Pearson Park

Forum Onderwerpe

Algemene Inligting

Resensies

Centurion

Voortrekker

Tue, 13/11/2018 - 20:35

Ons het een keer hier oorgestaan vannaf ScottBurgh oppad Knysna toe.   Het laat die aand daar aangekom.   Ek het te veel betaal vir die staanplek na my mening, maar vir 'n oornag en plek soek in die donker het ons nie van ander opsies geweet nie.   Dit was einde 2014 gewees en ek weet nie of dinge verander het daar nie, maar dit was toe defnitief nie die tipe plek waar ek weer sal gaan kamp opslaan nie.

Kampplek is in 'n mate verwaarloos en ek het ook nie regtig baie veilig daar gevoel nie.

pearson park

Beveel jy hierdie plek aan?
Nee
My Gradering
3 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Ja
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en grond opsies
0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 14/11/2018 - 06:12

Ons woon in PE, het nog nooit hier gekamp nie maar het al gaan kyk.   Die oord het sy "regulars" wat daar gaan kamp, meestal mense wat wil visvang in die Gamtoos rivier, wat teenaan die oord lê.   Dit het 'n reputasie dat dit bietjie rof kan raak daar.   Ek het nie eerstehandse kennis van die toestand van die ablusies nie, so ek wil my nie regtig daaroor uitlaat nie, maar ek twyfel of dit op standaard is.   Ek stem saam dat mens nie veilig gaan voel daar nie.  Die verkeer op die N2, wat verby die oord loop, sal duidelik hoorbaar wees.   As jy van die noorde af kom en wil oornag in PE, ry eerder verby.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus