Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -5 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -5 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -6 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -7 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -9 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago

Laat die Potte Prut

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

EK wil graag hoor of enige van julle sou wou deelnaam aan Laat die potte prut?

INLIGTING:

Die lokaal is by Eaglevlei (buite Stellenbosch / Paarl)

Ons het die 9de Oktober, 13 Nov, 14 Nov & 15 Nov oop.

Dit is nogal BAIE, maar sodra julle inskrywingsvorm in is bevestig ons julle.

Daar is pryse ter waarde van R14 000 op die spel en ons betaal ‘n R1000 terug vir julle inkopies.

Onthou, ons skiet deur die week so relings moet getref word as julle moet afkry by die werk (vanaf 9:00 tot 21:00).

Belangrik dat ons die inskrywing spoedig moontlik kry om teleurstelling te voorkom. 

Die  Span moet bestaan uit twee minimum en vier maksimum mense.

9:00 die oggend van die “shoot” kom die kameraspan eers by een van die spanlede se huis bymekaar waar hulle met julle gesels en sien hoe julle inpak vir julle dag voor die potte.

Daarna vertrek die span na die lokaal om daar te wees voor 12:00, want 12:00 begin die Potte Prut!

Daar sal ‘n ‘Go-Pro’ kamera in jou voertuig kom waar julle afgeneem word terwyl julle ‘n paar goedjies bespreek van die dag wat voorlê. Hou asb. by die spoedbeperking en onthou julle veiligheidgordels.

 BENODIG SPOEDIG TERUG:

  • Inskrywing met al die gevraagde info.
  • Julle Spyskaart met resep aangeheg
  • Julle fotos (ELKE FOTO VERTEL ‘N STORIE, VERTEL DIE FOTO SE STORIE ASB – d.w.s volle beskrywing van foto en name by gesigte en verwantskap)

Ons hoor graag van kampforum lede!

Laat die Potte Prut

Kan jy lekker pot maak? Woon jy in die Kaap omgewing en is jy beskikbaar op 9 Oktober, 13, 14 of 15 November? DIS VERNIET en ons betaal R1000 terug vir julle inkopies! Skryf dan in vir #LaatDiePottePrut! Stuur 'n e-pos met jou kontaknommer en area waar jy woon na via@mediaclubproductions… vir meer inligting.

laat die potte prut

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 29/09/2018 - 06:28

Die probleem is dat daar baie min aktiewe lede naby Stellenbosch woon.  Die deelnemers is almal in en om die Kaap woonagtig.   Ek kyk die program gereeld en geniet dit baie.  In my jonger dae sou ek nogal, saam met  'n goeie span, so iets kon doen.  Maar nou sien ek nie meer kans nie.smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus