Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -5 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Mbizi moord

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ek lees vandag dat Herman Van Tonder vir die moord, op sy vrou Elrina, drie jaar gelede, in hegtenis geneem is.  Na 'n nadoodse ondersoek het die DOV opdrag gegee dat hy vervolg moet word. 

Daar is ook 'n saak teen hom van ongeveer R7m versekerings bedrog.

Sy was die eienaar van Imbuzi Lodge buite Warmbad.

Ai, waar gaan die wêreld heen?

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 31/01/2018 - 17:20

Het nou net daarvan gehoor by my vrou, sy kom mos van Bela Bela af.

0
Centurion
Profile picture for user Lolla

Lolla

Wed, 31/01/2018 - 17:41

Eks in Warmbad gebore en het daar matriek geskryf. Huisvriende van ons het op die plaas wat nou bekend is as Mbizi gebly. Baie van my voetspoortjies is daar. Dis jammer dat so iets nou op die plaas moes gebeur... 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 01/02/2018 - 08:28

Ek wonder hoe op dees aarde neem dit drie jaar om die inhegtenisneming te doen  -  daar moes van iewers af nog getuienis of bewyse na vore gekom het.  Dit mag wees dat die versekeringsbedrog-klag wat bygevoeg is, iets na vore gebring het.  Dalk het die versekerings-inspekteurs 'n beter job as die polisie-ondersoekbeampte gedoen.

Gestel 'n beskuldigde is 'n gewone maar gesiene man in sy gemeenskap en hy word jare later vasgetrek en skuldig bevind, wonder ek hoe kry hy dit reg om met die moord-gedagte vir 'n paar jaar saam te leef en net eenvoudig met sy lewe aan te gaan ?

Alhoewel 'n mens jou nie verlekker in so 'n gebeurtenis nie, bly sulke sake, en hoe dit in 'n hof ontvou, baie interessant.  Ek hou natuurlik ingedagte dat niemand skuldig is aan 'n misdaad voordat 'n hof dit so bevind nie.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 01/02/2018 - 09:41

Gestel 'n beskuldigde is 'n gewone maar gesiene man in sy gemeenskap en hy word jare later vasgetrek en skuldig bevind, wonder ek hoe kry hy dit reg om met die moord-gedagte vir 'n paar jaar saam te leef en net eenvoudig met sy lewe aan te gaan ?

Len, the rational these people use to justify their actions is "it was justifiable". because it is justifiable, there is no moral consequence....

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 01/02/2018 - 10:36

Warren, but how on earth can one person decide ending the life of another person is justifiable ?  To murder is one thing but to live under a cloud of lies to cover your action up is unbelievable. Put the murder and lies aside,  how do you live for three years in fear for every knock on your door that might be the knock of a police officer ?

I do not think we have the answers, only someone in such a position will know.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 01/02/2018 - 12:19

Len there are circumstances that are justifiable. IE an intruder in my house... 

You are threatening my Grandkids you are threatening me and my granddaughter I WILL shoot to kill, no questions asked.

Problem is, each person's interpretation is vastly different.

Flop the above over, hypethitical example, using myself as an intruder.

I've had nothing to eat for days. My grandchildren have not had anything to eat for days My baby is hungry, screaming for food...

I see a loaf of bread on a kitchen counter, I slip in to take it, and am discovered, confronted and told to hand the bread back,  I kill the houseowner to feed my baby and grandchildren I see that as justification....

I'm not saying in the case at Mbizi the murderer was justified, all I'm saying is, justified action is what criminals use to moraly justify and live with themselves

 

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 01/02/2018 - 12:53

Warren noted, however, I was wondering about the Mbizi murder case where a husband  is accused of murdering his wife three years ago and living with that lie untouched !  Even in the absence of more detailed information, I cannot believe such an action is justifiable.

As you have pointed out, you are referring to matters of more general nature, self defense or stealing to survive that may or may not be justifiable.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 01/02/2018 - 20:31

Warren, I agree with Len, what you are referring to, is more likely self defence / protecting of family or property.

This was, according to the available information, murder (murder is when you PLAN toe kill someone / either months or minutes).

Let us wait and see what happens in court.

Geen mens het die reg om 'n ander mens se lewe te (beplan) neem nie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 05/12/2018 - 04:06

Weet enige iemand of die oord se eienaar nog n verdagte is ek sien wel oord is nog oop en gaan volstoom aan

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 05/12/2018 - 13:09

Shaun, as my geheue my nie in die steek laat nie, onthou ek dat ek gelees het dat die man skuldig bevind is aan die moord van sy vrou.  

0

kry bietjie jou feite reg voordat jy kak praat en iemand se lewe vernietig. hy is nog nooit skuldig bevind nie en hy besit nog mbizi. daar is nogsteeds nie bewyse vir enige saak teen hom nie en die saak bly elke keer uitgestel word. lees bietjie op oor n onderwerp voor jy kak praat.

0

lyk my jou geheue laat jou tog in die steek, hy is nie skuldig bevind nie, daar was nog nie eers n vrhoor nie en dis nou al 3 jaar later en 6 jaar na sy oorlede is kry bietjie julle feite agter mekaar voor julle iemand se lewe vernietig 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 07/02/2021 - 11:27

Middag Floris

Dit is nou jammer dat jy die verlede so plotseling weer ophaal. Die onaangenaamheid was al lankal vergete, maar nou het u dit weer aangeroer.

Ek moet erken dat ek nie al die feite het nie, ook nie daarin belangstel nie, maar graag sal wil glo dat geregtigheid sal oorwin.

Groete

 

  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 07/02/2021 - 17:37

Goeie middag Floris

Ek merk op dat jy 'n paar uur gelede by ons forum aangesluit het om jou misnoë uit te spreek oor blykbare foutiewe inligting wat in hierdie gesprek uitgespreek is.  Dit is natuurlik jou goeie reg om dit te doen en trouens, ek glo alle lesers op hierdie forum is dankbaar oor die uitwysing van die foutiewe inligting.  Ons is 'n groep vredeliewende mense wat baie belangstel in die kampeerlewe en daarom was die afsterwe van Elrina van Tonder van Mbizi 'n groot skok vir die mense wat voorheen met haar te make gehad het.

Ongelukkig is dit so dat die wye publiek se enigste algemene bron van inligting die openbare media is en in hierdie geval die artikel van 6 Augustus 2018 in Maroela Media.  Volgens hierdie berig is Elrina se se eggenoot, Herman inhegtenis geneem op aanklag van moord vier jaar na haar dood.  Volgens die artikel sê die staat die nadoodse ondersoek het daarop gewys dat sy verwurg is en die staat ondersoek ook versekeringsbedrog omdat 'n lewenspolis voor haar afsterwe aansienlik verhoog is.

Dankie dat die lesers van hierdie forum daarop gewys is dat Herman van Tonder se saak nog nie afgehandel is nie en dat hy dus op hierdie stadium nie skuldig of onskuldig bevind is nie.  Uit die aard van die saak glo ons ook dat iemand nie aan 'n misdryf skuldig bevind is alvorens 'n hof so bevind het nie.

Ns. Ek is 'n gewone lid wat op hierdie forum gesels en is nie 'n administrateur of lid van die bestuur van hierdie forum nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 08/02/2021 - 13:15

Soos bo genoem deur Len stem ek 100% saam met hom.

Iets wat ek nie kan verdra nie is iemand wat net kom aanteken en dan sulke taal gebruik om beskuldigings te kom rons gooi.  Hoekom gee jy nie vir ons meer inligting van jou rede vir deelname op ons Kampforum nie ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus