Vir die wat vir Henk ken, dit is die ouerige kort wildebewaarder hier, hy neem gewoonlik die mense uit na die leeus en ander wildstrippies.
Hy is gister deur 'n Renoster koei bygekom, sy been is deurboor met haar horing, maar verder lyk dit nie te sleg op die oomblik nie.
Hulle het gister berig gekry van 'n verdagte voertuig by die renosters, nooit die voertuig gekry nie, maar kon darem so 15 renosters spot.
Henk het later oor die radio laat weet daar is nog twee koeie op 'n ander plek, blykbaar te naby aan hulle gekom en die een koei het hom gestorm, hy kon nie vinig genoeg hardloop om in sy trok te kom en sy het hom geskraap.
Ja en so is mens nooit seker wat die dag vir jou inhou nie, dinge gebeur en verander vinnig, shame die ou was gister oggend nog so opgewonde oor sy Uno'tjie wat hier in die oord se werkswinkel heeltemaal opgedoen word, my vertel die ding is nou amper klaar en hy het so uitgesien om weer wiele te he. Hy was nou vir 4 maande sonder wiele, nou gaan dit nog lank neem voor hy sy wiele kan gebruik.
Bostaande was geskryf net toe die forum opgepak het, te lui om weer oor te tik!
Net so bietjie vars nuus, Henk is weer hier by die huis, gister gou by hom gaan kuier, dit gaan goed, operasies was 'n sukses, maar hy sal later weer een moet kry.
Blykbaar het die horing nie sy been deurboor nie maar net 'n groot hap vleis uitgehaal?
Die outjie wat saam met hom was kon die koeie afkeer/wegjaag met die Land Rover en toe hy tussen die koei en Henk was gou vir Henk optel en na die kantoor toe jaag. Daar het hulle hom vinnig verbind om vleis bymekaar te hou en bloed effens te stop, toe hospitaal toe.
Bly die man is oraait, baie nice omie.
Ja..........
Ja, en dit alles om ons renosterbevolking van stroping te beskerm !
Arie, sê vir Henk ons sê…
Arie, sê vir Henk ons sê baie sterkte en beterskap.
Eina! Sterkte en spoedige…
Eina! Sterkte en spoedige herstel Henk.
Henk
Dink net hoe groot moes hy geskrik het en sekerlik gevrees vir sy lewe. Sterkte vir hom Arie. Ek hoop die been herstel heeltemal.
Ek het gister na videos gekyk op YouTube van mense wat in KNP sommer maklik uit hul motors klim. Hulle dink nie die diere sal hul regtig bestorm nie. Ek het al baie gewonder oor die oop voertuie waarmee mense op wildsritte gaan. Dit is blykbaar veilig, maar ek sal te bang wees. Ek wou nog nooit daarmee gaan nie, netnou spring 'n leeu in daai trok in. Of 'n luiperd wat hier bokant jou kop in 'n boom sit en dalk honger is. By Addo het 'n olifant een keer half dreigend na ons voertuig toe beweeg en van daai dag af sorg ons dat ons ver weg van hulle bly.
Baie jammer om te hoor. …
Baie jammer om te hoor. Het saam met hulle die leeu voer sessie by gewoon.
Arie sê asb vir Henk sterkte…
Arie sê asb vir Henk sterkte, ai dit kon maklik baie erger gewees het.





Wys jou net
Die natuur kan in n oog wink sy rug op jou draai bly darem die persoon niks erger oor gekom nie