Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier gaan rekords gebreek word Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -49 minutes ago
Selfoon fotos Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Nuwe lid hier.

Elarduspark
Profile picture for user GerhardM
Submitted by GerhardM on
Forums

Goeie naand,

Ek en my vrou het albei groot geword met kamp en is mal daaroor. Ons kamp in 'n tent (8 man tunnel dome) maar het die week 'n woonwa (1970 Jurgens 500B) oorgeneem by my ouers.

 

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 15/01/2018 - 05:39

More val in en gesels lekke saam forum lede sal nog ontwaak en hi se daai ou Lady 500B is n puik wa oud maar getrou 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/01/2018 - 05:43

Hello Gerhard en baie welkom smiley​​​​​​

Dis lekker om nog 'n Pretorianer hier te hê!

1970?   Toe was ek nog' n apie met 'n stertjie laugh

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 15/01/2018 - 06:39

Dit is gaaf om jou in ons midde te hê.  Ons hoop om nog veel meer van jou te hoor.  Julle moet lekker kamp in die karavaan en laat weet hoe dit was.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Mon, 15/01/2018 - 09:47

Welkom  in hierdie speelpark....

Daai 500B... Een van die beste karavaane wat ooit gebou was.....

Nie soos hierde klomp stront wat hulle vandag aanmekaar plak en verkoop teen n helse klop pennies...

Aangesien julle om oor-erf het, het dit nog die tafel met die kaart ?

Ek's somme groen en pers van jelosie... Moet NOOIT ontslae raak van hom, Julle sal vir ewigheid spyt wees....

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Mon, 15/01/2018 - 11:05

Baie dankie vir die verwelkoming.

Die wa is baie stabiel vir 48 jaar oud. Die wa is 7 jaar ouer as ek Voortrekker.

Segekok ek onthou so iets van die wa met die tafel, sal weer kyk. Dink my ma het hom toe geplak met grys muur papier want sy het van hom gehou nie crying

Daar is nog bietjie werk wat ons gaan moet doen aan die wa. Bietjie houtvrot vervang, dalk die binne uitleg bietjie verander, anders net probeer ligter maak binne en die kussings vervang.

Die wa soos hy November gelyk het

Die wa is Des 2016 oorgespray maar die kleur moes lig grys gewees het. Ek gaan hom weer terug vat na die oorspronklike two tone kleur maar eers oor 2 jaar of so.

Ek sal soos ons werk doen post hier en raad vra soos ons nodig het. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/01/2018 - 19:24

Moet net nie van daai kaart tafel ontslae raak nie (as jy een in het). Ek het twee by iemand in Meyerton gekry en een vir 'n forum vriend gegee. Ek is al groot offers gemaak vir myne, maar my kleinseun Adriaantjie gaan dit kry.

Myne het ek die oorspronklike poot af gehaal en 'n skêr poot op gesit, die oorspronklike poot is weg gebere, want dit pas nie op die Penta se extrudon nie?

Jy moet ons op hoogte hou, met fotos as bewys, van jou vordering.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/01/2018 - 19:41

Ek sal soos ons werk doen post hier en raad vra soos ons nodig het. 

Ek hoop hy gaan reg wees vir 'n kamp by Mabalingwe 2 - 4 Maart? angel

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 16/01/2018 - 05:35

Sterkte met regmaak projek Gerhard as jy klaar is met daai ou lady sal sy reg wees vir nog jare se kamp

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 16/01/2018 - 06:53

Sal graag 2 - 4 Maart wil gaan kamp maar die beursie speel nie so lekker saam nie sad

Hoe seg die Ingelse?  You're in Luck?

WEN Mabalingwe Saamtrek Naweek!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus