanjaar gehad het nie en kon dus nie 'n ander staanplek bespreek wat die vakansie insluit nie. Vandaar die besluit om maar eerder vir die kinders in Roemenië te kom kuier.

Mike Harrington sê hierbo dat mense eerder ander oorde gaan besoek. Dit is seker waar, maar ten spyte daarvan bly die ATKV oorde gewild en vol. En ek gaan (DV) volgende jaar  terug vir 3 maande (wat die vakansietydperk insluit).

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/09/2018 - 09:02

Len - My lysie met Tsendze se beter staanplekke is ongelukkig by die huis. Maar ons het verlede jaar (op aanbeveling van andere) op No 26 gestaan en dit reeds vir volgende jaar weer bespreek. Dit is teen die draad (aan die agterkant van die kamp), baie naby aan die een ablusie en kombuis en genoegsame skadu. Die vorige jaar het ons op No 13 gestaan - lekker privaat.

Ek moet wanneer ek terug is by die huis weer vir Mopani skakel om te verneem of ek nog No 26 kan kry want my Tsendze datums het bietjie verander.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 08/09/2018 - 09:25

Gesie - Jy's heeltemal reg dat Mopani nie 'n kampeerterrein het nie, maar jy boek by Mopani in as jy in Tsendze bespreek is. Jy kan ook vooraf 'n spesifieke nommer vir Tsendze aanvra by Mopani se ontvangs (mits jy reeds jou besprekingsnommer kan kwoteer).

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus