Het sopas hier in Centurion…
Het sopas hier in Centurion ook begin reen
............ nog nie.......
.....nog nie hier by ons in die Kaap nie.................
Krugersdorp en oosrand het…
Krugersdorp en oosrand het haelstorm gehad. Grootte van tennisbal
Tuinroete reën
Sondagnag het ons 'n welkome 44mm sagte reën sonder wind in Heroldsbaai gehad. Baie dankbaar!
My prag en trots van n…
My prag en trots van n groente tuin is gone, plat geslaan.
Nou wonder ek maar net....
Mt sulke haal klippe, hoe so n R3000.00 - 3500.00 "top of the range" Campmaster tent sy doel gedoen...
Ek dink jou hele bloomin vakansie, wat n mens net een keer n jaar kry, is daarmee heen...
Ek dink, as mense sulke "entry-level" uitrusting koop, in hulle gedagtes, sien hulle mooi aande met sterre wat blink, en miskien n ligte reentjie nou en dan.....
Mense, ek het sulke haal beleef op Marriaan hill, op n motorfiets.... Gelukkig het ek net net daai bruggie behaal voor die groot klippe begin afkom, maar selfs die klein klippies het my blou en pers geklap DEUR my "leathers"
Dis ongelooflik.... Maar anyway,
Waar-oor ek nou wonder.
Vat nou my 5 x 5 army tent dak...
In so haal storm, sal dit beter wees om die span-toue te laat skiet dat die seil "gee" het om die haal klippe se energie te absobeer ? Of is dit tent verby?
Kom............. Laat kie kamp kenners praat...
Ek sou my toue styf hou,…
Ek sou my toue styf hou, dalk werk die syl dan soos n trampolien?
Ek glo die seil het genoeg elastiese tyd om die energie te absorbeer.
Ons was al deur so 5 haelstorms met tente, 3 met die karavaan se tent. Grootste probleem met die wase tent is dat die hael gly nie alles af nie, en vinnig het jy n hengske gewig op jou tent. Hardloop maar rond binne en stamp die dak sodathael afgly, moenie add a room vergeet nie, ek het en moes sy pale vervang, almal geknak onder die gewig.
Dit GOOI!!!!
Die reen kom in emmers af hier by ons. Die N2 Durban toe is gesluit, ek het fotos gesien van voertuie wat tot by hul vensters onder water staan op die N2
Daai watertjies het met n helske wind saam hier aangekom van Durbs af. Ons sit maar hier in die tent met ons voete op voetstoeltjies, kyk vir die " Tugella" wat deur ons tent vloei! Elkeen van ons met n lekker warm, lang glas Glu Wine in die hand, so ons is nog lekker vrolik!
Sterkte Arie
Het ook nou klomp fotos gesien hoe dit lyk op N2 net verby ou lughawe oppad Toti toe weer baie snaaks hoop Phalaborwa , hoedspruit , Mica en wiltuin noord kant kry ook reen regtig droog daar
Phalaborwa het darm reën…
Phalaborwa het darm reën gehad toe ons uitgekom het, ja hoop die Noorde van die KNPark kry ook reën, hulle kort dit baie.
Ons het maar nou ons…
Ons het maar nou ons swemvlerkies aangesit, net ingeval!?
As ek nou n lekker tjoep …
As ek nou n lekker tjoep (binne band) hier gehad het kon ons lekker "white water rafting" hier in ons tent gedoen het!
Water kom so sterk hierdeur dit maak eintlik golfies!
Hier in Ballito was dit ook…
Hier in Ballito was dit ook maar rof maar ek glo nie naasteby so kwaai soos by Durban en dan daar by Arie hulle nie.
Gelukkig waarsku die ou wat…
Gelukkig waarsku die ou wat my kom help het met die "dish" van die storm wat kom so toe gooi ek maar my splinternuwe storm net oor die tent en ek dink nogal dit help
Hier in Bloem is dit nou…
Hier in Bloem is dit nou heeltemaal oopgetrek, maar die wind waai nog. Ek dink die storms is nou verby....
Lieflike reën
Dit reën tog te lekker by ons vandag. Dit het vroeg vanoggend begin en val aanmekaar. Die lug is donkergrys aan die westekant, wat wys daar gaan nog kom. Geen tekens van ooptrek nie. Ons kan nie genoeg dankbaar wees nie. Ek hou duimvas dat ons opvangsgebiede ook kry.
En dit is koud! Behoorlik winter.






Ja daar is redelik groot…
Ja daar is redelik groot reen. Ons het Saterdag omtrent reen gekry al die pad van Pta tot in Bloem. Die eienaar hier by Riviera sê toe hy het sedert Vrydag 77mm gekry en gister nog so 20mm by.