So 'n Maand en 'n half gelede en met die Pajero wat onklaar is besluit ek om 'n sleepstank aan die Getz te laat sit.
STEELITE kwoteer my die goedkoopste. R 2400.
Ek ry toe na hul tak in Booysens en laat een aansit.
Op die stadium toe die sweiser die gateplaat aan die stang wil vassweis waarsku ek hom dat ek die tewee boonste gate wil gebruik en dat hy genoeg spasie moet los vir die boute om vryelik te pas.
My asem gemors, want toe die ander twee manne die boute wil deurdruk om vas te skroef kon die boute nie deurgaan nie. Hulle moes eers die gate groter "reem".
Toe die joppie uiteindelik na 5 ure klaar is en ek daar wegry is daar een moerse gedreun van agter af.
Stel ondersoek in by die huis en sien dat die agterste exhaust bracket solid teen die sleepstank druk en die vibrasie veroorsaak.
Ek het tydelik 'n plan gemaak en sal die bracket laat verskuif sodra ek by JR Exhausts hier in Newlands kan uitkom.
Ek plaas netnou 'n paar fotos.


SEGEKOOK: As ek dit reg onthou is hulle ook die mense wat vir n mede lid n trekstang aan sy BMW x5 gesit het en toe erg gebuig het en ook die BMW se onderstel beskadig het. Daar was n lang gesprek rondom dit op die ou wegsleep forum ook.
HARRY DU RANDT:
segekok het geskryf:
As ek dit reg onthou is hulle ook die mense wat vir n mede lid n trekstang aan sy BMW x5 gesit het en toe erg gebuig het en ook die BMW se onderstel beskadig het. Daar was n lang gesprek rondom dit op die ou wegsleep forum ook.
Kan ook die verhaal onthou.
My swaer het ook een daar laat maak vir sy Pajero, hy was weer happy
WILSUR: Gelukkig ken ek die "design engineer" by Bosal.




