Ek sleep vir die afgelope jaar die eerste keer 'n sleepwa met inloopremme. Wanneer ons sleep voel alles reg en as ek die kar se rem trap voel ek hoe rem die sleepwa agter na so 'n sekond. So dit lyk of alles reg is daar.
My vraag is egter hoe sterk die rem moet wees as die wa los staan. Ons het al op 'n paar plekke gekamp en aan- en afgehaak waar daar effens van 'n helling is. Dan wil die rem nie alleen die wa voldoende terughou tot nadat dit aangehaak is nie.
Moet die inlooprem werk soos 'n kar se handrem en verhoed dat die voertuig op 'n helling self loop of nie?
WILSUR: Ja André
Dit moet hom keer om vorentoe te loop.
Agtertoe is 'n ander storie en moet eers beweeg voor die rem opgetrek word want dit is sodat jy kan terug stoot met hom.
BATMAN: Ok dankie Willem. Dit maak sin. Hy loop agtertoe maar nie vorentoe nie




