Ek en vroulief het op kort ingewing plek by Omaramba oord-Buffelspoort plek bespreek , Vrydag-aand daar aangekom met ons Isuzu en Bushbaby trailer- eerste keer wat ons op ons eie met trailer gaan kamp. Wonderlike bure het hand by gesit met die opslaan. Baie lekker gekuier, ons dogter kon nie uit die swembad met glybane bly nie( wat lekker is dat alles ingesluit is in die prys). Behalwe vir die gewone paar raasg-tte met musiek tot laat, sal ons die plek definitief aanbeveel. Lekker groot staanplekke, baie skoon ablusie bloke, goeie vermaak by swembad en kroeg met nie belaglike pryse. net n nota vir die glybane moet jy n tube koop by die winkel- hulle hou nie lank nie- koop een eerder by die huis. Lekker gekuier, sal weer gaan. Groete Marinusb
Marinusb
Dankie vir terug voer ja so verskil ons maar van kamp wat lekke is en nie moes altyd oorde toe gaan waar vermaak was vir my drie dogters maar moet byse as daar toesig is oor reels van oord dan sal musiek aanvaar baar wees daar waar musiek toegelaat word tot laat aande vermy ek soos pes ek hou meer van die stil oorde hoop jy kamp n hond uit n bos met jou nuwe trailer





paar raasg-tte met musiek…
Marinusb ek dink dit is juis hierdie wat baie mense van die plek afsit.
Baie bly as jy dit geniet het. Dankie ook vir die raad oor die tube...