Na aanleiding van die Kamp en Kersliggies Poll
Ons het al 'n hele paar keer gedurende kersfees gekamp, en glo my, die kersboom en liggies is baaaie belangrik. Dit is vir my baie mooi en oulik as die kampplek so opgelig word deur kampeerders se liggies wat oral skyn en flikker.
maar, ek wil ietsie bysê.
Ek kamp nie in 'n karavaan nie, maar in 'n canvas tent, en hulle is nie altyd oral heeltemaal ligdug nie. (Myne is ook 'n mooi helder blou!)
Die ander ding van die canvas is dat as lig op dit skyn, die hele kant of paneel "op-light" deur die lig difussie op die canvas oppervlak. Dit is OK as daar in die verte 'n sekurieteitslig skyn, of 'n badkamer lig, of buurrman se kamplig - MAAR - as daai lig flikker, dan flikker die hele canvas paneel, en lyk dit soos 'n nightclub binne in my tent.
Dit is nie altyd die geval nie, maar kanse is goed dat gedurende kerstyd, daar erens 'n mooi lang ry flikkerende ligte is wat iemand tussen 'n boom en sy karavaan vas gemaak het het vir die hele wêreld om te sien - en natuurlik vanuit die binnekant van my tent ook!
Daarom , as ons liggies en veral flikkerende liggies opsit, maak ek seker dat ek hulle almal afskakel as ons gaan slaap, want ek wil nie die buurman wees wie se flikkerende liggies ander mense pla i die middel van die nag nie! ![]()
Ek het altyd die boom…
Ek het altyd die boom opgesit, maar die laaste 2 jaar sukkel ek om die goed bymekasr te kry en nou doen ek dit nie meer nie.
Kampliggies
Ons self het nog nooit liggies by die kamp opgesit nie. Weet nie hoekom nie, want dit is vir my tog te mooi as mense liggies aanhet. Dit hoef nou nie so oordoen te wees soos op Voortrekker se foto's nie. Net gewone liggies, veral as dit flikker. As 'n hele paar karavane/tente dit doen, gee dit 'n wonderlike Kersgevoel aan die kamp.
Was laaste 20 jaar
Was laaste 20 jaar by werk desember maar ek glo dis iets om te aanskou kan net mooi wees
Dit hoef nou nie so oordoen…
Dit hoef nou nie so oordoen te wees soos op Voortrekker se foto's nie.
Hehe - ek het 'n paar ekstreme gevalle op Google gekry. Ek dink inelkgeval al 3 daardie foto's is nie van SA nie, maar Europa en VSA - ons Suid Afrikaners sit nie sommer so baie ligte op nie of hoe?
Used to
When I used to camp in a resort.... Umtentweni / Bendigo / Eden park in St Lucia and others, I'd put up a small tree <say 400 - 500mm high> with flickering lights and some tinsel / decorations.....
Always rather liked that.......
These days no.... I camp remote... Don't want to advertise where I'm at at night & besides no 220V....
At my retreat in Brits I usually do a bigger tree, sort of the "indoor tree" height... It is nice to have a tree...
Ek hou daarvan as kamp mooi…
Ek hou daarvan as kamp mooi op gemaak is
Kers liggies
Dis net ek em my vrou geen kind of kraai nie so ons sit maar en verlustig in wat die ander mense doen .Om die draai van my is daar n ou wat sy hele huis buite om versier met die liggies pragtig maar sjoe sal nie sy elektrise rekening wil he nie
kersliggies
ons of altans ek is mal oor kersliggies en die kinders is natuurlik mal oor liggies. al die kleure van die reenboog!
Ons het permanent "kers…
Ons het permanent "kers liggies" in die Penta, dit werk met solar, drie stringe wit en een gekleurde string.
Al kamp ons nie meer oor kerstyd nie, sit ek dit aktyd aan, om die toue vir kinders meer sigbaar te maak, asook die mooiheid daarvan.
Nou wonder................
Nou wonder ek skielik vanmôre : die ouens wat knaend kritiseer dat kamp is nie kamp nie as jy TV kyk of 'n ysmaker en mikrogolf gebruik, of hulle dalk kersliggies optooi daar waar hulle kamp ?
(Onthou nou om te fokus op die gewonder hierbo, dit gaan nie oor die definisie van kamp nie, ook nie of 'n TV tydens kamp reg of verkeerd is nie).
Ek kamp nie in Desember nie…
Ek kamp nie in Desember nie. Dus sit ek nie kersliggies by 'n kamp op nie. My vrou en kleindogter sit die klein kersboompie met liggies by die huis op.
Julle sal seker nie omgee as…
Julle sal seker nie omgee as ek n foto van my boompie hier plaas nie......
merry christmas!
Julle sal seker nie omgee as ek n foto van my boompie hier plaas nie......
MERRY CHRISTMAS ![]()
Weer tyd vir die gesin se…
Weer tyd vir die gesin se verjaarsdae.
Pa = Father Christmas.
Ma = Merry Christmas.
Seun = Happy Newyear





Liggies!