Drakensville ATKV

Algemene inligting

Resensies

Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 21/11/2018 - 05:20

Afgesien van die haelbui wat ons daar getref het was dit 'n baie lekker kamp gewees. Van die beter ablusies het ek daar gevind. Altyd skoon en die storte was puik gewees.

Drakensville

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
September 2016
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Plaveisel
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Slegs speelpark
0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 26/04/2022 - 21:08

Baie lekker oord.

ATK  Drakensville is 'n tipiese, netjiese ATKV oord. Personeel is baie behulpsaam en vriendelik.

Met ons aankoms, op my versoek om 'n groot staanplek te kry, was ons nie genoë met die staanplek  nie. Dit was te oop en het geen koelte boom gehad nie. Ek het my kombinasie daar gelos en kantoor toe gestap om 'n lys van beskikbare staanplekke te vra. Ons het toe op A2 besluit want dit was heeltemal onder bome met so bietjie van 'n uitsig.

Ons het goeie vriende met beide bure gemaak, en een kant se bure ons is steeds gereeld in kontak. Die hele kamp se mense het, net soos by Eiland Spa, gedurig net lekker kom staan en gesêls.

Ek het, soos wat ek altyd doen as ek 'n nuwe oord besoek, die lekker staanplekke gaan opteken vir toekomstige besoeke.

Drakensville
Ons staan in die ry, drie karavane het saam op gedaag. Dieselfde tyd van die hoofpad af gedraai.
Drakensville
Dit was beslis Drakensville 😉
Drakensville
Diep vrieskaste is beskikbaar vir gebruik, met vooraf reeling natuurlik, in die opwas area vanndie ablusies.

Drakensville

Die onderdak warm swembad is netjies en skoon. Hulle het egter met een of ander onskadelike "verkleuring" in die water gesukkel.

Drakensville
Een van my voorkeur staanplekke vir 'n volgende besoek is beslis D10, dit kry lekker koelte en het 'n pragtige uitsig op die Drakensberg.

Hierdie oord is baie rustig, geen lawaai word toe gelaat nie.

Ons sal weer gaan.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
13 tot 18 February 2
Koste
R152.00 per nag (pensioen lid)
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en plaveisel opsies
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel en restaurant
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus